Background Image
Previous Page  108 / 124 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 108 / 124 Next Page
Page Background

Koring- en mielietariefberekenings-

metodiek deur ITAC hersien

D

ie invoertariewe was vir meer as twee jaar ‘n besprekings-

punt op die meeste agendas en is tydens verskeie

geleenthede in die media bespreek. Na ‘n baie lang tyd

van onsekerheid en oneffektiwiteit in markte – veral die

koringmark – het die regering die nuwe metodiek aangekondig.

In 2016 is daar vanaf verskeie oorde in die waardeketting versoek

dat die invoertarief op koring verwyder moet word ná verhogings

van tot en met R1 591/ton in die tarief. Graan SA het in ‘n groot aan-

tal gesprekke daaroor betrokke geraak en het selfs so ver gegaan

as om die owerhede hof toe te vat na die gesloer met die publisering

van die tarief.

As ons ‘n stap terug neem om die proses te bekyk, is die ta-

riefgesprekke in twee gedeel: Die eerste gedeelte is die afkondiging

van die tarief ná dit deur prysbeweging geaktiveer is en die tweede

gedeelte is die hersiening van die metodiek rakende die berekening

van die tarief.

Daar is op verskeie geleenthede ná aktivering lank gesloer om die

tarief af te kondig. Graan SA het in 2016 die tarief deur middel van

‘n regsproses laat afkondig.

In 2017 was dit weer die geval. Graan SA was reeds in konsultasie

met die regsadviseurs toe die owerhede die nuwe metodiek en ta-

rief afkondig.

Die tweede gedeelte van die proses behels die owerhede se

bekommernis oor die manier waarop die tarief bereken is. Hulle het

derhalwe ‘n ondersoek geloods. Die ondersoek het meer as ‘n jaar

geduur en dit het verskeie onsekerhede in die mark geskep – soveel

so dat spekulante uit die koringmark onttrek het en produsente

dit moeilik gevind het om hul produkte te verskans.

Die volgende was voorstelle – veral rakende die koringtarief – uit

verkillende oorde:

Dat die tarief in totaliteit geskrap moet word;

‘n

ad valorem

-metodiek gebruik moet word (6%-beskerming op

prys);

die wisselkoers glad nie aan die tarief gekoppel moet word nie;

en

‘n drie jaar gemiddeld gebruik moet word vir die bepaling van die

verwysingsprys en die wisselkoers.

Graan SA is steeds van mening dat die formule ‘n unieke formule

is, wat ontwerp is om die produsent te beskerm wanneer

internasionale pryse laag is, maar ook om die verbruiker nie te

benadeel as die internasionale pryse styg nie. Graan SA het derhalwe

die behoud van die formule sterk gemotiveer.

Verskil

Die vraag wat almal tans vra, is wat die verskil tussen die nuwe en

die ou formule is?

Voor die verduideliking kan plaasvind, moet ‘n mens ook na die

tydsraamwerk gaan kyk. ITAC het hul berekeninge aan die einde

van 2016 gemaak en hul voorstelle aan die minister in Desember

2016 ingedien.

Die voorgestelde tarief is eers in Junie 2017 in die Staatskoerant

gepubliseer. Intussen het die internasionale pryse opwaarts beweeg,

wat ‘n effek op die tariefberekening gehad het. Dit het baie verwar-

ring in die koringbedryf veroorsaak, omdat die berekende tarief

vir Junie heelwat laer was as die voorgestelde/gepubliseerde tarief.

Wat is aanbeveel en wat is die impak?

ITAC het in kort die volgende aanbeveel:

Dat die tarief steeds in plek moet wees (wat positief is, gegewe

die feit dat die versoek was om dit te verwyder);

die formule steeds gebruik word (wat positief is, gegewe die

feit dat die res van die waardeketting ‘n

ad valorem

-persentasie

versoek het, wat die produsent en verbruiker sou benadeel);

die verwysingsprys steeds gebaseer is op vyf jaar gemiddeld

(wat positief is, gegewe dat internasionale pryse die afgelope

drie jaar sterk gedaal het en die waardeketting ‘n drie jaar

gemiddeld voorgestel het);

die verwysingsprys elke drie jaar hersien moet word; en

DR DIRK STRYDOM,

bestuurder: Graanekonomie en Bemarking, Graan SA

NUWE MODEL SONDER DIE

WISSELKOERS

OU MODEL VOLGENS DIE

NUUTSTE SAGIS-SYFERS

VERSKIL TUSSEN OUD EN NUUT

Internasionale prys

$246

$246

Verwysingsprys

$279

$294

R203,85

Wisselkoers

R13,59

R13,59

-

Tarief

R448

R652

R203,85

TABEL 2: FORMULE SONDER DIE WISSELKOERSEFFEK.

NUWE MODEL VOLGENS DIE

NUUTSTE SAGIS-SYFERS

OU MODEL VOLGENS DIE

NUUTSTE SAGIS-SYFERS

VERSKIL TUSSEN OUD EN NUUT

Internasionale prys

$246

$246

Verwysingsprys

$279

$294

R203,85

Wisselkoers

R11,60

R13,59

R65,57

Tarief

R383

R652

R269,42

TABEL 1: DIE EFFEK VAN DIE NUWE FORMULE VERSUS DIE OU FORMULE.

OP PLAASVLAK

Koring / Mielies / Invoertarief

Bemarking

September 2017

106