Background Image
Previous Page  111 / 124 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 111 / 124 Next Page
Page Background

109

September 2017

AKTUEEL

Plaaslike wêreldklas tegnologiesentrum

verbeter kultivarteling in Afrika

D

ie R100 miljoen Afrika-streektegnologiesentrum naby Del-

mas waarin DuPont Pioneer in 2013 begin investeer het,

kan vergelyk word met ander wêreldklas DuPont teg-

nologiesentrums in die VSA, Brasilië, Indië en China.

Dié sentrum, wat amptelik in Mei vanjaar geopen is, is een van die

grootste investerings ten opsigte van navorsing en ontwikkeling

wat DuPont die afgelope vier jaar onderneem het.

Gevorderde tegnologieë soos dubbel haploïede, fotometrie en die

gepatenteerde Pioneer Versnelde Gewastegnologiestelsel (Pioneer

Accelerated Yield Technology [AYT] System) word in hierdie sentrum

gebruik. Hierdie tegnologieë verleen ondersteuning om teelsiklusse

te verkort en verbeter dit akkuraatheid ten opsigte van telingsdoel-

witte (onder andere verbeterde droogteverdraagsaamheid, plae

en siekteverdraagsaamheid, asook verbeterde opbrengs met be-

perkende insette).

Buiten ‘n tegnologiesentrum op die perseel, is daar ook ‘n insektaria

– die grootste privaat insektaria in Afrika – waar eienskappe ontwik-

kel word om plaaslike vernietigende plae te bestuur.

“Die mikro-omgewing bly onder druk, maar ons sien die investering

as ‘n onmisbare geleentheid vir ons besigheid om innoverende

produkte vir die landelike gemeenskap te lewer, om só te help met

volhoubare voedselsekerheid, het mnr Alejandro Munoz (vise-

president: Wêreld Kommersiële Besigheid, DuPont Pioneer) gesê

tydens die amptelike opening van die sentrum.

Volgens Munoz skep die ontwikkelende behoeftes van hul kliënte,

tesame met die toenemende bevolkingsgroei, ‘n groter behoefte om

produktiwiteit in die landbou te verbeter. “Ons is uniek geposisioneer

om dié wêreldwye bekommernisse en uitdagings aan te spreek,” het

hy gesê.

Die ligging van die tegnologiesentrum beklemtoon die feit dat

Suid-Afrika ‘n belangrike sentrum vir DuPont se navorsing, besig-

heid en vervaardiging is. “Die sentrum sal plaaslike oplossings bied,

deur wêreldwye wetenskap te gebruik,” het hy gesê.

DuPont is duidelik verbind tot navorsing en ontwikkeling, omdat

hulle jaarliks meer as 800 miljoen dollar daarin investeer, wat be-

teken dat hul navorsingsfasiliteite elke dag meer as 2 miljoen dollar

bestee.

“Ek het die geleentheid gehad om ‘n groot aantal van DuPont

se navorsingsentrums regoor die wêreld te besoek en nie een

is dieselfde nie, maar elkeen is ‘n voorbeeld van die kragtigheid

van ons wetenskaplike vermoëns. Plaaslike probleme dryf ons

navorsingsfokus en plaaslike produkontwikkeling. Hierdie nuwe

sentrum bou voort op dié ontwikkeling,” het Munoz gesê.

Mnr Prabdeep Bajwa (streeksdirekteur: DuPont landboubesigheid,

Afrika en Midde-ooste) het gesê Afrika sal ekonomies geweldig

vinnig oor die volgende paar jaar groei. “35 miljoen hektaar in Afrika

produseer tans minder as 2 t/ha graan. Daar is uitdagings, maar

die groot geleentheid wat Afrika kan bied, is die ‘per hektaar’ en dit

is waar DuPont inkom.

“Indien jy die produktiwiteit van die land verbeter, verbeter jy nie

net die volhoubaarheid van landbou nie, maar ook die lewensbe-

staan van landelike gemeenskappe. Dít is wat DuPont opgewonde

maak en daarom verbind ons onsself elke keer opnuut om in

Afrika te investeer,” het Bajwa verduidelik.

RUTH SCHULTZ,

SA Graan/Grain

medewerker

Hierin het hulle belê

Ander navorsings- en ontwikkelingsprojekte waarin

DuPont die afgelope paar jaar belê het, sluit die

volgende in:

‘n Navorsingsentrum op Hoogekraal wat navor-

sing op verskeie gewasse vir DuPont en Pannar

sal uitvoer, waar daar veral gefokus gaan word

op droogteverdraagsaamheid in die westelike

gebiede.

Opleiding- en onderriggeleenthede vir personeel

en akademiese instellings deur hulle die geleent-

heid te bied om ‘n plantteteeltsimposium aan te

bied en navorsingsvaardigheidsontwikkeling te

kweek.

Samewerking en ondersteuning aan ontwikke-

lende en kleinboere om die lewensbestaan van

families in landelike gebiede te verbeter.

1a en 1b: Die splinternuwe DuPont tegnologiesentrum naby Delmas van

voor en agter gesien. DuPont het meer as 4 000 navorsers in meer as

110 lokaliteite, in ses kontinente wêreldwyd. DuPont se voetspoor strek

oor 34 van die 54 Afrika-lande.

1a

1b