September 2017
104
Jou boerderybesigheid en
die pad vorentoe
D
ie Suid-Afrikaanse landbousektor is heel waarskynlik die
afgelope twee tot drie jaar deur die mees uitdagende pe-
riode in sy geskiedenis. Weersomstandighede was uiter-
aard ‘n groot bydraende faktor. Boonop het Suid-Afrika
tans een van die grootste mielie-oeste ooit, wat verdere afwaartse
druk op kommoditeitspryse plaas. Dit laat landbouers met groot
onsekerheid in terme van landbouvooruitsigte – veral ook teen die
agtergrond van hoë skuldvlakke.
Bedryfskapitaalreserwes is redelik uitgeput en in die meeste
gevalle is verhoogde eksterne finansiële bystand nodig. Vooruit-
skattings dui verder daarop dat ekonomiese groeikoerse in die
afsienbare toekoms steeds onder druk gaan wees. Oplossings gaan
dus nie kort termyn van aard wees nie.
In Nedbank sien ons die verhouding met die produsent as ‘n
langtermynvennootskap en verstaan ons die belangrikheid van
holistiese oplossings om volhoubaarheid te verseker. Dit word
weerspieël deur ons verantwoordelike en omgewingsvriendelike
uitleenpraktyke.
Daar behoort geen twyfel te wees nie oor die ekonomiese bydrae
van landbou in Suid-Afrika nie, die belangrikheid van voedselseker-
heid en landbou as werkgewer in die plattelandse omgewing. In
landbouterme was die droogte ‘n korttermyngebeurtenis en daar-
om is dit belangrik om ‘n langtermynsiening te neem wanneer
die lewensvatbaarheid en volhoubaarheid van ‘n boerdery beoor-
deel word.
Wat staan die produsent te doen in
hierdie onseker tye?
Dit is belangrik dat die produsent sy huidige posisie moet evalueer
en realisties moet wees. In gevalle waar die finansiële las die
boerdery se terugbetalingsvermoë oorskry, mag dit nodig wees om
‘n kapitaalinspuiting uit nie-finansieringsbronne (die verkoop van
onproduktiewe en luukse bates) te bekom.
In uiterste gevalle mag dit selfs ‘n herstrukturering van die boer-
dery-onderneming noodsaak. ‘n Ander opsie sou wees om ‘n ka-
pitaalvennoot te bekom. Laasgenoemde is veral wenslik in ‘n hoër
rentekoersomgewing.
In ‘n finansieringsomgewing is die noodsaaklikheid van behoorlike
finansiële administrasie en rekordhouding ‘n groot bydraende faktor
om suksesvol te wees. Hierdie middels stel die produsent in staat
om behoorlike kostebeheer toe te pas en nie marges te erodeer nie.
Behoorlike beplanning en realistiese projeksies is beide instrumente
wat die produsent sal ondersteun om voorbereid te wees. Met
die bogemelde in ag geneem, kan die produsent pro-aktief pro-
bleme identifiseer en met sy finansierder praat ten einde ‘n
gesamentlike oplossing daar te stel.
Daar is verskeie opsies wat banke jou kan bied om jou by te
staan in hierdie tye. Voorbeelde hiervan is verlengde betalings-
planne ten opsigte van termynskuld en batefinansiering, oorbrug-
ging van bedryfskapitaaltekorte en ook die moontlikheid van ‘n
moratorium op paaiemente.
Laasgemelde kan insluit ‘n struktuur waar slegs rentebetalings
gedoen word met uitgestelde kapitaalbetalings of algehele tydelike
paaiementvakansies (kapitaal plus rente).
Verandering is die enigste konstante en daarom is die aanpasbaar-
heid van ‘n boerdery belangrik vir voortbestaan.
As primêre produsente is landbouers meestal prysnemers en dra
prysrisiko. Verskansing is wel moontlik, maar dit bied meestal net
beperkte beskerming. ‘n Boerderybesigheid moet uiteraard sy
volhoubaarheid en winsgrense analiseer. Daarom moet jy jou status
as slegs ‘n primêre produsent oorweeg en alternatiewe ondersoek.
Betrokkenheid in die waardeketting kan groter sekerheid bring en
winsmarges handhaaf. Integrasie (voorwaarts en terugwaarts) en
optimalisering van jou beperkte hulpbronne moet ook sterk oor-
wegings wees.
Waar nodig moet produsente selfs die moontlikheid van same-
werkingsooreenkomste oorweeg om ekonomie van skaal en ‘n
laer risikoprofiel te verseker. Hierdie oorwegings impliseer groot
strategiese skuiwe, wat behoorlik in ‘n weldeurdagte en omvattende
besigheidsplan omskryf moet word. Goed-geformuleerde en
duidelike doelwitte is onderliggend tot enige besigheidsplan, aan-
gesien dit leiding gee in dag-tot-dag operasionele besluitneming en
finansiële beplanning.
Nedbank sien homself as ‘n belangrike rolspeler in die ontwikkeling
van landbouwaardekettings en die uitbou van volhoubare besig-
hede. Sulke ondernemings verseker ekonomiese groei, skep meer
werksgeleenthede en uiteindelik sosiale opheffing.
Al hierdie inisiatiewe moet uiteraard binne die finansieringsraam-
werk verstaan word.
Die Nasionale Kredietwet
Hierdie wetgewing speel waarskynlik die grootste rol wanneer
landboukrediet verleen word, aangesien die meeste primêre
landboubesighede in die produsent se individuele hoedanigheid
bedryf word. Die wet is van toepassing op alle individue, asook
in sommige gevalle trusts en regsentiteite.
Dit stel streng vereistes aan finansierders ten opsigte van die be-
vestiging van aansoekers se betaalvermoë. Nienakoming van die
vereistes van die Nasionale Kredietwet kan lei tot wesenlike verliese
vir banke, soos reeds deur hofuitsprake bevestig.
Daarom sal banke ‘n groot onus plaas op historiese inligting, sowel
as vooruitskattings om te voldoen aan hierdie vereistes. Aansoekers
moet derhalwe verseker dat inligting wat aan finansierders beskik-
baar gestel word, betroubaar is en projeksies moet realisties wees.
Banke in Suid-Afrika word gereguleer deur twee verdere belang-
rike raamwerke: Die Bankwet van 1990 wat maatskappye, wat de-
posito’s van die publiek aanvaar en hou, reguleer asook Basel III,
die internasionale regulasies wat fokus op kapitaaltoereikendheid
en die likiditeit van banke. Hierdie raamwerke skep die finansie-
ringsomgewing waarbinne banke moet funksioneer.
OP PLAASVLAK
Volhoubaarheid / Finansierders / Oplossings
Bestuurspraktyke
MARIUS VOLSCHENK,
streekbestuurder: Kleinhandel- en Besigheidsbanksake Noord-Vrystaat, Nedbank en
WILLEM DE JAGER,
streekbestuurder: Landbou Vrystaat, Nedbank