Background Image
Previous Page  65 / 116 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 65 / 116 Next Page
Page Background

Vrywaring

Sover moontlik is alles gedoen om die akkuraatheid van hierdie inligting te verseker. Graan SA aanvaar egter geen

verantwoordelikheid vir enige skade of verliese wat gely word as gevolg van die gebruik van hierdie inligting nie.

63

October 2017

Vir die berekeninge in Tabel 1 is gebruik gemaak van die gemid-

delde mielie-opbrengs vir die land oor die afgelope vyf jaar (wat

4,4 t/ha is), teen ‘n gemiddelde prys van R2 080/ton (soos dit

nou verhandel vir lewering in Julie 2018). Die opsie-premie vir

lewering in Julie 2018 is ongeveer R245/ton en die liggingsdiffe-

rensiaal is gemiddeld R200/ton. Die produksiekoste is gemiddeld

R10 000/ha om te plant en die aanvangsmarge per kontrak vir

lewering in Julie 2018 beloop R23 600/kontrak.

Die aanname vir die loko(spot)-prys vir Julie 2018 is dat die prys

met ‘n groot waarskynlikheid naby aan die uitvoerpariteit verhan-

del en daarom word R1 800/ton gebruik. Die aanname vir die koop

van termynkontrakte is dat die produsent sy hele beplande oes sal

gaan koop – wat ongeveer 4 400 ton is. Dit is belangrik dat produsen-

te in ag neem dat die beginsel van die berekeninge belangrik is en dat

elke produsent sy eie berekeninge, uniek aan sy plaas, vir die seisoen

se produksie moet gaan maak.

Uit Tabel 1 is dit duidelik dat nie een van die bogenoemde

alternatiewe teen die huidige pryse winsgewend sal wees nie en

daarom moet produsente alternatiewe planne vir die seisoen maak.

Een belangrike aspek vir hierdie seisoen is om die risiko’s sover

moontlik te beperk in die alternatiewe wat aangewend word.

Tabel 2 toon dieselfde alternatiewe, maar dat die produsent hier

slegs die beste hektare waar bogemiddelde opbrengste verwag

kan word, plant. Die aanname vir die opbrengs in Tabel 2 is ge-

maak op die huidige seisoen se opbrengs van ongeveer 6,24 t/ha,

maar dat die produsent slegs byvoorbeeld 500 ha aanplant. Indien

die bogemiddelde opbrengs realiseer, kan die produsent egter

moontlik ‘n gelykbreeksituasie ervaar en potensieel ‘n wins maak.

Faktore om in gedagte te hou

Daar is verskeie faktore wat produsente in gedagte moet hou wan-

neer hulle in die komende seisoen produksiebesluite neem. Dit sluit

die volgende in:

Die waarskynlikheid dat die pryse volgende seisoen nader

aan uitvoerpariteit eerder as invoerpariteit gaan wees, is groot

– maak dus berekeninge daarvolgens.

Finansiële bestuur gaan vir die komende seisoen belangrik wees.

Vermy onbekende alternatiewe met groot risikokomponente

– maak seker wat die risiko’s verbonde is aan die spesifieke stra-

tegie wat aangewend gaan word.

Probeer sover moontlik eerstens die direkte koste dek.

Die berekeninge in die artikel vang die beginsel vas en toon nie

individuele gevalle nie – maak daarom jou berekeninge volgens

jóú plaas se opbrengs en kostestrukture.

Maak die winsgewendheid-som met mielies en alternatiewe ge-

wasse, soos oliesade, vir die seisoen.

Bemarking en verskansing gaan in die komende seisoen ‘n kri-

tiese rol in finansiële bestuur speel – moet dit derhalwe nie na-

laat nie.

Ander kostes, soos vaste koste en die skoonhou van lande, is nie

in berekening gebring met die berekeninge van “geen plant” en

“minder plant” nie – bereken dus hierdie kostes ook.

PLANT EN VERSKANS PLANT MET

PUT-

OPSIE PLANT SONDER VERSKANS KOOP

FUTURES

Koste (R/ha)

R10 000

R10 000

R10 000

R23 600

Aantal hektaar

1 000

1 000

1 000

*4 400

Totale koste (R/ha)

R10 000 000

R10 000 000

R10 000 000

R1 038 400

Opbrengs (t/ha)

4,40

4,40

4,40

Verskans (t/ha)

3,00

4,40

Julie 2018

futures

-prys (R/ton)

R2 080

R2 080

R2 080

R2 080

Put

-premie (R/ton)

R245

**R20

Differensiaal (R/ton)

R200

R200

R200

Produsenteprys (R/ton)

R1 880

R1 635

R1 600

R2 100

***Julie 2018 spotprys (R/ton)

R1 800

R1 800

R1 800

R1 800

Inkomste (R)

R7 880 000

R7 193 296

R7 040 000

-R1 320 697

Wins/verlies (R)

-R2 120 000

-R2 806 704

-R2 960 000

-R1 320 697

*Hoeveelheid tonne op Safex gekoop

**Rentekoste vir finansiering van die aanvangsmarges

***Uitvoerpariteitlewering Julie 2018

*Hoeveelheid tonne op Safex gekoop

**Rentekoste vir finansiering van die aanvangsmarges

***Uitvoerpariteitlewering Julie 2018

TABEL 1: BEREKENINGE VIR DIE ALTERNATIEWE WAT VIR DIE SEISOEN OORWEEG KAN WORD WANNEER

AL DIE HEKTARE TEEN GEMIDDELDE OPBRENGSTE GEPLANT WORD.

TABEL 2: BEREKENINGE VIR DIE ALTERNATIEWE WAT VIR DIE SEISOEN OORWEEG KAN WORD WANNEER

NET DIE BESTE HEKTARE TEEN BOGEMIDDELDE OPBRENGSTE GEPLANT WORD.

PLANT EN VERSKANS PLANT MET

PUT

-OPSIE PLANT SONDER VERSKANS KOOP

FUTURES

Koste (R/ha)

R10 000

R10 000

R10 000

R23 600

Aantal hektaar

500

500

500

*4 400

Totale koste (R/ha)

R5 000 000

R5 000 000

R5 000 000

R1 038 400

Opbrengs (t/ha)

6,24

6,24

6,24

Verskans (t/ha)

4,20

6,00

Julie 2018

futures

-prys (R/ton)

R2 080

R2 080

R2 080

R2 080

Put

-premie (R/ton)

R245

**R20

Differensiaal (R/ton)

R200

R200

R200

Produsenteprys (R/ton)

R1 880

R1 635

R1 600

R2 100

***Julie 2018 spotprys (R/ton)

R1 800

R1 800

R1 800

R1 800

Inkomste (R)

R5 580 000

R5 067 600

R4 992 000

-R1 320 697

Wins/verlies (R)

R580 000

R67 600

-R 8 000

-R1 320 697