Background Image
Previous Page  64 / 116 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 64 / 116 Next Page
Page Background

Oktober 2017

62

Oorwegings vir die nuwe

seisoen se aanplantings

d

it is alweer dié tyd van die jaar waar produsente

moet begin beplan vir die nuwe seisoen. Die be-

planning vir die seisoen hou groot uitdagings vir

die produsente in en met die pryse wat teen uitvoer-

pariteit verhandel, plaas dit die winsgewendheid van

mielieproduksie onder druk.

Die huidige seisoen se 16,4 miljoen ton rekordmielie-oes het die

land met ‘n uitvoerbare surplus van oor die 4 miljoen ton gelaat

en die tempo van uitvoere sal steeds met die verloop van die sei-

soen dopgehou word. Die optimale periode vir uitvoere om vanuit

Suid-Afrika plaas te vind, raak ook beperk met dié dat die VSA eers-

daags voluit begin stroop en daarom weer verdere druk op ons inter-

nasionale mededingendheid in terme van uitvoermarkte plaas.

Die uitvoere van veral witmielies wat teen ‘n aansienlike laer tempo

plaasvind as wat benodig word, beteken dat die land aan die einde

van die bemarkingseisoen groot oordragvoorrade van mielies sal

hê. Dit sal tot gevolg hê dat die gemiddelde jaarlikse verbruik in die

volgende seisoen met ‘n aansienlike kleiner produksie aangevul sal

kan word en met normale produksie kan die land hom weer eens

in die volgende seisoen in ‘n uitvoerscenario bevind.

Heelwat vrae ontstaan by produsente oor wat hul te doen staan wat

die komende seisoen se produksie betref.

Alternatiewe wat oorweeg kan word

In meeste gevalle waar daar met produsente gekommunikeer word,

is dit duidelik dat daar heelwat onsekerhede is oor die nuwe sei-

soen se aanplantings en planne wat beraam kan word. Die huidige

lae mieliepryse ontmoedig die produsente om vir die komende

seisoen te plant en strategieë soos om slegs op die Safex-mark

mielies aan te koop, word in die meerderheid gevalle as ‘n goeie

strategie met min risiko bestempel.

Die vraag is egter of hierdie strategie regtig die minste risiko vir die

produsent inhou. Deur slegs mielies op Safex te gaan koop en nie

die fisiese mielies aan te plant nie, plaas die produsent homself in

‘n suiwer spekulatiewe posisie in die mark. Hy beoog derhalwe om

net wins te maak uit ‘n gunstige prysbeweging – wat in hierdie geval

‘n toename in die prys sal wees – vanaf die datum van die aankoop

van die kontrakte tot en met die kontrak se vervaldatum en/of die

likwidasie van die kontrakte.

Hierdie strategie sal wel vir die produsent goedkoper uitwerk as

om die volle hektare aan te plant, aangesien daar slegs ‘n aanvangs-

marge per kontrak betaalbaar is en dan ‘n variasiemarge (let wel

op ‘n R/ton-basis) indien die mark nie in die produsent se guns

verhandel nie. Die produsent moet egter die impak wat só ‘n stra-

tegie op sy kontantvloei kan hê, in gedagte hou.

In ‘n groot aantal gevalle kan produsente nie anders as om te

plant nie. Dit behels verskeie redes, wat insluit genoegsame oor-

winteringsvoer vir die lewendehawebedryfstak en selfs die feit dat

ruslande nie nog ‘n seisoen kan oorlê nie.

Hierdie produsente moet egter belangrike besluite neem oor hoe

die komende seisoen se strategie benader gaan word. Een alterna-

tief wat produsente kan toepas, is om in plaas van al die hektare

slegs die beste hektare aan te plant – waar die produsent amper

verseker sal wees van ‘n bogemiddelde opbrengs eerder as net

‘n langtermyn-gemiddelde opbrengs om die effektiwiteit van pro-

duksie te verbeter.

Plant en verskans – beste hektare

Goeie finansiële bestuur gaan in hierdie seisoen vir produsente

belangrik wees en daarom sal hulle alternatiewe, wat die risiko vir

die produsent sover moontlik beperk, moet oorweeg.

Produsente kan egter hierdie seisoen eerder die beste hektare aan-

plant, waarvan hulle grootliks van bogemiddelde opbrengste vir

die seisoen verseker sal wees, eerder as slegs langtermyn-gemid-

delde opbrengste. Dit sal ook die kostes vir die seisoen verlaag, met

‘n groter waarskynlikheid van ‘n gemakliker gelykbreeksituasie en

moontlike wins vir die seisoen. Verskansing sal ook uiters belangrik

vir die komende seisoen wees en daarom moet produsente van ver-

skansing gebruik maak om pryse vir die seisoen vas te stel wanneer

hulle aanplantings doen.

Doen die nodige berekeninge

Tabel 1

en

Tabel 2

toon onderskeidelik verskillende alternatiewe wat

produsente kan oorweeg vir die komende seisoen en die bereke-

ninge wat gemaak moet word.

Die onderskei strategieë wat met mekaar in Tabel 1 vergelyk word,

is om:

Al die hektare, soos normaal, te plant en ten minste 70% van

die langtermyn-gemiddelde opbrengs teen die huidige prys vir

lewering in Julie 2018 te verskans;

al die hektare soos normaal te plant en gebruik te maak van ‘n

verkoop (

put

)-opsie om die volle verwagte tonne te verskans;

alle hektare soos normaal te plant en nie te verskans nie; en

om geen hektare te plant nie en net mielies op Safex te gaan

koop vir lewering in Julie 2018.

LUAN VAN DER WALT,

landbou-ekonoom, Graan SA

GRAANMARK

-oorsig

– 11 September 2017

OP PLAASVLAK