Background Image
Previous Page  63 / 116 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 63 / 116 Next Page
Page Background

61

October 2017

Al is empiriese waardes nie altyd beskikbaar vir elke onkruidspesie

en vir elke gewas nie, is die effektiewe beheer van onkruide vroeg

in die seisoen van kardinale belang. Die goue reël bly steeds

voorkomende en tydige beheer.

In ‘n jaar soos vanjaar, met lae insetpryse en druk op die wins-

gewendheid van gewasverbouing, moet produsente besluit waarop

gespaar kan word. Soms sal produsente dink om geld op die

onkruiddoderprogram te spaar deur óf nie te bespuit nie óf om kort

paaie te neem.

Bemesting is ook ‘n inset waarop produsente maklik wil bespaar,

maar die vraag is: Watter een van hierdie het die grootste effek op

produksie?

Impak van verskillende insette

Die LNR-Graangewasse het ‘n proef aangelê om die impak van die

verskillende insette te toets. Dit het bestaan uit ‘n gedeelte waar

die beste praktyke toegepas is, bemesting en onkruidbeheer totaal

onttrek is en waar daar geen insette ingesit is nie. Die resultate

van hierdie proef word in

Tabel 1

aangedui. Hieruit is dit duidelik

dat onkruidbeheer alleen vir 62% van die van marge ten opsigte

van mielies verantwoordelik is – gegewe ‘n spesifieke reënval en

plantkoste. Indien die onkruid nie beheer word nie, maar bemesting

wel toegedien word, is die winste dramaties laer tot net 39% van

die verwagte marge. Dit is bloot omdat die gewasse aan hoofsaaklik

vog- en voedingstekorte blootgestel word.

Gegewe hierdie inligting kan die belangrikheid van onkruidbeheer

nie genoeg beklemtoon word nie. Produsente moet alles in hul

vermoë doen om onkruid so effektief en doeltreffend moontlik

te beheer.

Die effek van tydige toediening van onkruiddoders kan ook nie

oorbeklemtoon word nie. Uit

Tabel 2

kan die effek van tydige

onkruidbeheer afgelei word – na aanleiding van ‘n proef wat ook deur

die LNR-Graangewasse uitgevoer is.

Gegewe hierdie inligting, maak dit sin om toe te sien dat genoeg

spuitkapasiteit beskikbaar is om die onkruiddoder tydig en teen

die regte dosis toe te dien. Doen alles in jou vermoë om die

effektiwiteit en doeltreffendheid van die onkruiddoders te verhoog:

Die resultaat sal verseker in jou sak gevoel word.

Winteronkruide

Dit is te verstane dat produsente rand en sent wil sny wanneer

kommoditeitspryse laag is en insetkostes net al hoe hoër raak. Waak

egter teen die afskaal of afskeep van voorkomende onkruidbeheer

en moet nie die effek van winteronkruide onderskat nie.

Die saamstel van ‘n goeddeurdagte en beplande spuitprogram,

waar effektiwiteit van beheer en kwaliteit van produkte in ag geneem

moet word, word egter ‘n “fyn kuns” vir produsente en agroche-

miese maatskappye.

“Kort paaie” en “wondertenkmengsels” moet ten alle koste ver-

my word sodat die produsente nie later in die seisoen verras

word wanneer laat onkruidinfestasies en onsigbare gewasskade

opbrengste negatief kan beïnvloed nie.

‘n Effektiewe spuitprogram moet verkieslik bestaan uit voor-

opkomsonkruiddoders, wat ‘n residuele werking in die grond het,

opgevolg met na-opkomsonkruiddoders wat tydig toegedien

word om laat infestasie of probleemonkruide effektief te beheer.

Waak daarteen om slegs een produk, met ‘n enkele aktiewe

bestanddeel, herhaaldelik te gebruik. ‘n Ander slaggat om te vermy,

is die verlaging van dosisse – veral waar moeilik-beheerbare onkrui-

de soos byvoorbeeld kweekgras, wandelende Jood en purperwin-

de voorkom. Maak eerder gebruik van split-toedienings, maar sorg

dat genoeg aktiewe bestanddele geplaas word – soos voorgeskryf

op die etiket.

Wanneer onkruidbeheer afgeskeep word, of onkruiddoders misbruik

word, hou dit groot gevaar vir produsente in – wat ‘n verreikende

ekonomiese impak kan hê. Gewasskade word jaarliks gerapporteer

– en in die meeste gevalle is foutiewe toedieningsmetodes of

verkeerde dosisse die oorsaak daarvan.

Benewens gewasskade en opbrengsverliese, is die ontwikkeling

van onkruiddoderweerstand ‘n wesenlike probleem. Onkruiddoders

moet ten alle tye korrek toegedien word (sien aanbevelings en

riglyne op elke produketiket). Dosisse moenie te flou of te sterk

“aangepas” word nie. Waar moontlik, roteer onkruiddodergroepe en

gebruik produkte met verskillende aktiewe bestanddele.

Vir meer inligting, kan Pietman Botha by 082 759 2991 of

dr Elbé Hugo by 082 885 0716 gekontak word.

Graan SA/Sasol fotokompetisie

– Jacqueline Huisman 2011

Die effektiewe beheer van onkruide vroeg in die seisoen is van kardinale belang.

Die goue reël bly steeds voorkomende en tydige beheer.