Background Image
Previous Page  71 / 116 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 71 / 116 Next Page
Page Background

69

October 2017

Wat is verskansing?

Verskansing beteken beskerming. As jy jouself wil verskans, beteken

dit dat jy jouself teen iets ongunstig moet beskerm. In die geval

van die graanbedryf bestaan daar egter verskeie tipes risiko vir

die verskillende rolspelers in die mark. Hierdie risiko’s kan

in verskillende kategorieë ingedeel word – wat strek vanaf

produksierisiko tot en met prysrisiko. Hierdie terme is in Deel 2

van die reeks in fyner besonderhede bespreek.

Soos reeds vermeld, is die hoofdoel van die termynkontrakte om

prysrisiko deur middel van verskansing te bestuur. Daarom is dit

noodsaaklik dat produsente sal verstaan hoe verskansing in die

praktyk werk en watter waarde dit vir hulle inhou.

Die landbouproduktemark bestaan uit twee segmente en die

segmente waarna hier verwys word, is die fisiese produk en die

termynkontrak. Dit is krities om in gedagte te hou dat verskansing

slegs plaasvind wanneer beide hierdie segmente gebruik word – en

nie slegs een van hierdie segmente nie.

Indien slegs een van hierdie twee segmente (fisies of termynkon-

trakte) gebruik word, word dit nie as verskansing beskou nie, maar

eerder as spekulasie, aangesien die gebruiker daarvan nie beskerm

is teen ongunstige prysbewegings nie.

Indien ‘n produsent homself wil verskans deur gebruik te maak

van termynkontrakte, moet die produsent in die termynmark die

teenoorgestelde gaan doen as wat hy in die fisiese mark doen.

Deur die teenoorgestelde te doen in die twee verskillende segmente

van die mark, sal die produsent verseker dat indien daar ‘n verlies

in die een segment van die mark is, dit opgemaak sal word deur die

ander segment van die mark.

Dit beklemtoon derhalwe die belangrikheid daarvan dat die ver-

skanser wel albei segmente van die mark moet betrek (fisies en

termynkontrakte). Die produsent plant die produk en daarom plaas

dit hom in “natuurlike” koopposisie vir die produk en moet hy

kontrakte in die termynmark gaan verkoop.

Tabel 1

toon ‘n praktiese voorstelling van verskansing deur gebruik

te maak van ‘n termynkontrak, terwyl

Grafiek 1

die grafiese

voorstelling daarvan is.

‘n Praktiese voorbeeld

Veronderstel ‘n produsent wou homself gedurende Desember 2016

verskans teen ‘n moontlike prysdaling en het ‘n termynkontrak

verkoop vir lewering in Julie 2017. Gedurende Desember 2016

was die gemiddelde termynprys van witmielies vir lewering in

Julie 2017, R2 713/ton. Die pryse het egter die afgelope seisoen

skerp gedaal en die witmielieprys het gedurende Julie 2017 teen

‘n gemiddeld van R1 825/ton verhandel.

Deur ‘n Julie 2017-witmieliekontrak gedurende Desember 2016 te

verkoop, sal die produsent egter sy Safex-prys vasmaak teen ‘n vlak

van R2 713/ton vir lewering in Julie – ongeag in watter rigting die

mark vanaf Desember tot en met Julie beweeg het.

Die produsent sal dan egter sy fisiese mielies gedurende Julie

teen die heersende markprys verkoop en ‘n laer prys vir die fisiese

mielies ontvang, maar aangesien hy verskans het, sal hy die balans

met die termynkontakte opmaak wanneer hy die kontrak vereffen

en teen die laer heersende mielieprys terugkoop.

Die berekening van die produsent se netto prys kan soos volg ge-

doen word:

Fisies:

Verkoop fisiese mielies

Termynkontrak:

Verkoop termynkontrak

Koop termynkontrak terug

Wins/verlies op termynkontrak

Netto Safex-prys:

Fisiese mielies

+ Wins op termynkontrak

Grafiek 1 toon die beginsel van verskansing skematies. Uit Grafiek 1

is dit duidelik dat die netto effek van prysbewegings gelyk is aan

nul wanneer die teenoorgestelde in twee segmente van die mark

gedoen word. Indien die mark vanaf planttyd tot en met strooptyd

daal (soos in hierdie voorbeeld) is dit duidelik dat alhoewel die

produsent ‘n laer prys vir die fisiese mielies sal ontvang, die verskil

opgemaak sal word met die wins wat uit die termynkontrak verkry is.

Indien die mark anders sou reageer en vanaf planttyd tot en met

strooptyd toeneem, sal die produsent egter ‘n hoër prys vir die fisiese

mielies ontvang, maar sal die verskil weer by die termynkontrak-

segment verhaal word.

Ten slotte

Deur van termynkontrakte vir verskansingsdoeleindes gebruik te

maak, sal die produsent vir homself ‘n prys vasstel waarteen hy die

gedeelte van sy produksie sal verkoop – ongeag die rigting van die

prysbewegings vanaf verskansing tot en met verkooptyd. Alhoewel

dit mag blyk dat jy nie voordeel uit ‘n stygende mark kan trek nie,

is dit belangrik om die verskansing oordeelkundig te benader en

in gedagte te hou dat prysrisikobestuur die hoofdoel van verskan-

sing is.

Daar is verskeie aspekte wat produsente in ag moet neem wanneer

hulle verskansingsbesluite neem. Dit is hoofsaaklik in Deel 2 en

Deel 3 van die reeks in meer diepte bespreek. Kostebestuur is

een van die aspekte wat versigtig benader moet word en ‘n goeie

norm wanneer verskansingsmoontlikhede oorweeg word, is om

sover moontlik eers genoegsaam te verskans om ten minste die

produksiekostes van die bedryfstak te dek.

Die bogemelde voorbeeld is slegs die basiese konsep en sluit nie

veranderlikes soos basisse en differensiale in die berekening in

nie. Dit is egter van kardinale belang om in ag te neem dat jy met

verskansing moet bepaal tot watter mate jou risiko beperk is en nie

hoeveel geld jy kon gemaak het nie.

Die gebruik van opsiekontrakte vir verskansingsdoeleindes sal in die

volgende uitgawe van die tydskrif bespreek word.

MAAND

FISIESE MARK

TERMYNMARK

AKSIE

HOEVEEL-

HEID (TON)

PRYS

(R/TON)

KONTANT-

VLOEI (R)

AKSIE

HOEVEEL-

HEID (TON)

PRYS

(R/TON)

KONTANT-

VLOEI (R)

Desember 2016 Plant

Verkoop

100

R2 713

R271 300

Julie 2017

Verkoop

100

R1 825

R182 500 Koop

100

R1 825

-R182 500

Netto

R182 500

R88 800

TABEL 1: ‘N PRAKTIESE VOORSTELLING VAN VERSKANSING DEUR GEBRUIK TE MAAK VAN TERMYNKONTRAKTE.

R1 825/ton

R2 713/ton

R1 825/ton

R888/ton

R1 825/ton

R888/ton

R2 713/ton

=

=

=

=

=

=

=