Background Image
Previous Page  67 / 116 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 67 / 116 Next Page
Page Background

G

emoedsrus is ‘n term wat sonneblom-

produsente eerstehands wil ervaar

gegewe hoe drasties die Suid-Afrikaanse

klimaat die afgelope paar seisoene gewissel

het. Hierdie variërende klimaatstoestande

skep gereeld onsekerheid oor opeenvol-

gende seisoene se aanplantings by pro-

dusente.

Daarom is dit nodig dat produsente

noukeurig besluit wanneer kultivars vir

die komende seisoen gekies word. Soos

seisoene van mekaar verskil ten opsigte van

reënval, temperatuur en siektedruk, verskil

sonneblomkultivars se reaksie op hierdie

omstandighede ook.

Produsente moet daarom nie geflous

word deur reklame, wat kultivars laat

roem op grond van een seisoen se data

nie. Laasgenoemde is nie ‘n betroubare

maatstaf vir kultivarseleksie nie en sal nie

vir sonneblomprodusente die nodige ge-

moedsrus, met die dramatiese variëring

in Suid-Afrikaanse omgewingstoestande,

gee nie.

‘n Veelsydige sonneblompakket is daarom

nie een wat slegs oor een seisoen getoets

is nie, maar eerder een wat homself oor ‘n

paar seisoene bewys het.

Langtermynopbrengsstabiliteit is die wag-

woord wanneer produsente hul kultivar-

beplanning vir die komende seisoen doen.

Sekere kultivars presteer dalk goed onder

gemiddelde toestande, maar sodra die

klimaatstoestande drasties verander, pre-

steer hierdie kultivars ondergemiddeld

ten opsigte van opbrengs en siekteweer-

standbiedendheid.

Produsente het derhalwe sonneblom-

kultivars nodig wat goed presteer in

gewenste, sowel as ongewenste omge-

wingstoestande. Dit kan bereik word deur

van langtermynopbrengsdata gebruik te

maak – wat die klem nie net op opbrengs

plaas nie, maar ook aandui watter kultivars

beter stabiliteit toon.

Gemoedsrus kan daarom opgesom word

in een woord, naamlik AGSUN 8251 – een

van Agricol se vlagskip-sonneblombas-

ters. Wat opbrengsstabiliteit en siekteweer-

stand betref, is daar geen gelyke aan

AGSUN 8251 nie.

Bekend as ‘n sonneblombaster met ‘n wye

genetiese potensiaal, spog AGSUN 8251

ook as een van die toppresterende kultivars

in die nasionale kultivarproewe en het dit

oor ‘n periode van 16 jaar met verskeie

geleenthede as oorwinnaar uit die hierdie

kultivarproewe getree.

Met ‘n gemiddelde opbrengs van 2,22 t/ha

oor 16 seisoene, teenoor ‘n 2,01 t/ha proef-

gemiddeld van al die inskrywings in na-

sionale kultivarproewe, kan daar gesê word

dat AGSUN 8251 by uitstek die leier in die

sonneblommark is.

Produsente kan ook strookproefdata as

riglyn gebruik om kultivars se prestasie

op ‘n meer kommersiële vlak te meet.

Strookproewe sal vir produsente ‘n goeie

indikasie gee van ‘n kultivar se prestasie in

sy area. Langtermyndata is weer eens die

geheim tot suksesvolle kultivarseleksie.

‘n Nuwer toetreder tot die AGSUN-son-

neblomreeks is die baie aanpasbare

AGSUN 5278. Hierdie kultivar spog ook

met die unieke

stay green

-eienskap en

kom veral tot sy reg in pakketaanplantings

met AGSUN 8251. Nog ‘n voorbeeld van

opbrengsstabiliteit is die immergewilde

AGSUN 5270 wat uitstekend vaar met

vroeë en laat aanplantings.

Die nuutste toevoeging tot die AGSUN-

sonneblomreeks is AGSUN 5273. Hierdie

kultivar spog met ‘n hoë opbrengs-

potensiaal en vaar uitstekend by alle

opbrengspotensiaalgebiede. Vertrou die

AGSUN-sonneblomreeks vir opbrengssta-

biliteit in jou boerdery.

65

October 2017

PROMOSIE-ARTIKEL

JOUBERT SWANEPOEL,

gewasbestuurder: Sonneblom, Agricol

Grafiek 1: AGSUN 8251 se langtermynprestasie in die nasionale kultivarproewe.

Grafiek 2: Opsomming van strookproefdata 2015/2016 en 2016/2017.