Oktober 2017
60
Effektiewe onkruidbeheer laat
die winste in die sak klingel
O
nkruide en die ondoeltreffende beheer daarvan kan ‘n
beduidende uitwerking op gewasopbrengste hê. Om
die ekonomiese verliese wat gepaardgaan met hoë on-
kruiddruk en/of swak beheer te kwantifiseer, is egter nie
so maklik nie.
Die effek van hoë onkruidinfestasie en/of swak beheer word dik-
wels onderskat. Gewasverbouing – veral in Suid-Afrika onder
droëlandtoestande – hou vele uitdagings en risiko’s in wat bestuur
moet word en waarvan onkruidbeheer en gewasversorging ‘n
wesenlike deel uitmaak.
Meeste onkruidspesies is sterk kompeteerders en die belangrik-
ste faktore waarvoor die gewas moet kompeteer, is vog en voe-
dingstowwe. As gevolg van lae reënval en die swak verspreiding
daarvan in ‘n groeiseisoen, kan die swak beheer van onkruide die
ekonomiese impak op die gewasse dramaties verhoog.
Die verwantskap tussen onkruidgetalle en opbrengsverliese is nie ‘n
eenvoudige liniêre verwantskap nie. Klein of min onkruide aan die
begin van die seisoen sal nie ‘n sigbare effek op die gewas hê nie,
omdat daar dan nog genoeg vog en voedingstowwe in die grond is.
Kritiese periode van beheer
‘n Kritiese periode van beheer is die punt waar onkruidgetalle ‘n
betekenisvolle effek gaan hê. Wat die interaksie tussen onkruide
en die gewas nog verder kompliseer, is die feit dat nie elke
onkruidspesie en/of gewas dieselfde kritiese periode van beheer
het nie.
Die mees kritiese tyd vir onkruidbeheer in mielies is tussen die
vier- en tienblaarstadium. Tydens hierdie stadium van die plant
se lewensiklus moet die kompetisie met onkruide minimaal wees,
aangesien mielieplante in die vroeë groeistadium swak kom-
peteerders is.
By sojabone is die kritiese onkruidbeheerperiode rondom die
drieblaarstadium en moet onkruide beheer word om opbrengsver-
liese te verhoed. Dit kan van land tot land en van area tot area wis-
sel, wat sterk verband hou met heersende omgewingstoestande.
Produsente moet egter besef dat die kritiese onkruidbeheerperiode
en omgewingstoestande in sommige jare maklik hanteerbaar
sal wees, maar in ander jare kan ontydige oormatige reën, of die
afwesigheid daarvan, die beheer van onkruide ‘n aansienlike uit-
daging maak.
Navorsing wat hierdie effek en interaksie onder Suid-Afrikaanse
toestande beskryf, is skaars en daar word meestal aangeneem dat
opbrengsverliese so hoog soos 43% kan wees wanneer onkruide
nie binne die eerste 15 dae na plant beheer word nie – en toeneem
tot 77% wanneer onkruide swak binne die eerste 30 dae na plant
beheer word.
OP PLAASVLAK
Ekonomiese verliese / Tydige toediening
Geïntegreerde plaagbeheer
PIETMAN BOTHA,
SA Graan/Grain
medewerker en
DR ELBÉ HUGO,
onkruidwetenskaplike, Syngenta
BEHANDELING
KG/HA
INKOMSTE TEEN
R2 000/TON
BEMESTINGKOSTE
PER HEKTAAR
ONKRUIDDODER- EN
PLAAGDODERKOSTE
PER HEKTAAR
MARGE BO BEMESTING
EN ONKRUIDBEHEER-
KOSTE PER HEKTAAR
Onkruidbeheer plus
bemesting
7 480
R14 960
R1 900
R800
R12 260
Onkruidbeheer sonder
bemesting
4 220
R8 440
R800
R7 640
Geen onkruidbeheer plus
bemesting
3 340
R6 680
R1 900
R4 780
Geen onkruidbeheer en
geen bemesting
1 340
R2 680
R2 680
TABEL 1: DIE EFFEK VAN ONKRUIDDODER EN BEMESTING OP DIE OPBRENGS VAN MIELIES.
TABEL 2: DIE EFFEK VAN VERSKILLENDE TYE VAN ONKRUIDBEHEER OP DIE OPBRENGS
EN WINSGEWENDHEID VAN MIELIES.
ONKRUIDBEHEER
TOEGEPAS
KG/HA
INKOMSTE TEEN
R2 000/TON
ONKRUIDDODER-
EN PLAAG-
DODERKOSTE
MARGE BO BEMES-
TING EN ONKRUID-
BEHEERKOSTE
VERSKIL IN WINS-
GEWENDHEID VANAF
DIE REGTE TYD VAN
TOEDIENING
Met plant
12 500
R25 000
R800
R24 200
15 dae na opkoms
10 300
R20 600
R800
R19 800
R4 400
30 dae na opkoms
4 200
R8 400
R800
R7 600
R16 600
45 dae na opkoms
2 400
R4 800
R800
R4 000
R20 200
60 dae na opkoms
1 500
R3 000
R800
R2 200
R22 000
Geen
500
R1 000
R800
R200
R24 000