Background Image
Previous Page  61 / 116 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 61 / 116 Next Page
Page Background

Produk-inligting

Bestuur onkruiddoderweerstand slim

G

ebaseer op internasionale syfers, is daar reeds in 2016

bepaal dat 252 verskillende onkruidspesies weerstand

in 91 verskillende gewasse en in 68 verskillende lande

ontwikkel het. Dit is ook waar dat die laaste nuwe metode

van werking in onkruiddoders reeds in 1985 ontdek is en daar nie

enige nuwe opsies in die nabye toekoms verwag word nie.

Dit is daarom vir ons as ‘n kleingraanbedryf belangrik om die

oplossings wat vandag tot ons beskikking is, met verantwoordelik-

heid te bestuur en sodoende ons eie langtermynvolhoubaarheid

in die bedryf te verseker.

In die Australiese onkruiddoderkenner, prof Steve Powles, se eie

woorde: “Die goue era van onkruiddoders is verby. In die 1980’s was

nuwe onkruiddoders algemeen en weerstandige onkruide skaars.

Vandag is dit andersom. Die chemie wat ons nou tot ons beskikking

het, is kosbaar en moet beskerm word.”

Weerstandsbestuur is soos ‘n konstante skaakspel, wanneer jy

jou volgende twee skuiwe beplan, is dit van kardinale belang om

die vorige twee skuiwe nooit uit die oog te verloor nie. Mnr Richard

Hinchliffe, ‘n produsent van Yorkshire in Noord-Engeland, het

onkruidbestuur soos volg opgesom: “As dit werk, verander dit – voor

dit breek – en onkruid jou breek.”

Bayer het reeds in 2005 die Bayvolution-projek geloods waarty-

dens daar in samewerking met 40 verskillende leierprodusente

vanuit die kleingraangemeenskap onkruidweerstandsbepaling ge-

doen is. Die plase was verteenwoordigend van die Suid-Kaap sowel

as die Swartland. Die Bayer Boer Wa is ingespan om verskillende

produkte, wat op daardie stadium die beste beskikbare oplossings

was, oor proefpersele te spuit om effektiwiteit en gevolglik ook

persentasie van weerstand in raaigras, te bepaal.

Teen die einde van die projek, wat oor ‘n tydperk van vyf jaar ge-

strek het, is dit bewys dat die beskikbare oplossings op daardie

stadium in ‘n aantal areas slegs 60% effektiewe werking kon verseker

om probleemonkruide soos

Lolium

spp. te beheer.

Suid-Afrika is op die oomblik nog in die bevoorregte posisie dat

ons nuwe oplossings van navorsingsgebaseerde maatskappye

soos Bayer tot ons beskikking het. Een so ‘n produk is Sakura, wat

goeie beheer teen probleemonkruide soos raaigras (

Foto 1

en

Foto 2

), verskaf. Vir volhoubare, langtermyngraanproduksie is dit

belangrik om die beskikbare onkruiddoders te bestuur om te ver-

seker dat die beheer op die lang duur effektief is.

Ons het daarom die geleentheid om proaktief ons praktyke aan te

spreek en te verander terwyl ons nog produkte soos Sakura het

wat werk. Daarom is dit belangrik om:

Verskillende chemiese groepe op ‘n seisoenale basis met mekaar

af te wissel. Meer inligting hieroor is beskikbaar by

http://

hracglobal.com/tools/classification-lookup.

Gewasrotasiepraktyke toe te pas om onkruidbeheer in spesi-

fieke lande deur verskillende gewasse te roteer en te kan

vergemaklik oor tyd.

Dit het ten doel om langtermynvolhoubaarheid van die klein-

graanbedryf te verseker. Vir dié rede promoveer Bayer die ver-

antwoordelike gebruik en aanbeveling van Sakura deur:

Toediening vir meer as een jaar op dieselfde kampe (die be-

skikbare voorraad word ook so bestuur) te vermy;

rekordhouding deur produsente en gewasbeskermingsadvi-

seurs te verseker; en

alternatiewe gewasse soos kanola te oorweeg.

Dit is in die graanbedryf se belang dat alle insetverskaffers en

rolspelers saam staan om ‘n bydrae te lewer om die opbou van

weerstand deur onkruide te beveg en te bestuur. Bayer neem dan

ook hierdie seisoen die inisiatief om te begin bepaal hoe en waar

ons oplossings gebruik, maar ook hoe dit bestuur word en vertrou

dat jy ons graag in hierdie proses sal wil bystaan deur ‘n vinnige

meningspeiling in te vul.

Raadpleeg derhalwe eersdaags jou landboubesigheidsverteen-

woordiger om jou meer hiervan te vertel en toegang tot die

meningspeiling te gee.

59

October 2017

FOKUS

Wintergraanstreek

Spesiale

NELIA ROUSSEAU,

Bayer CropScience

1: 'n Kontroleperseel tydens die Bayvolution-projek toon die impak van

onbeheerde

Lolium

spp. op koringproduksie.

3: Bayer se kanolakultivar, Belinda, ter ondersteuning van optimale

gewasrotasie in ‘n kleingraanproduksiestelsel.

2: Die voordeel van effektiewe onkruidbeheer met Sakura.

1

2

3