Background Image
Previous Page  60 / 116 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 60 / 116 Next Page
Page Background

Cut losses with

PRECISION

Plant with

VISION

Process Monitor

for Air Seeders

‡

Area

‡

Speed

‡

Tacho up to 4 axles

‡

Alarm on each function

‡

Easy to install

‡

Bin / Tank full

‡

Bin / Tank empty

Proudly Made

in South Africa

Tel: 012 345 3193

Fax: 012 345 6763

Web:

www.electrolee.co.za

Email:

info@electrolee.co.za

Sales:

sales@electrolee.co.za

Planter Monitor

‡

Seed per 100m per row, seed population

‡

Hectares worked and much more

‡

Easy to install and maintain

‡

Fertiliser and turning of axles

‡

Can be applied to most planters

‡

Real tough, rust and water resistant

Suid-Afrika druk stempel af by

internasionale saadkongres

D

ie Suid-Afrikaanse kultivar- en tegnologie-agentskap

(Sacta) is uitgenooi om deel te neem aan die International

Seed Federation (ISF) World Seed Congress, wat gedu-

rende Mei vanjaar in Hongarye plaasgevind het. Sacta is

daar verteenwoordig deur sy voorsitter, mnr Andries Theron.

Die eerste internasionale saadkongres het in 1924 in Londen plaas-

gevind en tans is hierdie die ISF se vlagskip-geleentheid, waar

hoofargitekte en besluitnemers van die internasionale saadbedryf

byeenkom. Vanjaar was betrokkenheid, kommunikasie en deursig-

tigheid boaan die agenda.

Hoogtepunte van die kongresprogram het ‘n paneelbespreking

oor sosiale media en een oor die versterking van vennootskappe

met kleinboere ingesluit. Hoofsprekers het onder andere hul

perspektiewe op wetenskap in die media en die effektiewe gebruik

van sosiale media aangeraak.

Op 24 Mei het Theron – wat ook voorsitter van Graan SA se Win-

tergraanwerkgroep is – die geleentheid gehad om die meer as

1 680 afgevaardigdes uit 68 lande in te lig oor die huidige eindpunt-

tantiememodel wat vir die Suid-Afrikaanse wintergraanbedryf in

plek gestel is. Hy het ook die toekomsplanne rondom dié model

bespreek.

“Al is eindpunt-tantieme nie uniek in die wêreld nie, was hierdie

‘n fantastiese geleentheid om Suid-Afrika se unieke model aan

die wêreld te verduidelik,” het hy genoem en bygevoeg dat dit

ook ‘n wonderlike netwerkgeleentheid was om Suid-Afrika as

besigheidsbestemming te bemark.

Volgens Theron is hierdie kongres ‘n platform waar daar toegang

tot die beste tegnologie in die wêreld is en enige iets wat vir die

saadbedryf beskikbaar is, sal hier aangetref word. Hy was baie

beïndruk met wat hy daar waargeneem het en aangenaam verras

om lede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Saadorganisasie

(SANSOR) daar raak te loop.

“Ek was verstom oor die belangstelling uit verskeie wêrelddele in

Suid-Afrika,” gesels hierdie produsent uit Moorreesburg. “Mense

het ongelukkig wanpersepsies oor Suid-Afrika en dit het my die

geleentheid gebied om sake in perspektief te stel – dat Suid-

Afrikaanse produsente na volhoubare landbou en voedselseker-

heid streef.”

Die kongres het ook die bekendstelling van die World Seed Part-

nership waargeneem – ‘n spanpoging deur The Organisation for

Economic Co-operation and Development (OECD), International

Seed Testing Association (ISTA), International Union for the Protec-

tion of New Varieties of Plants (UPOV) en ISF om die ontwikkeling

van die internasionale saadsektor te ondersteun om sodoende

bestendige saadstelsels internasionaal te bewerkstellig.

Ná afloop van die kongres het Theron en sy vrou, Karin, die voor-

reg gehad om die Hongaarse platteland vir ‘n paar dae te verken.

Hulle het verskeie plase in die plattelandse dele van Hongarye

besoek en is geweldig beïndruk met die landboubedryf daar.

“Met die gunstige reënval, vrugbare grond en die tegnologie wat

Hongaarse produsente tot hul beskikking het, sal Suid-Afrikaanse

produsente beslis daar kan floreer,” sê hy oor die Hongaarse

landboubedryf.

Landbou is ‘n belangrike sektor vir die Hongaarse ekonomie, met

ongeveer 70% van die grond wat geskik is vir landbouproduksie. Op

meer as 70% van die bewerkbare grond word gewasse soos koring

en mielies geproduseer. Ander gewasse wat aangeplant word, is

sonneblom en gars.

Die volgende ISF World Seed Congress vind in Junie 2018 in

Brisbane, Australië plaas.

FOKUS

Wintergraanstreek

Spesiale

LOUISE KUNZ,

SA Graan/Grain

medewerker

1: Die 2017 ISF interna-

sionale saadkongres het

van 22 tot 24 Mei in die

internasionaal-bekende

Budapest Exhibition and

Congress Centre, Hung-

expo, wat ongeveer

4 km buite die mid-

destad van Boedapest

geleë is, plaasgevind.

Foto:

http://www.

worldseed.org/congress/

isf-world-seed-congress-

2017/#photo