Background Image
Previous Page  69 / 116 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 69 / 116 Next Page
Page Background

67

October 2017

OP PLAASVLAK

Kwaliteit van insette máák saak

CORNÉ LOUW,

senior ekonoom, Graan SA

INSET

-oorsig

p

rodusente

spandeer

jaar-

liks

miljoene

rande

aan

produksie-insette, nou waar-

om kanse vat met die kwa-

liteit daarvan? Graan SA staan

deurentyd sy lede by om te help

met die beslegting van insetgeskille, waar

die kwaliteit van insette skade aan die lid

se oes veroorsaak het. Die afgelope seisoen

was weer eens ‘n bewys daarvan toe heel-

party insetprobleme by Graan SA aange-

meld is. Hier volg ‘n paar algemene wenke

vir die aankoop en gebruik van insette om

risiko’s te verminder.

Die gebruik van ongetoetste insetmidde-

le en die aankoop van insetmiddele by

onbekende verspreiders stel produsente

jaarliks aan groot risiko’s bloot. Let hierop:

Maak seker dat die insetverskaffer ‘n

erkende maatskappy met ‘n bewese re-

kord is.

Sorg dat alle aanbevelings sover moont-

lik op skrif gestel en bewaar word.

Probeer om rekord te hou van alle aan-

kope.

Gaan die kwaliteit van die insetmiddel na.

Wanneer saad behandel word, moet

dit deur die saadmaatskappy self of

met gesertifiseerde saadbehandelings-

toerusting gedoen word.

Wanneer landbouchemikalieë aange-

koop word, maak seker dat:

die middel geregistreer is onder Wet

36 van 1947 vir die doel van gebruik;

die maatskappy wie se middel dit is,

lid van CropLife is; en

die verspreidingsmaatskappy lid van

CropLife is en die agent gekwalifi-

seer is.

Dit bied ekstra gemoedsrus as ‘n maat-

skappy waarby aangekoop word, ‘n lid

van ‘n sambreelorganisasie is, soos

SANSOR (saad), Fertasa (kunsmis),

CropLife

(landbouchemikalieë)

en

SAAMA (landboumasjinerie).

Raadpleeg die

2017 MIG

-publikasie van

LNR-Graangewasse.

Gebruik oor die algemeen klein kontroleper-

sele om nuwe insetmiddele te toets alvorens

dit op groot skaal gebruik word. Moet nie ‘n

nuwe middel op al jou hektare gebruik nie.

Wat Rhizobium-bakterieë betref, is dit be-

langrik dat slegs geregistreerde (L-registra-

sie onder Wet Nr. 36 van 1947) entstowwe

gebruik moet word. Die spesifieke produk

moet ook verkieslik deur die betrokke saad-

maatskappy wie se saad geplant word,

aanbeveel word. Moenie nuwe produkte

op groot skaal gebruik nie. Produsente

wat hul entstof wil laat toets om seker te

maak dat dit lewensvatbaar is, kan die LNR-

PPR (Roodeplaat) hiervoor kontak.

Kontak Francina Bopape by

PhalaneF@arc.

agric.za

, Poppie Mthimunye by

Mthimu-

nyeP@arc.agric.za

of dr Ahmed Hassen by

HassenA@arc.agric.za

of skakel hulle by

012 808 8138.

Kwaliteitsprobleme

Wanneer probleme met die kwaliteit van ‘n

inset vermoed of ondervind word, moet die

volgende stappe gevolg word:

Kontak so gou moontlik die verteen-

woordiger van wie die insetmiddel

aangekoop is en dring op ‘n ter plaatse

ondersoek aan. Hou ook rekord van da-

tums en gesprekke.

Versamel en stel soveel moontlik in-

ligting op skrif, neem foto’s of maak

video-opnames om na terug te verwys.

Daarna moet die volgende stappe oorweeg

word indien die probleem nie opgelos is nie:

Vir lede, stel Graan SA in kennis indien

die maatskappy nie die nodige aandag

en oplossings vir die betrokke probleme

kan verskaf nie; en

tree in verbinding met ‘n onafhanklike

wetenskaplike om ‘n ter plaatse onder-

soek te doen.

Moenie te lank hiermee wag nie. Hoe langer

hiermee gesloer word, hoe groter uitda-

ging raak dit om te bewys dat dit kwali-

teitsprobleme is wat skade veroorsaak het.

Saad

Ingeval ‘n produsent, nadat die saak reeds

met die verteenwoordiger en die maatskap-

py wat die saad verskaf het, opgeneem is,

steeds vermoed dat daar probleme met die

saad is wat hy aangekoop het, kan hy die

Departement van Landbou, Bosbou en Vis-

serye kontak, wat dan ‘n handelskontrole-

ondersoek ingevolge die Plantverbeterings-

wet doen. Die kontakbesonderhede is soos

volg:

Oos-Kaap:

Gerald Jack by 041 484

2725 of Felicity Daniels by 041 484 2725,

Vrystaat:

Zanele Buhlungu by 051 406 0967,

Gauteng:

Christo Botha (Pretoria) by 012

319 6139 en

Wes-Kaap:

Christo Gouws by

021 809 1709.

Produsente word aanbeveel om rekord

van lotnommers of kodenommers te hou,

aangesien indieningsmonsters van alle

saadlotte by die betrokke geregistreerde

saadlaboratoriums waar kwaliteitskontrole

vir dispuutondersoeke uitgevoer word, be-

skikbaar is. Tydens die aankope van saad be-

hoort ‘n ontledingsertifikaat ten opsigte van

die kwaliteit van die spesifieke saadlot, wat

uitgereik is deur ‘n geregistreerde saadla-

boratorium, aangevra te word. Produsente

word ook aangeraai om die fisiese sak en

etikette wat aan die sak aangebring is, te

bewaar sowel as die faktuur wat uitgereik is

vir die aankope van die spesifieke lot.

Kunsmis

Ál meer ongetoetste produkte is in die mark

beskikbaar raak. Moet nie nuwe middels op

groot skaal gebruik nie. Laat toets jou kuns-

mis onafhanklik. Dit is uiters belangrik dat

kunsmismonsters reg geneem moet word.

Kunsmismonsters om kunsmiskwaliteit te

toets, moet in samewerking met die kuns-

mismaatskappy geneem word. Produsente

kan in dié verband vir Graan SA, Fertasa of

vir mnr William Deale direk kontak vir die

neem en ontleding van monsters. Kontak

William Deale by 083 947 2389.

Indien ‘n produsent steeds vermoed dat

daar probleme is met die kunsmis wat ge-

koop is, kan hy Graan SA skakel of ‘n klagte

direk by die Registrateur van Wet 36 van

1947 aanhangig maak.

Landbouchemikalieë

Die kwaliteit van landbouchemikalieë kan by

die SAGL se laboratorium laat toets word.

Kontak Cecilia Breedt by

Cecilia.breedt@

sagl.co.za

, 012 807 4019 x 2023 of 082 458

9327.