Background Image
Previous Page  59 / 116 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 59 / 116 Next Page
Page Background

57

October 2017

in jou

toolbox

te kry. Dit is ander chemikalieë wat op gars gebruik

word en dit lewer ‘n bydrae met onkruidbestuur en onkruid-

doderweerstandsbeheer.”

Met dié dat geenbewerking ingespan word, moet chemiese bespui-

ting effektief toegepas word. “Dit is ‘n uitdaging om weerstandigheid

te voorkom en die beskikbaarheid van nuwe chemie te beskerm.”

Weerstandbiedende raaigras is ‘n groot probleem in die Swartland

en volgens Andries is dit duur om effektief te beheer. Die effektiwiteit

van beheer hang van die voor-opkomsonkruiddoders af – asook van

beskikbare grondvog. “Die middels moet oordeelkundig gebruik

word, want daar gaan nie gou nuwe chemikalieë beskikbaar wees

nie,” waarsku hy.

Presisieboerdery en rekordhouding

Andries-hulle is in die proses om presisieboerdery oor die volgen-

de drie jaar in hul boerdery in te faseer. Akkurate rekordhouding

is volgens hom kritiek belangrik. “Jy gaan nie weet as jy nie meet

nie. Jy moet weet hoe jou kostestruktuur lyk, anders kan jy dit nie

bestuur nie en dit sal fataal vir jou boerdery wees.”

Georganiseerde landbou

Andries se pa was ook al die jare betrokke by georganiseerde land-

bou en Andries het in sy voetspore gevolg. “Koringberg, die ge-

meenskap waar ek boer, het my destyds gehelp toe ek begin boer en

dit swaar gegaan het. Ek wou graag terugploeg in die gemeenskap.”

Hy het by die boerevereniging aangesluit, later betrokke geraak

by die distriksboerevereniging en uiteindelik by Agri Wes-Kaap.

Na die deregulering van die koringbedryf het hy betrokke geraak

by die Wintergraanprodusente-organisasie (WPO). Hy was intens

betrokke by die herstrukturering van die koringbedryf en was

passievol teen die liggingsdifferensiaal gekant. Hy vertel laggend

dat hy destyds vir verkiesing tot Graan SA se Hoofbestuur gestaan

het omdat hy gedink het hy gaan “gou ontslae raak van die

liggingsdifferensiaal”, maar vandag – amper twaalf jaar later – is hy

steeds by die organisasie betrokke.

Andries is in 2006 tot Graan SA se Hoofbestuur verkies en in 2010

tot visevoorsitter van die organisasie. Hy het in Maart vanjaar as

visevoorsitter uitgetree, maar dien steeds op die Hoofbestuur as

gekoöpteerde spesialisverteenwoordiger vir wintergrane.

Hy het aanvanklik by die Proteïennavorsingstigting (PNS) betrokke

geraak om kanola as volwaardige kontantgewas gevestig te

kry. Vandag is hy ondervoorsitter van die PNS en geniet hy die

rol wat hy daarin speel verskriklik. Verder is hy ook betrokke

by die Wintergraantrust en sê dat dit veral ‘n uitdaging is om

alternatiewe modelle vir die befondsing van nuwe kultivars te

ondersoek. Hy is besonder trots op die totstandkoming van

die Suid-Afrikaanse agentskap vir kultivar- en tegnologie-ontwik-

keling (SACTA) – en dien ook daar as voorsitter.

Koringomdraaistrategie

“Die koringomdraaistrategie het oor tyd plaasgevind en het ten

doel om die volhoubaarheid van koringproduksie – en natuurlik

koringprodusente – in Suid-Afrika te verseker.

“Die bedryf het vir lank op kwaliteit gefokus en ons het nagelaat

om ‘n balans tussen kwaliteit en opbrengs te handhaaf. Dit het

veroorsaak dat ons in ‘n swak mededingende posisie verval het.

Nuwe toetreders, soos die Swartseelande, het begin om ‘n fe-

nomenale rol in wêreldhandel te speel en ons moet met hulle in

die wêreldmark kompeteer. Ons het daarom by ‘n punt gekom waar

ons opbrengste kompeterend met die res van die wêreld s’n moes

wees en die gradering van koring aangespreek moes word.

“Die speelveld moet net gelyk wees met ‘n geleentheid om

kompeterend met ander lande mee te ding. Ons kan nie kompeteer

met die subsidies wat oorsese produsente ontvang nie en het ‘n

tarief nodig om ons te beskerm,” benadruk hy.

Graan SA en die pad vorentoe

“Dit is fantasties dat daar ‘n organisasie soos Graan SA is.

Ja, heelwat mense kritiseer Graan SA, maar wat gaan gebeur as

Graan SA uit die speelveld geneem word?

“Die regering van die dag is ‘n realiteit en Graan SA moet sy

verhouding met die regering uitbou om produsente se posisie by

hulle te stel. Die organisasie moet aanpas by die regering se manier

van onderhandelings en gesprekvoerings en Graan SA is reg

geposisioneer om dít te kan doen. Graan SA se rol gaan in toekoms

heelwat groter word as dít waaraan ons gewoond is. Die organisasie

het uitstekende leiers en ek sien uit na die pad vorentoe saam met

hulle,” sê hy.

Andries glo ons gaan nog tot en met die volgende verkiesing unie-

ke uitdagings in die land beleef. Hy probeer egter om die mense

om hom positief te hou. “As jy negatief is, gaan geleenthede by

jou verby.”

Hy is positief oor hul boerdery se toekoms. “Jy hoef nie altyd hori-

sontaal uit te brei en jou boerdery groter en groter te maak nie. Jy

kan vertikaal ook uitbrei in waardetoevoeging. Raak betrokke in die

waardeketting of belê daarin. Beperk ook jou risiko – moenie alles

wat jy het net in jou boerdery belê nie.”

Maar is daar ‘n toekoms vir jongboere in Suid-Afrika? Hieroor voel

Andries ernstig. “Ek is baie positief daaroor ondanks al die uitda-

gings. Dit is my en my ouderdomsgenote se plig en verant-

woordelikheid om die gemors wat tans in die land gebeur, uit te

sorteer sodat ons vir ons kinders ‘n toekoms kan nalaat in hierdie

pragtige land van ons en in boerdery.

“Dit het ‘n kultuur onder ons mense geword om ‘weg te raak’ – te

onttrek. Ons bou ‘n figuurlike hoë heining om ons plaas en kruip daar

weg, maar ons moet meer betrokke raak en het ‘n verantwoordelik-

heid om vir ons nageslag ‘n toekoms te skep. Raak betrokke en

neem deel en maak mense wat dit kán doen se hande sterk. Dit is

hoekom ek doen wat ek doen,” sluit hy af.

“Ons het al ‘n klomp sakke sout saam opgeëet. Sonder haar sou ek nie

bereik het wat ek al bereik het nie. Ek het vroeg in my lewe besef my

vrou moet weet wat in die boerdery aangaan. Sy moet nie onrealistiese

verwagtinge hê nie en moet weet waarheen ons op pad is en wat ons

wil bereik,” vertel Andries oor sy vrou, Karin.