Oktober 2017
56
Kyk die lewe vierkantig
in die oë en gaan aan
–
Andries Th ron se raad in dié uitdagende jaar
D
ie huidige seisoen is ‘n strawwe een in die Swartland.
Waar Andries Theron in ‘n normale jaar gewoonlik
ongeveer 380 mm reën kry, het dit hierdie jaar nog net
119 mm gereën.
“My seun vra my: Hoe nou gemaak? Hierdie is nie die eerste droog-
te wat ons beleef nie – ons het al ‘n klompie sulke jare gehad. Ons
ouer boere moet nou die jonger boere moed inpraat,” gesels die
voorsitter van Graan SA se Wintergraanwerkgroep en voormalige
visevoorsitter van die organisasie.
“Onthou, jy is nie alleen in dié situasie nie. Praat met jou bure; praat
met jou gesin. As jy jou probleem met iemand deel, bly net die helfte
van die probleem oor. En gaan genoeg met vakansie. Nou wonder jy
seker hoe ek so-iets kan sê? Hoe kan ‘n mens in só ‘n tyd met vakan-
sie gaan? Dit is eenvoudig: Dit is maklik om nou negatief te raak.
Die droogte beïnvloed jou denke; jy raak depressief en neerslagtig
en dít is uiters gevaarlik – kom dus uit jou omgewing,” stel Andries
voor.
“Jy moet die droogte vierkantig in die oë kyk en aangaan. Bestuur
dit sodat jy volgende jaar weer kan plant en kan voortgaan. Glo in
jou Skepper – Hy sal nie ‘n venster toemaak sonder om êrens ‘n
deur vir jou oop te maak nie. Glo en vertrou op Sy bystand,” bena-
druk Andries.
Uitdagings van ‘n pa-en-seunboerdery
Andries boer die afgelope ses jaar saam met sy seun, Frikkie
(31). In ‘n pa-en-seunboerdery is daar gewoonlik heelwat kop-
stampgeleenthede, maar in hulle geval was die uitdagings van
saamboer anders.
“Ek was nie in die week by die huis nie en het die boerdery van
‘n afstand af bestuur – ons was nie heeldag in mekaar se hare nie.
Frikkie is redelik aan die diepkant ingegooi en hy moes vroeg al
verantwoordelikheid vir sy besluite neem.
“Dit is vir my altyd interessant om te sien hoe mense aan mag
vasklou. As jou seun op 32 of 35 nog nie verantwoordelikheid
vir die boerdery kan aanvaar nie, gaan hy dit nie op 40 hê nie en
ook nie op 50 nie,” meen Andries. “Dit is vir my ‘n voorreg om dít wat
ek bymekaar gemaak het, aan my seun te kan oordra.”
Andries is deesdae meer betrokke by die bestuur van die boerdery
en gee advies (volgens hom soms ongevraagd!) terwyl Frikkie
vera twoordelik is vir die praktiese uitvoering van die boerdery-
take. Andries self fokus meer op hul skaapboerdery en geniet dit
ongelooflik.
Op my vraag oor watse raad hy vir pa’s en seuns het wat saamboer,
antwoord Andries: “Wees ‘n mentor – gee leiding waar nodig. En
die seun moet weer na sy mentor luister. Jy gaan foute maak. Dit is
nie óf jy ‘n fout gaan maak nie; dit is hoe jy daarna opstaan. Wat het
jy geleer? Moet dit nie herhaal nie. Bou daarop vir die toekoms.
“Ons as ouers moet ons kinders só toerus dat hul kan opstaan en
aangaan na die foute wat hulle gemaak het,” gee hy raad.
Bewaringslandbou
Sedert 2002 het Andries begin om geenbewerkingspraktyke toe
te pas. “Voor dit het ons al begin met verminderde bewerking. In
2003 het ek ‘n gedeelte van my grond konvensioneel bewerk en op
‘n gedeelte geenbewerkingspraktyke toegepas. Die praktyk het ‘n
ongelooflike verskil aan die grond gemaak. Sedertdien pas ek net
geenbewerking toe,” vertel Andries.
“Ons woon in ‘n gedeelte van die land waar droogte nie vreemd is
nie. Bewaringslandboupraktyke maak definitief dat ‘n mens die
droogte makliker kan hanteer. Ek voel jammer vir ouens in die Wes-
Kaap wat dit nog nie toepas nie. Die kosteknyptang sou my al ‘n
hele paar jaar gelede uit produksie gehaal het as ek nie bewa-
ringslandbou begin toepas het nie. Ons grondvrugbaarheid het
toegeneem, opbrengste het verhoog en bewerkingskoste het af-
geneem,” verduidelik Andries.
Hy beklemtoon egter dat elke produsent ‘n bewaringsbewerking-
stelsel moet vind wat by sy spesifieke omstandighede pas. “Elkeen
se grond en plaas in uniek – daar is nie ‘n enkele stelsel wat almal
pas nie.”
Verder speel wisselbou ‘n belangrike rol in die boerdery. “Ek het
in 1996 laas monokultuurkoring geplant. Vandag bestaan ons wis-
selboustelsel uit medics/koring/peulgewasse/koring. Ons het die
afgelope paar jaar ook begin om kanola in die stelsel in te bring
(10% van ons grond word onder kanola verbou) en dit pas perfek
in by ons boerdery.”
Andries-hulle was verlede jaar ook een van vier produsente in die
Swartland wat vir die eerste keer gars geplant het. “Ons moet kyk
na alternatiewe vir koring en gars is ‘n manier om nog ‘n gewas
FOKUS
Wintergraanstreek
Spesiale
ESTIE DE VILLIERS,
redakteur, SA Graan/Grain
Agtergrond
Andries Theron is ‘n gebore en getoë Swartlander: Hy is op hul familieplaas, Soutkloof, waar hy tans nog boer, gebore en was
op Koringberg op laerskool. Hy het met die skoolbus Moorreesburg Hoërskool toe gery. Daarna het hy aan die Universiteit van
Stellenbosch gaan studeer.
“Almal vra altyd wat ek geswot het...so min as moontlik! Ek het aan my sosiale vaardighede gewerk,” spot Andries. Na die vol-
tooiing van sy landbou-ekonomiegraad is hy Weermag toe en in 1984 is hy en sy vrou, Karin, plaas toe. Sy pa is ‘n klompie jare
voordat hy kom boer het, oorlede en die pasgetroude paartjie het die boerdery oorgeneem en dit begin bou en uitbrei.
Die Therons het twee dogters en ‘n seun en Andries se eerste naamgenoot word vroeg in Oktober gebore.