Background Image
Previous Page  44 / 112 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 44 / 112 Next Page
Page Background

FOKUS

Spesiale

Oktober 2015

42

Voorkom en beheer

hittestres só

JAN DU PREEZ,

spesialis in Veterinêre Volksgesondheid

A

l die aktiwiteite of maatreëls wat gebruik word om hitte-

stres te beheer en help voorkom, is daarop gefokus om te

voorkom dat die melkkoei se normale liggaamstemperatuur

(37,5°C tot ongeveer 38,5°C) verhoog met ongeveer 1°C tot

1,5°C of hoër.

Alhoewel die melkbees ‘n homeostatiese dier is (probeer die nor-

male liggaamstemperatuur konstant hou) ervaar hulle hittestres as

die omgewingsfaktore sekere limiete oorskry. Deur die melkkoei se

omgewingstemperatuur te verlaag, verdampingsverkoeling te ver-

hoog asook die melkkoei se natuurlike meganismes van hitteverlies

te bevorder, kan bydra daartoe om hittestres te beheer en te voorkom.

Ten spyte van die koei se baie doeltreffende termoregulerende

meganisme om van haar hitte ontslae te raak, oorweldig baie hoë

omgewingstemperature hierdie meganisme wat lei tot hoë liggaams-

temperatuur (hipertermie) wat die koei se prestasie benadeel.

Die stort van koeie en lugbeweging (deur waaiers) ná sy gestort is,

is baie doeltreffend om hittestres te help voorkom en te beheer.

Aksies en aktiwiteite wat geneem kan word om hittestres by melk-

beeste te help voorkom en beheer is:

Skaduvoorsiening: Kunsmatige of natuurlike skaduvoorsiening

is van die belangrikste maatreëls wat getref moet word teen

hittestres.

Lugbeweging: Voorsien waaiers om die lug te beweeg in die

opvangskraal, voor die stal of by die voerbakke. Verseker dat

natuurlike ventilasie optimaal is.

Benatting (stort): Spuit die melkkoeie minstens een keer per dag

(om 14:00) nat en waai hulle dan koel met waaiers.

Aktiwiteite: Beperk hantering en aktiwiteite van melkkoeie ge-

durende die warmste tyd (11:00 tot 15:00) van die dag.

Voeding: Verhoog die kragvoer in die rantsoen gedurende hitte-

stres. Die hitte-inkrement van die voer moet so laag as moontlik

wees. Voerbakke moet onder skadu wees.

Seleksie en teling: Selekteer en teel waar prakties moontlik melk-

koeie wat meer aanpasbaar en tolerant is teen hittestres.

Area van melkboerdery: Ooreenkomstig die hittestreskaarte en

hittestreswaardes moet besluit word in watter deel van die land

‘n melkery bedryf moet word.

Watervoorsiening: Voldoende skoon, vars water (

ad libitum

)

waarvan die temperatuur nie hoër as 21°C is nie. Waterbakke

moet onder skadu wees.

Melkras: Jersey-koeie kan hittestres bietjie beter hanteer as

Holsteins of Ayrshires.

Natuurlike skaduvoorsiening as

afkoelmetode

Bome is seker die goedkoopste asook mees doeltreffende manier

om beeste van skadu te voorsien. Die koei se keuse van skadu sal

eerder bome wees as mensgemaakte strukture. Bome beskerm

beeste baie doeltreffend teen straling en die vogverdamping vanaf

die blare verkoel die omgewing.

Die probleem met bogenoemde is egter bekend. Meeste bome vrek

as gevolg van kompaktering en akkumulasie van mis en urine asook

dat die bas gestroop word deur die beeste. Indien die bome be-

skerm moet word, behoort dit op hulle skadurand omhein te word,

wat natuurlik ondoeltreffend is vir benutting van die skaduwee deur

die diere.

Indien die water en voer nie naby skaduvoorsiening is nie, vreet en

suip hulle nie genoegsaam nie. Waterbakke moet verkieslik nie onder

bome geplaas word nie, want besoedeling deur blare van die bome

is soms ‘n probleem.

Straling speel ‘n baie belangrike rol in hittestres en verhoog

hittetoename direk en indirek by melkbeeste. Blokkering van die

uitwerking van straling deur doeltreffende skadustrukture verhoog

melkproduksie tot 10% of meer.

Permanente (behuising of afdakke) of ver-

skuifbare skadustruktuur as afkoelmetode

Met die ontwerp van permanente skadustrukture is die volgende as-

pekte van groot belang: Ligging, oriëntasie, vloerspasie, ventilasie,

muurkonstruksie, voer- en waterbakke asook die afvalbestuurstelsel.

Die plasing van die skadustruktuur (lang-as) in ‘n oos-wes-rigting

voorsien die meeste skadu onder die struktuur.

Waar koeie vry kan beweeg met die skadu van die struktuur, is ‘n

noord-suid-oriëntasie meestal beter. Met hierdie oriëntasie kan die

sonlig tot 50% van die skadugedeelte onder die struktuur gedurende

die oggend en agtermiddag uitdroog.

Dit is wenslik om ‘n sementblad wat nie glad is nie en groter is as die

struktuur se skaduvoorsiening, daar te stel. Die afvalverwydering-

stelsel moet doeltreffend funksioneer.

Diere

Natuurlike skaduvoorsiening as afkoelmetode gedurende hittestres is

goedkoop en doeltreffend. Dié tipe afkoeling is egter nie altyd volhou-

baar nie.

HITTESTRES

BY MELKBEESTE

3 van 3