Background Image
Previous Page  45 / 112 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 45 / 112 Next Page
Page Background

43

October 2015

Die volgende ontwerpoorwegings moet in gedagte gehou word:

Die area wat per koei benodig word, is 5 m².

Gebruik 85% - 95% groen skadunet as bedekking. Indien dakbe-

dekking soos sinkplate of asbesplate gebruik word, word dit

sterk aanbeveel om dit met wit dakverf te verf wat die stralings-

hitte drasties verlaag.

In kort

Wetenskaplike, etnologiese studies het bewys dat melk-

beeste met al hulle behoeftes, gedurende hittestrestye nie

in balans met hulle omgewing is nie. Hierdie wanbalans

veroorsaak dat die melkkoei dan nie presteer ooreenkom-

stig haar genetiese potensiaal nie.

Meer as 90% van Suid-Afrika se kommersiële melkbeeste

(550 000) gaan elke jaar gebuk onder hittestres gedurende

die laaste helfte van Oktobermaand tot die eerste helfte

van April. Hittestres het ‘n nadelige uitwerking op die alge-

mene prestasie van die melkkoei, gedrag, gesondheidsta-

tus, uiergesondheid, melkproduksie, melkkwaliteit en

melksamestelling, reproduksie, voeding en groei.

Hierdie nadelige uitwerking van hittestres by melkbeeste

kan met soötegnologiese tegnieke en optimale dierever-

sorging beperk en voorkom word. Doeltreffende voorko-

ming en beheer van hittestres by melkbeeste sal hulle

algemene gesondheid en prestasie tot voordeel wees

asook verbeter.

Omgewingsfaktore wat meewerk om hittestres by melk-

beeste te veroorsaak is hoë lugtemperatuur, hoë relatiewe

humiditeit, swak lugbeweging en hoë stralingshitte van

die son, ‘n sinkdak of baksteengebou. Die belangrikste

bydrae van bogenoemde faktore om hittestres te veroor-

saak is hoë lugtemperatuur. Verbeter of optimaliseer bo-

genoemde omgewingsfaktore, want dit sal hittestres help

verlig of voorkom.

Koeibehuising verskaf baie doeltreffende skaduvoorsiening. Voedingsbestuur ten opsigte van hittestres in koeibehuising is prakties en maklik

uitvoerbaar.

Die hoogte van die struktuur moet 3 m en hoër wees.

Indien die struktuur permanent bevestig word, oriënteer dit lie-

wers noord-suid in lengte. Dit sal verseker dat die skaduwee saam

met die sonbeweging skuif en onnodige nat kolle verminder.

Verskuifbare strukture moet geanker wees teen sterk winde.

Vooropvangskraalafkoeling met sproeiers

en waaiers (stort)

Hierdie afkoelmetode is ‘n baie bestuursvriendelike metode vir toe-

stande in Suid-Afrika veral as daar drie keer per dag gemelk word.

Dis gewens dat die koeie tussen 12:00 en 14:00, vóór melking, in die

vooropvangkraal gestort word.

Die volgende ontwerpoorwegings is van praktiese belang:

Indien die lugtemperatuur bo 23°C styg, moet die koeie gestort

word. Dit is verkieslik dat ‘n outomatiese stelsel wat deur ‘n ter-

mostaat beheer word, geïnstalleer word.

Koeie kan vir 30 sekondes tot 2 minute eenmalig gestort word, op

die warmste tyd van die dag of met tussenposes van 15 minute

vir nog ‘n paar keer as dit prakties uitvoerbaar is. Nadat die koeie

gestort is, moet die waaiers aanhoudend waai.

Die mees algemene fout wat gemaak word met die stort van

die koeie, is dat te veel water per koei gebruik word. Afkoeling

van die koei deur verdamping is dan minder doeltreffend. Daar

moet verseker word dat die vors agter die waterdruppel (moenie

te klein wees en ‘n mis veroorsaak nie) genoegsaam is dat die

koei se haarkleed benat word tot op die vel. Verdamping van die

water vanaf die hare en die vel koel die koei dan doeltreffend af.

Die vooropvangsarea (afkoel-area) moet met glyvaste beton

beklee wees met ‘n helling van ongeveer 3% vir doeltreffende

dreinering.

Sowat 1,5 m²-area moet per koei toegelaat word.

Skadunetbedekking van 3 m - 4 m hoog word aanbeveel

(85% - 95% groen skadunet). Die struktuur van die skadunet

moet stewig wees.

Aksiale waaiers vir die opvangskraal kan gebruik word. Vier

waaiers per 100 koei-eenheid.