Background Image
Previous Page  40 / 112 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 40 / 112 Next Page
Page Background

Oktober 2015

38

Die nadelige effek

van hittestres op prestasie

JAN DU PREEZ,

spesialis in Veterinêre Volksgesondheid

FOKUS

Diere

Spesiale

I

n dié artikel word al die nadele van hittestres in besonderhede

bespreek.

Hittestres wat die liggaamstemperatuur van die koei met 1°C tot

1,5°C verhoog, verleng die oestrussiklus (dit is 25 - 28 dae in plaas

van 21 dae) en verkort die oestrusperiode, konsepsie daal, embrio-

mortaliteit styg met ‘n ooreenkomstige verlaagde vrugbaarheid en

plasentale wanfunksie. Die tyd wat die koei op hitte is, verkort.

Soms is die duur van die tydperk wat die koei op hitte is net vier tot

agt ure in plaas van 16 ure. 12 ure voor kunsmatige inseminasie (KI)

en vier tot ses dae ná konsepsie is die mees kritieke tyd vir embrio-

oorlewing met betrekking tot hittestres.

Fetale (ongebore kalfie) groei word vertraag en die dragtigheidstyd-

perk is korter met ‘n ooreenkomstige laer geboortemassa en laer

oorlewingsvermoë van die kalf. Die maksimum aanvoelbare tempe-

ratuur (hittestres) op die dag ná inseminasie het egter die grootste

uitwerking op die konsepsie (bevrugting).

Die meeste resorpsies by dragtige melkbeeste in Suid-Afrika is as

gevolg van hittestres.

Hittestres verlaag die bul se libido, sperms se beweeglikheid, die

konsentrasie neem af en daar is ‘n verhoogte persentasie abnor-

male sperms.

Indien die temperatuurhumiditeitsindeks (THI) beskikbaar is (kon-

tak die outeur in verband hiermee), kan die konsepsietempo (KT) in

melkbeeste in ‘n spesifieke omgewing vir ‘n spesifieke tydperk van

die jaar, met die formule (KT% = - 890,2 + 31,15THI - 0,253THI²)

bereken word.

Hoe hoër die temperatuurhumiditeitsindeks (gewoonlik gedurende

warm maande) in ‘n area volgens bogenoemde formule, hoe laer

is die konsepsietempo en omgekeerd (sien

Grafiek 1

,

Figuur 1

en

Figuur 2

).

Die kritieke temperatuurhumiditeitsindeks (hittestres) waarde vir re-

produksie vir melkbeeste is 65. Indien die konsepsietempo minder

as 65 word, verlaag die konsepsietempo drasties (sien Grafiek 1).

Bogenoemde formule kan ook as basis vir konsepsietempo in beeste

in die algemeen gebruik word.

Groot verliese weens verlaagde konsepsietempo word in Suid-Afrika

as gevolg van hittestres gedurende die

maande met ‘n hoë temperatuurhumiditeits-

indeks ondervind. Indien kunsmatige in-

seminasie (KI) gedoen word gedurende die

warm tye van die jaar, kan die koeie tydens

die dag van inseminasie tot ses dae ná in-

seminasie verkoel word deur hulle gereeld

nat te spuit, skadu te voorsien en voorsorg

te tref.

Bogenoemde verkoelingsmaatreëls sal by-

dra tot ‘n verhoogde konsepsietempo. Ge-

durende Februarie, in die meeste melkpro-

duserende dele van Suid-Afrika (Figuur 1),

is die gemiddelde konsepsietempo in melk-

beeste 30% - 59% en dit kan aansienlik (met

10% - 30%) verhoog word deur middel van

doeltreffende voorkomende verkoelings-

maatreëls wat hittestres in die koei verlig.

Die meeste melkbeeste in Suid-Afrika

se konsepsietempo is gedurende Febru-

arie minder as 42% (Figuur 1) as daar nie

doeltreffende voorkomende verkoelings-

maatreëls getref word nie. Gedurende

Juliemaand (Figuur 2) is die gemiddelde

konsepsietempo by melkbeeste in Suid-

Afrika, meer as 67% indien daar nie ge-

slagsiektes of ander nadelige invloede op

reproduksie aanwesig is nie.

GAUTENG

VRYSTAAT

NOORDWES

NOORD-KAAP

NAMIBIË

BOTSWANA

OOS-KAAP

WES-KAAP

LESOTHO

KWAZULU-NATAL

LIMPOPO

MPUMALANGA

BEVRUGTINGSTEMPO (%)

> 67

62 - 67

59 - 62

49 - 59

42 - 49

< 42

Figuur 1: Kartering van konsepsietempo’s by melkbeeste in Suid-Afrika en Namibië vir Februarie

ooreenkomstig met hittestres (temperatuurhumiditeitsindeks) waardes.

HITTESTRES

BY MELKBEESTE

2 van 3