Background Image
Previous Page  42 / 112 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 42 / 112 Next Page
Page Background

Oktober 2015

40

FOKUS

Diere

Spesiale

behou deur posturale aanpassings, benatting van die veloppervlakte

waar moontlik, in nat plekke lê, skadukolle te soek, meer te sweet,

suboptimale vertoning, vinniger asem te haal, te hyg en kortasem

te wees asook verminderde voedingstye gedurende die spitstem-

peratuur van die dag.

Daar kan ‘n aktivering van latente (sluimerende) virusse plaasvind,

wat ‘n gunstige omgewing skep vir sekondêre bakteriese infeksies.

Algemeen gesproke benadeel hittestres die gesondheid en presta-

sie van melkbeeste.

Vrektes (mortaliteit)

Vrektes by beeste in baie warm klimaatstreke kan gewoonlik geas-

sosieer word met hantering, diere wat té saamgedronge is en by

die vervoer van die diere. Mortaliteit styg waar die noodkategorie

van die temperatuurhumiditeitsindekswaarde (hittestres >82) van

toepassing is.

Vrektes in Suid-Afrika by beeste is onbekend en onwaarskynlik

omdat lewensgevaarlike hittestresperiodes nie hier voorkom nie.

Erge hittestresperiodes in Suid-Afrika be-

nadeel wel die diere se vertoning baie.

Dit word aanbeveel om indien moontlik

nie ‘n melkery of ‘n voerkraal te begin in

‘n area waar die temperatuurhumiditeits-

indekswaardes 82 oorskry nie. Waar erge

hittestres (temperatuurhumiditeitsindeks-

waarde >82) voorkom en melkerye moet

daar gevestig word, moet doeltreffende

voorkomingsbeheer teen hittestres inge-

stel word.

Hittestres kan beperk of

voorkom word

Die nadelige uitwerking van hittestres

by melkbeeste kan met soötegnologiese

tegnieke en optimale diereversorging be-

perk of voorkom word. Dit is koste-effek-

tief om voorkomende maatreëls en aksies

in te stel om hittestres te help voorkom en

te beperk.

Die nadelige effek

van hittestres

Melkbeeskalwers moet teen erge hittestres beskerm word vir be-

vredigende gesondheid en massatoename.

Beeste wat in voerkrale aangehou word, moet ook beskerm word

teen hittestres vir bevredigende massatoename. Skaduvoorsiening

is die minimum voorsorgmaatreël wat geneem behoort te word vir

bevredigende prestasie by veral melkbeeste asook voerkraalbeeste

wat gebuk gaan onder hittestres.

Daar moet verseker word dat kalwers wat hans groot gemaak word,

doeltreffend beskerm word teen hittestres vir bevredigende massa-

toename en algemene gesondheid.

Gedrag en gesondheidstoestand

Diere se eerste reaksie op hittestres, wanneer die liggaamstem-

peratuur met 1°C tot 1,5°C verhoog, is om die verlies van hitte te

verhoog en gelyktydig daarmee hitteveroorsakende funksies te

verminder (loop minder en is traag). Daar is ook ‘n gedragsveran-

dering by diere wat aan erge hittestres blootgestel is, in ‘n poging

om homeostase (‘n neiging tot stabiliteit in die normale liggaam) te

Hierdie koei staan spontaan in die vuil afloopwater omdat sy hittestres

ondervind.

Grafiek 1: Konsepsietempo’s by melkbeeste in Suid-Afrika ooreenkomstig met hittestres (tempera-

tuurhumiditeitsindeks) waardes.

Die foto toon ‘n eierstok (

ovarium

) met ‘n geelliggaam (

corpus luteum

)

van ‘n koei wat sewe weke dragtig was. Met hittestres verdwyn baie

koeie se geelliggaam en die koei resorbeer (absorbeer) dan die fetus.