Background Image
Previous Page  47 / 112 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 47 / 112 Next Page
Page Background

Dryf jou gewasse aan met

N-hanced-N

,

‘n nuwe kategorie ∑nhanced stikstofprodukte

vir verbeterde kwaliteit, opbrengs en wins.

011 317 2000 |

www.kynoch.co.za

Kyno

Plus

Ons stel bekend

die

stikstof

kragbron.

Farmisco (Edms) Bpk h.a. Kynoch Kunsmis Reg nr: 2009/0092541/07

KynoPlus

TM

is geregistreer as kunsmis groep 1 - K8024 (Wet 36 van 1947)

KynoPlus

™, die eerste produk in ‘n nuwe reeks

N-hanced-N

stikstofdoeltreffende kunsmismengsels.

KynoPlus

™:

• Word aangedryf deur

AGROTAIN

®, ’n vervlugtigingsinhibeerder wat

stikstofdoeltreffendheid verbeter en dus die beskikbare stikstof in die grond verhoog.

• Bied buigsaamheid in toediening.

• Verlaag saailingverlies en verbeter aanvanklike gewasgroei.

Die krag van

blou

sit die

groen

terug in jou gewasse.

Nie handeldrywend inWes-Kaap.

uppe marketing A12821

Seleksie en teling vir melkrasse wat meer

tolerant is teen hittestres

Seleksie en teling van melkbeeste (Holsteins en Ayrshires) met ‘n

laer metaboliese tempo, kort hare, glansende dun vel, eweredige

vetverspreiding in die spiere, goed gepigmenteerde vel, goeie bloed-

voorsiening en beweeglikheid van die vel, vroeë haarkleedwisseling

in die lente, ligter velkleur, relatiewe hoë voerinname vir hoë vlakke

van produktiwiteit met relatiewe lae vlakke van metaboliese hitte-

produksie, sal die koeie meer aanpasbaar maak vir warm en vogtige

omgewingstoestande. Jerseys kan hoër omgewingstemperature

beter hanteer as Holsteins.

Diereversorging

Enige aktiwiteite of hantering van melkbeeste gedurende die warm-

ste tyd van die dag (12:00 tot 14:00) moet liefs vermy of so ver

moontlik beperk word. ‘n Goed beplande tyd om melkbeeste te dip,

doseer, in te ent en melk moet eerder in koeler tye van die dag of

gedurende die nag plaasvind om stres te beperk of te voorkom.

Besprekings

Die grootste ontwikkelings en vooruitgang in die suiwelbedryf is ge-

doen in meer gematigde klimaatstoestande in die Westerse wêreld,

waar buitengewone klimaatstoestande nie geredelik voorkom nie.

Veranderde gedragspatrone wat by melkbeeste gedurende hitte-

stres voorkom, is ‘n teken dat voorkoming teen hittestres gedoen

moet word ter verhindering van die nadelige uitwerking daarvan. Die

bepaling van liggaamstemperatuur en asemhalingstempo is prak-

ties, maklik uitvoerbaar en geloofwaardige fisiologiese parameters

om hittestres by melkbeeste te bepaal.

Vir praktiese redes kan plasmakortisolvakke en melksamestelling nie

as die enigste maatstaf gebruik word vir die bepaling van hittestres

by melkbeeste nie, alhoewel dit aanduidings van akute of kroniese

hittestres gee. Daar is baie ander redes ook waarom ‘n melkkoei se

melksamestelling kan verander behalwe hittestres.

Vir meer inligting, kontak die outeur by

chantel.sm888@gmail.com.

Jersey-melkbeeste kan hittestres bietjie beter hanteer as Holsteins.