Background Image
Previous Page  46 / 112 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 46 / 112 Next Page
Page Background

FOKUS

Diere

Spesiale

Oktober 2015

44

Voedingsbestuur by melkbeeste tydens

hittestres

Die eerste en primêre voedingsbestuurstrategie is om die melk-

beeste teen ‘n hittestresomgewing te beskerm (natuurlike of

kunsmatige skaduvoorsiening) en om afkoelgeleenthede vir die koei

deur direkte verdampingsafkoeling en verlaging van die omgewings-

temperatuur te bewerkstellig.

Vir ‘n suksesvolle voedingsbestuurstrategie moet die aantal voe-

dings per dag vermeerder word, gee vars voer gedurende die nag

wanneer dit koeler is asook die verkoeling van die omgewing en/

of koei naby hulle vreetplek. Verhoog die energie asook die voe-

dingstowwe se digtheid van die rantsoen. Die energiedigtheid

van die rantsoen word verhoog deur die ruvoer-tot-konsentraat-

verhouding te verlaag. Verseker dat genoegsame verteerbare vesel

voorsien word dat normale rumenvertering plaasvind asook die

oordeelkundige byvoeging van vet.

Oorvoeding van hoogs verteerbare proteïene (byvoorbeeld lusern

of soja) gedurende hittestres verlaag voerinname en melkproduksie.

Skoon en genoegsame drinkwater (16°C tot ongeveer 5°C is

ideaal) is die belangrikste voedingstof vir melkbeeste gedurende

hittestres. Om water af te koel tot ongeveer 12°C is nie kostedoel-

treffend nie. Die dieetkonsentrasies van minerale (veral kalium, sout

en magnesium) en vitamiene (vitamien A, D en E) moet verhoog om

te kompenseer vir die verlaagde vrye (

ad libitum

) voer inname.

Stort en dan lugbeweging met waaiers, koel melkbeeste

doeltreffend af.

Skadunet moet minstens 3 m hoog aangebring word vir skaduvoor-

siening.

Melkbeeste staan in die water omdat hulle hittestres ervaar. Hulle kry

wel effens verligting as gevolg van hierdie gedragsverandering.

Al die melkbeeste staan spontaan in die koelte omdat hulle

hittestres ervaar.

Spasieer waaiers sowat 8 m uitmekaar.

Waaiers waai op koeie teen 30° met betrekking tot die vertikaal.

Monteer waaiers minstens 2 m bo vloeroppervlakte (met be-

skerming).

Gebruik sproeiers wat 180° spuit. Die water wat gebruik word vir

die stort van die koeie is ongeveer 5 liter per koei. Dit is raadsaam

om ‘n ingenieur hieromtrent te raadpleeg.

Melkkoeie wat doeltreffend gestort word, se afkoeling is ge-

noegsaam om die melkproduksie met 5% tot 10% te verhoog.

Afkoeling by melkportaaluitgang

Hierdie tipe afkoeling kan toegepas word waar koeie direk na melking

na aangeplante weidings stap om te vreet. Die beginsel bestaan dat

‘n hekkie wat oopgemaak word as die koei uit die portaal loop wat

‘n klep aktiveer en hoë-drukspuite benat die koei vir twee of meer

sekondes. Die sproeiers word só geplaas dat die naspeendoop-

ontsmettingsmiddel nie afgespuit word nie.

Verdampingverkoelingsisteme

Hierdie sisteme het dit ten doel om die omgewing en nie soseer die

koeie af te koel nie. Die koeie betree eenvoudig die dam as hulle hit-

testres ervaar. Die somatiese seltelling van koeie wat ‘n afkoeldam

gebruik, teenoor geen afkoeling, is gewoonlik minder.

Hierdie afkoelpraktyk word nie aanbeveel nie. Die afkoel van melk-

beeste wat op weidings loop verg meer bestuursinsette om hulle af

te koel en te beskerm teen hittestres.

Voorkom en beheer

hittestres só