Background Image
Previous Page  39 / 112 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 39 / 112 Next Page
Page Background

37

October 2015

Hittestres verleng die oestrussiklus en verkort die oestrusperiode.

Voeding

Met hittestres is daar ‘n afname in voerinname, veral ruvoer. Die af-

name in ruvoerinname speel ‘n rol in die verlaging van die bottervet-

persentasie van die melk. Die hitte-inkrement van die dier styg met

voeding waar die omgewingstemperatuur hoog is. Dit wil voorkom

asof die diere dan ‘n groter behoefte aan kalium in die rantsoen het.

Groei

Hittestres beperk die groei en massatoename van beeste, afhangen-

de van die genotipe en aanpasbaarheid. Beeste wat in voerkrale

aangehou word, moet beskerm word teen hittestres vir bevredi-

Figuur 4: Die getal melkbeeste verander deurentyd.

Bron: Philip Swart, MPO

gende massatoename. Skaduvoorsiening is die minimum voorsorg-

maatreël wat geneem behoort te word vir bevredigende prestasie by

voerkraalbeeste wat gebuk gaan onder hittestres.

Gedrag en gesondheidstoestand,

veral by melkbeeste

Daar is ‘n gedragsverandering in ‘n poging om homeostase te behou

deur posturale aanpassings, benatting van die veloppervlakte waar

moontlik, in nat plekke lê en verminderde voedingstye gedurende

die spitstemperatuur. Daar kan ‘n aktivering van latente virusse pla

asvind, wat ‘n gunstige omgewing skep vir sekondêre bakteriese

infeksies.

Mortaliteit (vrektes)

Mortaliteit styg waar die noodkategorie van die temperatuurhumi-

diteitsindeks van toepassing is. Dit word nie aanbeveel om ‘n melkery

of ‘n voerkraal te begin in ‘n area waar die temperatuurhumiditeits-

indekswaardes 82 oorskry nie.

Aanbevelings

Die meeste diere in Suid-Afrika en Namibië ondervind hittestres ge-

durende die vyf warm maande van die jaar (November tot Maart,

sien Figuur 1), met al die nadelige gevolge wat dit vir voedseldiere en

veral vir melkbeeste en hulle prestasie inhou.

Gedurende die koeler wintermaande (

Figuur 3

) ondervind melk-

beeste gewoonlik geen hittestres nie.

Vir meer inligting, kontak die outeur by

chantel.sm888@gmail.com.