Background Image
Previous Page  50 / 112 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 50 / 112 Next Page
Page Background

Oktober 2015

48

FOKUS

Diere

Spesiale

Handelsmerk: Die winkel se handelsmerk (100%)

Verpakkingsdatum (92%)

Klassifikasie: Lam- of skaapvleis (43%)

Bygevoegde geurmiddels (30%)

Handelsmerk: Unieke handelsmerk (32%)

Datum waarteen produk verkoop moet wees (32%)

Sagtheid (22%)

Waarborg van gehalte (22%)

Land van oorsprong (16%)

Vervaldatum (14%)

Gaarmaakvoorstelle (14%)

Byvoegings (14%)

Aanduiding van vetgehalte (11%)

Resep of voorbereidingsinstruksies (11%)

Geurigheid (8%)

Aanduiding of produk verouderd is (8%)

Regulerende omgewing

Die regulerende omgewing raak al meer ingewikkeld. Tans word die

etikettering van vars rooivleis deur drie stelle wetgewing beheer:

Regulasie 146/2010 oor die etikettering en advertering van voed-

selsoorte, wat deur die Departement van Gesondheid toegepas

word.

Regulasie 863 ingevolge die Wet op Landbouprodukstandaarde,

wat deur die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye

toegepas word.

Die Verbruikersbeskermingswet wat deur die Departement van

Handel en Nywerheid toegepas word. Dit behels onder meer dat

die verbruiker geregtig is op inligting oor ‘n spesifieke produk in

eenvoudige en verstaanbare taal. Die verbruiker is ook geregtig

op eerlike etikettering en bemarking en moet duidelik gewaarsku

word teen bestanddele wat allergieë kan veroorsaak.

Soos vroeër in die artikel genoem, fokus Suid-Afrikaanse verbruikers

veral op veiligheid, voorkoms, prys en eetkwaliteit as hulle rooivleis

koop. Die belangrikheid van prys is gewoonlik groter soos inkom-

ste daal.

Verder is dit belangrik om in ag te neem dat “eetkwaliteit” ‘n baie

omvattende term is wat aspekte soos smaak, aroma en die sagtheid

van die vleis insluit. Moontlik as gevolg van gebrekkige kennis van

die rooivleisklassifikasiestelsel speel klassifikasie-inligting nie op

hierdie stadium ‘n groot rol in verbruikers se besluitneming nie.

Dit is van kritieke belang dat verkopers van rooivleis, etiket-

inligting verskaf wat betroubaar is en ook die behoeftes van die ver-

bruiker aanspreek.

Hoe beskryf verbruikers rooivleis

Dit is van kritieke belang dat

verkopers van rooivleis etiket-

inligting verskaf wat betroubaar

is en ook die behoeftes van die

verbruiker aanspreek.

Vir die lae- en middel-inkomstegroep is die prys van beide bees- en

skaapvleis baie belangrik, terwyl die middel- en hoë-inkomstegroep

meer fokus op die vervaldatum van bees- en skaapvleis.

Die ondersoek na vleisveiligheid het getoon dat dit nie ‘n prominente

spontane bekommernis onder rooivleisverbruikers is nie, hoewel dit

‘n groot rol in die verbruiker se aankoopoorwegings speel. ‘n Sterk

verbintenis is gevind tussen rooivleiskwaliteit en rooivleisveiligheid.

Rooivleiskwaliteit word vereenselwig met kleur, varsheid, lae vet-

inhoud, reuk, of die vleis skoon is, gradering, sagtheid, voorkoms,

die tipe snit en smaak. Rooivleisveiligheid word vereenselwig met

faktore soos varsheid, kleur, gesondheid van vleis, reuk, gradering,

dat dit mense nie siek maak nie, algemene kwaliteit, verpakking, die

geloofwaardigheid van die handelaar en voorkoms van die produk.

Rooivleisklassifikasiestelsel

In die ondersoek met betrekking tot die rooivleisklassifikasiestel-

sel was dit duidelik dat die verbruikers in die lae-inkomstegroepe ‘n

baie beperkte begrip van vleisklassifisering het en bitter min aandag

daaraan gee. Die middel- en hoë-inkomsteklasverbruikers het ook ‘n

beperkte begrip van die klassifikasiestelsel. Minder as die helfte van

dié verbruikers ondersoek hulle vleis vir die klassifikasiemerk.

Die middel-inkomstegroep assosieer die rooivleisklassifikasiestelsel

met die volgende:

Dit is ‘n aanduiding van die gehaltestandaard

Dit is ‘n aanduiding van die beste kwaliteit

Graad A is die beste kwaliteit

Eerste graad is die beste kwaliteit

Hoër grade is duurder

Klassifikasie word aangedui deur die vleisgradestempel

Die hoë-inkomstegroep assosieer die rooivleisklassifikasiestelsel

met die volgende:

Dit het iets te doen met die vet wat aan die vleis voorkom

Gradering word in verskillende kleure gedoen

Dit het iets met die dier se ouderdom te doen

Produksertifikasie

Daar is A- en B-grade

Daar is ‘n groen of ‘n pers stempel

Eerste grade is die beste

A - AB verwys na die dier se ouderdom

0 - 6 verwys na vetklassifikasie

Dit is gebaseer op vetinhoud en kwaliteit

Hoër grade is duurder

Daar is ‘n stempel op die vleis

In die etikette wat deur vleishandelaars op die produk aangebring

word, word daar baie min aandag aan klassifikasie gegee.

Etikettering

In die ondersoek na die etikettering van vars rooivleis is daar gevind

dat die grootste gedeelte van rooivleis wat by die betrokke hande-

laars wat aan die ondersoek deelgeneem het van die hand gesit

word, “generies” bemark word. Die prys, spesifieke snit en datum

van verpakking, is oor die algemeen al wat op die etikette aangebring

word.

By die handelaars wat aan die studie deelgeneem het, het die vol-

gende inligting op die etikette verskyn:

Produk se prys (prys per kg, prys per pakkie, gewig van produk)

(100%)