47
October 2015
FOKUS
Spesiale
Diere
Hoe beskryf verbruikers rooivleis
van goeie gehalte en kwaliteit?
D
ie rooivleishandel sal ‘n balans moet vind tussen die
verpligting wat daar op hulle rus om die verbruiker (en
hulself) te beskerm en die verskaffing van inligting aan die
verbruiker wat hom of haar kan help om ingeligte produk-
keuses te maak.
Die Buro vir Voedsel- en Landboubeleid (BFAP) was betrokke by
navorsing wat gedoen is oor die verbruiker se perspektief
oor rooivleis asook die regulatoriese veranderinge in rooivleis-
etikettering.
In dié projek wat deur Rooivleis Navorsing en Ontwikkeling SA ge-
finansier is, is die Suid-Afrikaanse rooivleisverbruiker se optrede
en persepsies ondersoek. ‘n Tweede ondersoek het gefokus op die
manier waarop die produk se eienskappe aan verbruikers gekom-
munikeer word by wyse van inligting op etikette wat op vars vleis-
produkte voorkom. Die wetlike vereistes is ook ondersoek.
Suid-Afrika se bevolking word volgens hul lewenstandaarde in
drie LSM-groepe verdeel. LSM 1 tot 4 verteenwoordig die lae-
inkomsteverbruikers, LSM 5 tot 7 verteenwoordig die middelklas of
opkomende verbruikers, terwyl LSM 8 tot 10 die hoër-inkomstever-
bruikers verteenwoordig.
Altesaam 22% van die bevolking is deel van LSM 1 tot 4, sowat 53%
is deel van LSM 5 tot 7, terwyl 25% deel is van LSM 8 tot 10.
LSM 1 tot 4 bestaan hoofsaaklik uit mense in die landelike gemeen-
skappe, maar tog is daar ook ‘n groot persentasie in die stedelike
gebiede. Die werkloosheidsyfer in dié segment is so hoog soos 45%
en mense spandeer tot soveel as 50% van hul inkomste aan kos. Die
gemiddelde maandelikse inkomste is tussen R1 909 en R3 785 per
maand per huishouding.
LSM 5 tot 7 verwys na ‘n groep mense wat toenemend besig is om te
verstedelik. Hulle bestee ongeveer 25% tot 35% van hul maandelikse
inkomste aan kos. Hierdie maandelikse inkomste word gemiddeld op
tussen R4 550 en R12 325 per huishouding per maand bereken. Die
werkloosheidsyfer in dié segment is tussen 24% en 38%.
LSM 8 tot 10 bestaan hoofsaaklik uit mense wat in die stedelike ge-
biede woonagtig is. Verbruikers in dié groep bestee ongeveer 10%
tot 20% van hul inkomste aan kos. Hul maandelikse inkomste is
R16 573 en meer per maand. Daar kom nie noemenswaardige werk-
loosheid in dié sektor voor nie.
Die hoë, middel en lae LSM-groepe is in drie afsonderlike onder-
soeke geteiken. ‘n Professionele maatskappy het die opnames be-
hartig, wat onder meer bestaan het uit ‘n vraelys en persoonlike
onderhoude, waarna die data ingesamel en geanaliseer is.
In ‘n ope vraag het die lae-inkomstegroep aangedui dat hulle die
volgende aspekte in volgorde van belangrikheid met rooivleis van
‘n goeie gehalte vereenselwig: Varsheid, ‘n rooi kleur, skoon vleis,
voorkoms, gradering en prys; met voedingswaarde, raklewe, reuk,
sagtheid en smaak as die mees onbelangrike faktore.
HESTER VERMEULEN,
Buro vir Voedsel- en Landboubeleid
Die middel-inkomstegroep vereenselwig die kleur van die vleis die
meeste met goeie gehalte, gevolg deur varsheid, voorkoms, skoon
vleis, gradering en die reuk van die vleis.
Die hoë-inkomstegroep kyk ook eerste na die kleur van die produk,
daarna na varsheid, ‘n lae vetinhoud, ‘n goeie reuk, skoon vleis, gra-
dering, sagtheid, voorkoms, ‘n goeie snit en smaak as hulle besluit of
dit ‘n rooivleisproduk van goeie gehalte is.
Die twee aspekte waaroor die lae-inkomstegroep die meeste be-
kommerd is as dit by rooivleis kom, is gesondheid en prys, terwyl
kookperiode, raklewe, kwaliteit en vetinhoud minder prominente
aspekte is.
Verbruikers in die middel-inkomstegroep is die meeste bekommerd
oor die bekostigbaarheid van rooivleis en tweedens oor die gesond-
heid van rooivleis. Vetinhoud kry ‘n derde plek, gevolg deur kook-
periode, kwaliteit en raklewe.
In die hoë-inkomstegroep is verbruikers die meeste bekommerd oor
die bekostigbaarheid van rooivleis, gevolg deur vetinhoud. Gesond-
heidsaspekte is in die derde plek, gevolg deur kooktyd en raklewe.
Tog het 100% van die respondente aangedui dat hulle beesvleis eet,
terwyl 90% van die respondente aangedui het dat hulle lamsvleis
of skaapvleis eet, ondanks die faktore wat hulle bekommer. Dit kan
verklaar word deur die feit dat daar betekenisvolle positiewe persep-
sies oor rooivleis bestaan.
Verbruikers in die middel-inkomstegroep het die volgende positiewe
aspekte oor beesvleis geïdentifiseer: Voorbereiding (veelsydigheid,
bekend, maklik om voor te berei en lekker om te braai), smaak, sagt-
heid, gewild om aan gaste voor te sit en voedingswaarde.
In die hoë-inkomstegroep hou verbruikers van beesvleis omdat hulle
weet hoe om dit voor te berei, dit is maklik om te bekom, geurig,
veelsydig, ideaal vir onthaal van gaste, maklik om voor te berei, hoog
in voedingswaarde, lekker om te braai en dit word oor die algemeen
nie ingevoer nie.
Verbruikers in die middel-inkomstegroep voel positief oor skaap- en
lamsvleis omdat dit lekker, veelsydig en sag is. Die meeste voel hulle
weet hoe om dit voor te berei, dit is ideaal vir die onthaal van gaste,
maklik om te kook, hoog in voedingswaarde, ‘n goeie bron van pro-
teïen, dit bevat yster en dit word plaaslik geproduseer.
In die hoë-inkomstegroep het die betrokke respondente die volgende
positiewe aspekte van skaap- en lamsvleis uitgewys: Hulle weet hoe
om dit voor te berei; dit is ‘n proteïenbron van hoë gehalte; dit is
veelsydig; smaaklik, maklik bekombaar; hoog in voedingswaarde;
lekker om mee te onthaal; ideaal vir ‘n braai; maklik om voor te berei;
en dit help die liggaam om te groei.
Die aspekte wat die belangrikste vir verbruikers is wanneer hulle ‘n
besluit oor die aankoop van beide bees- en skaapvleis neem, het
hoofsaaklik oor veiligheid, voorkoms, prys en eetkwaliteit gegaan.