Background Image
Previous Page  41 / 112 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 41 / 112 Next Page
Page Background

39

October 2015

Melkproduksie en uiergesondheid

Die voorkoms van mastitisgevalle gedurende die warm somer-

maande wat gepaard gaan met ‘n hoë temperatuurhumiditeitsindeks

(>70), verhoog die tempo van nuwe uierinfeksies. Daar is ‘n afname

in die doeltreffendheid van die uier se verdedigingsmeganisme met

‘n gevolglike moontlike toename in mastitisgevalle.

Melkproduksie daal met 10% tot 40% ooreenkomstig die verhoogde

temperatuurhumiditeitsindekswaarde.

Die samestelling van die melk verander; daar is ‘n daling van 20%

tot 40% in die bottervet, 10% tot 20% in die vetvrye vaste stowwe,

10% tot 20% in totale melkproteïene en ‘n styging (5% tot 15%) in die

somatiese seltelling.

Met hittestres is daar ‘n afname in ruvoerinname weens die ruvoer se

hoë hitte-inkrement en gevolglik daal die bottervetpersentasie. Die

normale afsterwe van selle (nekrobiose) van die uierweefsel neem

toe, wat ook ‘n nadelige invloed het op die

kwaliteit van die melk. Hoe hoër die tempe-

ratuurhumiditeitsindeks in ‘n area, hoe hoër

is die melkproduksieverlies en omgekeerd.

Voeding

Met hittestres is daar ‘n afname in die duurte

van voerinname, veral ruvoer asook die

aantal kere wat die dier vreet. Die afname in

ruvoerinname speel ‘n rol in die verlaging

van die bottervetpersentasie van die melk.

Dit wil voorkom asof die diere wat gebuk

gaan onder hittestres ‘n groter behoefte aan

minerale soos kalium, sout, magnesium en

vitamines, soos vitamine A, D en E asook

ander elemente in die rantsoen het.

Met hittestres het diere ‘n afname in her-

kouing, ‘n toename in waterinname asook

hitte-inkremente. Meer kragvoer (50% tot

70% of meer) en minder ruvoer (40% tot

soms 20%) moet in die rantsoene van melk-

koeie wat hittestres ondervind, vermeng

word. Hoogsproduserende melkkoeie het

‘n hoër voerinname per liggaamsgewig en

gevolglik meer metaboliese hitte wat meer

hittestres veroorsaak. In Suid-Afrika sal

daar gekyk moet word na die formulering

van rantsoene vir melkbeeste wat hittestres

ondervind (gewoonlik gedurende die warm maande van die jaar) en

vir melkbeeste wat geen of minimale hittestres ondervind nie (ge-

woonlik gedurende die koeler maande van die jaar).

Dit is raadsaam dat elke melkprodusent sy voedingskundige en

veearts raadpleeg aangaande hittestres. Die kritieke temperatuur-

humiditeitsindeks (hittestres) waarde vir melkproduksie is 70. Hoe

hoër die temperatuurhumiditeitsindekswaarde word, hoe meer daal

die melkproduksie.

Groei

Hittestres beperk die groei en massatoename van beeste, afhangen-

de van die genotipe en aanpasbaarheid. Hittestres benadeel fetale

groei en ontwikkeling omdat bloedvoorsiening aan die baarmoe-

der verminder en gevolglik is die uitruil van voedingstowwe met

die moeder minder. Dit verlaag die geboortegewig van die kalf en

verkort die dragtigheidsperiode van die koei. As gevolg van boge-

noemde, word die kalf se oorlewingsvermoë verlaag.

GAUTENG

VRYSTAAT

NOORDWES

NOORD-KAAP

NAMIBIË

BOTSWANA

OOS-KAAP

WES-KAAP

LESOTHO

KWAZULU-NATAL

LIMPOPO

MPUMALANGA

BEVRUGTINGSTEMPO (%)

>67

62-27

59-62

Figuur 2: Kartering van konsepsietempo’s by melkbeeste in Suid-Afrika en Namibië vir Julie ooreen-

komstig met hittestres (temperatuurhumiditeitsindeks) waardes.

Kalwers wat teen hittestres beskerm word, het ‘n beter oorlewingsvermoë.