Background Image
Previous Page  38 / 112 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 38 / 112 Next Page
Page Background

Oktober 2015

36

Fetale (ongebore kalfie) groei word ver-

traag. Die dragtigheidstydperk is korter met

‘n ooreenkomstige laer geboortemassa en

‘n laer oorlewingsvermoë van die kalf. Die

maksimum aanvoelbare temperatuur op die

dag ná inseminasie het die grootste uitwer-

king op die konsepsie (bevrugting). Die kri-

tieke periode vir oorlewing van die embrio

ten opsigte van hittestres is tussen vier en

ses dae ná konsepsie.

Hittestres verlaag die bul se libido, sperms

se beweeglikheid en die konsentrasie neem

af en daar is ‘n verhoogte persentasie

abnormale sperms.

Indien die temperatuurhumiditeitsindeks

beskikbaar is, kan daar met die formule

KT = 388,3 - 4,62 THI die konsepsietempo

(KT) in melkbeeste (Holsteins) in ‘n spesi-

fieke omgewing vir ‘n spesifieke tydperk van

die jaar bereken word.

Hoe hoër die temperatuurhumiditeitsindeks

in ‘n area volgens bogenoemde formule,

hoe laer is die konsepsietempo en omge-

keerd. Bogenoemde formule kan ook as ba-

sis vir die konsepsietempo in beeste in die algemeen gebruik word.

Groot verliese word in Suid-Afrika weens verlaagde konsepsietempo

as gevolg van hittestres gedurende die maande met ‘n hoë tempe-

ratuurhumiditeitsindeks ondervind.

TABEL 4: DIE MINIMUM VOORKOMENDE MAATREËLS WAT GENEEM BEHOORT TE WORD TER BESKERMING OF VERLIGTING VAN HITTE-

STRES BY MELKBEESTE (SIEN FIGUUR 1, FIGUUR 2 EN FIGUUR 3).

TEMPERATUURHUMIDITEITSINDEKS-

WAARDE

LEWENDE HAWE KLIMAATVEILIG-

HEIDSINDEKS VIR MELKBEESTE

MINIMUM VOORKOMENDE MAATREËLS

70 of minder

Normaal (Figuur 1, blou)

Natuurlike of kunsmatige skadu

70 tot 72

Waarskuwing tot kritieke indeksvlak vir

melkproduksie (Figuur 1, groen)

Kritieke temperatuurhumiditeitsindeks vir

melkproduksie is 72 en vir reproduksie 65

Bogenoemde asook versekerde ventilasie in

skadu-areas.

Ad lib

drinkwater* wat in die

skadu is

72 tot 78

Waarskuwing tot bo kritieke vlak vir melk-

produksie (Figuur 1, oranje)

Bogenoemde asook besprinkeling (natspuit)

en kunsmatige lugbeweging in die hou-area

van die melkbeeste voor die melkportaal;

dieetaanpassings**; oorweging van die

melkras wat aangehou word***; dierever-

sorging en bestuursveranderings

78 tot 82

Gevaarlik (Figuur 1, rooi)

Bogenoemde asook skaduvoorsiening en

lugbeweging by voerbakke

82 en meer

Nood

Bogenoemde oorweging moet geskenk

word of daar met melkbeeste geboer moet

word

*

Die voorsiening van koel drinkwater (± 20°C) is ideaal

** Die konsentraatgedeelte van die dier kan verhoog word met ‘n afname in die ruvoer. Die melkkoei blyk ‘n groter behoefte aan kalium te hê onder hittestrestoe-

stande. Die diere moet indien moontlik gedurende die koeler periodes van die dag gevoer word. Voorsien voer wat ‘n laer hitte-inkrement het. Vet het die laagste

hitte-inkrement, gevolg deur koolhidrate en proteïene

*** Jerseys verdra hoër aanvoelbare omgewingstemperature beter as Holsteins

Beperk hantering van die diere wat stresvol is gedurende die warmste gedeelte van die dag. Oorweeg verandering van melktye. Dip en enting van die melkvee moet

gedurende die koeler tyd van die dag of moontlik snags uitgevoer word

FOKUS

Diere

Spesiale

Reproduksie

Hittestres verleng die oestrussiklus en verkort die oestrusperiode,

konsepsie daal, embriomortaliteit styg met ‘n ooreenkomstige ver-

laagde vrugbaarheid en plasentale wanfunksie.

Figuur 3: Kartering van Suid-Afrika en Namibië volgens die lewende hawe klimaatveiligheidsindeks

vir lakterende melkbeeste, vir Juliemaand van die jaar.

Hittestres het ‘n

WESENLIKE UITWERKING