Background Image
Previous Page  37 / 112 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 37 / 112 Next Page
Page Background

TABEL 3: KLASSIFIKASIE VAN LEWENDE HAWE KLIMAATVEILIGHEIDSINDEKS VIR MELKBEESTE (SIEN FIGUUR 1, FIGUUR 2 EN FIGUUR 3).

TEMPERATUURHUMIDITEITSINDEKS-

WAARDE

LEWENDE HAWE KLIMAATVEILIGHEIDSINDEKS-

KATEGORIEË VIR MELKBEESTE

KLEURKODE IN FIGURE 1

70 of minder

Normaal

Blou

70 tot 72

Waarskuwing tot kritieke indeksvlak vir melkproduksie Groen

72 tot 78

Waarskuwing tot bo die kritieke indeksvlak vir melk-

produksie

Oranje

78 tot 82

Gevaarlik

Rooi

83 en meer

Nood

Nie van toepassing

Figuur 2: Kartering van Suid-Afrika en Namibië volgens die lewende hawe klimaatveiligheidsindeks

vir lakterende melkbeeste, vir Januariemaand van die jaar.

35

October 2015

afskei, voerinname begin afneem, veltemperatuur kan met 10%

tot 20% styg, waterinname styg met 20% tot 30% of meer, melk-

produksie daal en die melksamestelling verander nadelig.

Nadele van hittestres by beeste

Uiergesondheid en melkproduksie

Die voorkoms van mastitisgevalle gedurende die warm somer-

maande verhoog die tempo van nuwe uierinfeksies. Daar is

‘n afname in die doeltreffendheid van die uier se verdedigings-

meganisme.

Melkproduksie daal met 10% tot 40%. Die samestelling van die melk

verander: Daar is ‘n daling van 20% tot 40% in die bottervet, 10%

tot 20% in die vetvrye vastestowwe, 10% tot 20% in totale melkpro-

teïene en ‘n styging in die somatiese seltelling.

Nekrobiose (beskadiging) van die uierweefsel neem toe.

Hoe hoër die temperatuurhumiditeitsindeks in ‘n area, hoe hoër is

die melkproduksieverlies en omgekeerd.

FOKUS

Spesiale

Diere

Hittestres het ‘n

WESENLIKE UITWERKING

Waar T die droëbol- of lugtemperatuur in

grade Celsius (°C) en RH die persentasie

relatiewe vogtigheid is.

Volgens die MOI is:

80 - 90: Redelik onbehaaglik

90 - 100: Baie onbehaaglik

100 - 110: Uiters onbehaaglik

110 en meer: Gevaarlik vir die mens se

gesondheid

Indien die data vir die berekening van die

temperatuurhumiditeitsindeks vir melk-

beeste (diere) in die MOI se formule vir

berekening van onbehaaglikheid geplaas

word, weerspieël die data wat verkry word

‘n baie groot mate van ooreenkoms met die

onbehaaglikheidstatus van die mens.

Indien die mens ‘n aanvoelbare tempe-

ratuur ondervind wat onbehaaglik is, moet

vir praktiese doeleindes aanvaar word dat

diere ook hittestres ondervind. Dit is ‘n

praktiese manier om te bepaal of die diere

hittestres ondervind.

Homotermiese

diere

Beeste is homotermiese diere wat ‘n konstante liggaamstempe-

ratuur so na as moontlik aan 37,5°C tot 38,5°C moet handhaaf. Beeste

raak ontslae van hulle liggaamshitte deur verdamping, konveksie,

straling en geleiding.

Verkoeling van die bees deur verdamping van sweet is nie so

doeltreffend soos in primate nie, omdat die vel se apokriensweet-

kliere min sweet produseer en ‘n swak termoreguleringsfunksie

vervul en dit word verder gekompliseer deur die swak waterregu-

leringsmeganisme van die bees.

Die waterbehoeftes van melkbeeste is veral groot gedurende warm

klimaatstoestande en laktasie. Hoë produserende melkbeeste beno-

dig met erge hittestres tot 150 liter water per dag.

Met ‘n styging in die omgewingstemperatuur bokant die boonste

limiet van die gemaklikheidsone vir optimale welvaart van melk-

beeste, sal hulle liggaam sekere aanpassings maak om te probeer

kompenseer en te voorkom dat die liggaamstemperatuur styg. Die

bloedvate in die dier se vel sal dilateer (verwyd), respirasietempo

(asemhaling) sal toeneem, sweetkliere in die vel sal begin vog