SA Grain October 2013 - page 73

71
October 2013
Fokus op lewende hawe
oorskakel na wildsboerdery, sal nie ‘n wyse of
slim skuif wees nie.”
Op ‘n vraag of diere swarthaak benut, het Richter
bevestigend geantwoord. “Dis ‘n unieke plant.
As die veld bot, blom swarthaak eerste; daarna
peul dit en dan eers vorm die blare. Tydens
die blom- en peulstadium bied swarthaak ‘n
goeie proteïen- en stikstofbron, hoewel slegs
vir ‘n beperkte tyd van so ongeveer ‘n maand.
By wildsboerdery behoort swarthaak dus nie
heeltemal uitgeskakel te word nie. Dit is egter
nodig om op ‘n drempeldigtheid te besluit
waar die indringer ten volle as weiding benut
kan word sonder ‘n oormatige invloed op die
grasbedekking en beweidingskapasiteit. As
die stand té dig is, gaan selfs die insluiting van
boerbokke by ‘n stelsel van hoëdrukbeweiding
nie die waarde van swarthaak in so ‘n ekosi-
steem ontsluit nie,” sê Richter.
“Plante kompenseer. As jy uitdun, groei wat
oorbly weliger en maak meer peule. Die stand
is wel yler, maar die benuttingsfaktor van die
veld hoër omdat plek gemaak is waar gras ook
weer kan groei. Die wagwoord is oordeelkun-
dige beheer met die tipe boerdery wat die
graad van beheer moet voorskryf.
“Vir beesboerdery wil ‘n mens gras hê; dan
haal jy soveel swarthaak moontlik uit as die
dominante spesie, maar behou tog bome, soos
kameeldoring, rosyntjiebos en vaalkameel, vir
koelte en struikweiding. By wildsboerdery kan
‘n mens kleiner lappies swarthaak los vir die by-
drae van die peule in die kritieke tyd onmiddellik
ná die winter, byvoorbeeld in Augustus. Dan is
daar min weiding en bied dit voeding en tege-
lykertyd ook koelte in ons warm wêreld.”
Op ‘n vraag oor nawerking, sê Richter dat
Molopo 200 GG ná sewe jaar nog in die grond
kan voorkom, maar sy effektiewe leeftyd is so
24 tot 30 maande by die beheer van houtagtige
plante. Oordosering, gewoonlik met handtoe-
diening by baie digte infestasie, kan ekologies
negatiewe gevolge hê; daarom moet die alge-
hele dosis in verhouding tot die breedwerpige
lugtoedieningspeil wees en nooit meer as an-
derhalf keer daardie dosis nie. As die lugtoedie-
ningsdosis dus 5 kg/ha is, moet die dosis vir
handtoediening nie 7,5 kg/ha oorskry nie.
Die hele ontbossingsteorie berus op weiveldver-
betering, dus die beskikbaarmaking van ‘n meer-
jarige, groeikragtige grasbedekking.
Daar is drie toedieningsmetodes:
Breedwerpige lugtoediening van grenslyn
tot grenslyn in kampe, as die doelgras vir
beesproduksie is, met min selektiwiteit ten
opsigte van verskeie boomsoorte behalwe
Matoppie/witgat (
Boscia albitrunca
), wat
baie weerstandig is, en tot ‘n mate vaalbos
Bestry swarthaak slim, herwin
weiveld en oorleef as produsent
Vervolg van bladsy 69
Met selektiewe uitroei kan uitgesoekte “vrien-
delike” bome en struike behou word, terwyl die
swarthaak doodgemaak word. Ná goeie reën kan ‘n
produsent met sulke welige gras spog.
Welige weiding floreer tussen dooie swarthaak-
struike. Mettertyd val die plante om, verrot die
dooie materiaal en word weer deel van die orga-
niese materiaal in die grond.
Chris Richter (regs) praat met produsente tydens ‘n interaktiewe boeredag naby Douglas in die Noord-Kaap
in Oktober 2012. Dié boeredag sal moontlik vanjaar opgevolg word ná die lentereëns geval het om na die
resultate te kyk. Dan sal die swarthaak in blom wees.
(
Tarchonantus camphoratus
), wat teen laer
dosisse Molopo nie doodgaan nie.
Lugtoediening in bane (transekte) waar die
middel byvoorbeeld 100 m breed gestrooi
en 100 m oorgeslaan word. So word 50%
van die kamp behandel en verdere bestry-
ding word dan selektief met die hand ge-
doen. Dit is ‘n duur metode, maar gewenste
bome kan dan gered word.
Toediening in ‘n roosterpatroon (
grid
),
soos op ‘n skaakbord, in bane van 100 m.
Sommige blokke kry minder onkruiddoder,
ander meer en dit is waarskynlik die beste
metode met wildsboerdery in gedagte.
Met dié toedieningsmetode word 25% van
die grond glad nie behandel nie, 50% kry
‘n enkeldosis en nog 25% kry ‘n dubbeldo-
sis. Hierdie patroon kan met groot sukses
gebruik word op wildsplase en in natuurre-
servate. Word dit gekombineer met ‘n
gekontroleerde brandprogram, kan dit
besonder waardevol wees.
“Molopo 200, GG Reg. Nr. L6111, affekteer nie
dadelik die swarthaaksaad in die grond nie,
maar die oomblik as die saad ontkiem, is die
nawerking effektief. Dan maak dit al die klein
saailinge dood. Die voordeel is dat daar nie
oordrag van saad van een seisoen na ‘n ander
is nie; dus is daar nie ‘n deurlopende saadbank
nie,” sê Richter.
“Met nawerking van 24 tot 30 maande word die
probleem van grootskaalse saailingvestiging
baie goed ondervang en grootliks voorkom.
Dit moet egter onomwonde gestel word dat
nasorg belangrik bly en dat opvolgbehande-
ling bepalend is vir die uiteindelike sukses van
enige beheeroptrede. Dít, saam met die toepas
van gesonde veldbestuursbeginsels, sal ‘n bres
slaan om sukses met indringerbosbeheer te
verseker.”
Produsente kan die vervaardiger, Dow Agro-
Sciences, vir meer inligting kontak.
1...,63,64,65,66,67,68,69,70,71,72 74,75,76,77,78,79,80,81,82,83,...116
Powered by FlippingBook