SA Grain October 2013 - page 71

Bestry swarthaak slim, herwin
weiveld en oorleef as produsent
69
October 2013
Fokus op lewende hawe
DRIES SONNEKUS, VIR DOW AGROSCIENCES
Swarthaak, ook bekend as haakbos (
Acacia
mellifera subs. detinens
), kan ‘n plaas se wei-
ding met 80% - 90% verminder.
Dan is daar feitlik geen meerjarige gras meer
oor nie en gesonde, ekonomiese boerdery kan
nie meer op die grond beoefen word nie, sê
mnr Chris Richter van Terra Care Vegetation
Consultants, ‘n maatskappy van Bloemfontein.
Richter is ‘n veldweiding-ekoloog en probleem-
plantspesialis.
“As ‘n produsent egter wil oorleef, roei hy die
indringer wat veldverdigting veroorsaak oor-
deelkundig uit en benut wat oorbly tot sy diere
se voordeel.”
Richter het inligting oor swarthaakbestry-
ding verskaf tydens ‘n informele, interaktiewe
gesprek op ‘n boeredag wat Dow AgroScienc-
es op mnr Jan Cilliers se wildsplaas tussen
Kimberley en Douglas gehou het. Verskeie
proewe is met Molopo 200 GG op die plaas
uitgevoer en produsente kon ná die gesprek
die proewe besigtig, ook van ‘n hoë koppie af
met ‘n uitstekende uitsig oor die behandelde
swarthaakveld.
Die eerste somerreën van 2012 het op dié
dag, laat in Oktober, in die gebied geval. Die
swarthaak het toe nog nie begin bot nie waar
dit ná reën op die regte tyd, normaalweg in
daardie stadium in volle blom sou wees. Die
verskil tussen behandelde en onbehandelde
veld was dus nie so opmerklik as wat dit in
blomtyd sou wees nie. Nogtans was ‘n duide-
like verskil steeds tussen behandelde en onbe-
handelde areas sigbaar.
“Teen infestasies van 80% - 90% kan swarthaak
die produsent dwing tot ‘n beperking van ‘n en-
kele grootvee-eenheid (GVE) op 65 ha - 70 ha.
Onder normale omstandighede is die drakrag
hier 1 GVE/8 ha - 10 ha,” sê Richter.
Swarthaak is ‘n aggressiewe verdigter en kom-
peteer sterk vir grondvog deur sy goed ontwik-
kelde, uitgebreide wortelstelsel. Swarthaak se
invloed is selfs erger as dié van bankrotbos
in die natter dele van die land; so erg dat dit
ongetwyfeld skyndroogtes tot gevolg het.
Dit gee ‘n idee van hoe onbeteuelde indrin-
ging deur swarthaak ‘n produsent kan verplig
om uiteindelik sy boerdery te staak tensy hy
positief optree om weiding terug te wen. Die
eenvoudige waarheid is dat ‘n produsent een-
voudig sy grond se winspotensiaal verloor.
Produsente neig om huiwerig te wees as die
koste bereken word om swarthaak te bestry.
Om dit in perspektief te sien, moet hy dit egter
opweeg teen die koste as hy gedwing word om
heeltemal op te hou boer of om ander grond
te koop of te huur. Die uitroei van swarthaak is
‘n veel goedkoper onderneming as die koop of
selfs huur van ander grond. Dan bestaan daar
tewens die moontlikheid dat die nuwe grond
ook ‘n probleem met swarthaakindringing
kan hê.
Richter sê sommige produsente dink hulle kan
die saak oplos deur oor te skakel na wildsboer-
dery, maar dit is nie so eenvoudig nie.
Al is dit miskien nie so drasties soos vir bees-
boerdery se grasveldvereiste nie, is dit nog al-
tyd nodig om swarthaak te bestry voordat wild
ingebring word, veral die duurder eksotiese
spesies soos swartwitpens, goue wildebeeste
en buffels.
“Wildsboerdery is verreweg nie so ‘n mak-
like onderneming as wat baie produsente
dink nie. Wild het ook goeie kwaliteit weiding
nodig, ongeag of dit gras- of blaarvreters is.
Die meeste wild sal glad nie in ‘n digte boska-
sie ingaan om te wei nie omdat dit nie as goeie
weiding beskou word nie; hulle moet toegang
hê deur die weiding toegangklik te maak om
benut te word. Om beesboerdery te staak om-
dat die veld se drakrag verlaag het tot onder
ekonomiese en ekologiese drempels weens
swarthaakindringing en dan sommerso te wil
Vervolg op bladsy 71
Hierdie foto illustreer wat ‘n produsent kan bereik
as hy gewillig is om die koste aan te gaan om in-
dringerplante oordeelkundig uit te roei. Die wei-
ding, wat feitlik nie bestaan het nie, het ongelooflik
herstel en die beeste kan floreer. Deur selektief te
bespuit, is koeltebome behou.
Dié foto is van dieselfde plek as die vorige geneem.
Dit wys hoe dit in die kamp langsaan lyk waar bos-
beheer nog nie aangepak is nie.
So lyk dit op die lyndraad af tussen die twee kampe.
‘n Strook is skoongemaak sodat toekomstige in-
dringing na die skoon kamp maklik met die hand
beheer kan word.
Hierdie foto wys waar Molopo GG in ‘n demon-
strasieproef met lugtoediening in die Douglas-
omgewing gebruik is om swarthaak te beheer.
Produk-inligting
1...,61,62,63,64,65,66,67,68,69,70 72,73,74,75,76,77,78,79,80,81,...116
Powered by FlippingBook