SA Grain October 2013 - page 79

77
Fokus op lewende hawe
NWK kry
sterker
voet in veebedryfdeur
MICHAEL VAN ROOYEN, BESTUURDER, NWK BOERDERY
NWK Beperk, wat histories merendeels in die graanbedryf
betrokke was by wyse van die verskaffing van boerdery-
insette aan graanprodusente en die opberging en bemarking
van hul graanprodukte in die Noordwes Provinsie, het on-
langs besluit om die veebedryf tot ‘n groter mate te betree.
Dit is moontlik gemaak deur die identifisering van spesifieke
markgeleenthede en die verkryging van die maatskappy
Kalahari Beef asook die handelsmerke Kalahari Beef en Kala-
hari Grass Fed Beef.
Die beplanning is om ‘n slagagentskap in die maatskappy
Kalahari Beef te bedryf wat fokus op die aankoop van mark-
klaar grasgeproduseerde beeste by primêre beesprodu-
sente wat bereid is om hierdie diere binne ‘n voorgeskrewe
protokol te produseer. Die diere word dan geslag en aan
vooraf geselekteerde opnemers verkoop vir verwerking en
verkope aan verbruikers wat ‘n voorkeur vir hierdie natuurlik
geproduseerde produk het.
Omdat die aanbod van diere wat binne die betrokke protokol
verbou word relatief laag is, gaan NWK ook deur middel van
sy volfiliaal, NWK Boerdery, self by beesproduksie betrokke
raak om aan die groot vraag na hierdie gesonde produk te
voldoen. NWK Boerdery koop kalwers aan en kontrakteer
voorafgekeurde beesprodusente om hierdie kalwers uit te
groei totdat hulle markklaar is. Die protokol waaraan voldoen
moet word, is gebaseer op die hoogste standaarde wat deur
verbruikers en kettingwinkels neergelê word.
Verskeie beesprodusente en kettingwinkels toon groot be-
langstelling in die konsep en produk.
Produk-inligting
1...,69,70,71,72,73,74,75,76,77,78 80,81,82,83,84,85,86,87,88,89,...116
Powered by FlippingBook