SA Grain October 2013 - page 81

79
October 2013
Fokus op lewende hawe
17e Brahman Wêreldkongres
volgende jaar in Suid-Afrika
MARITA BLOM, BRAHMAN BEESTELERSGE-
NOOTSKAP VAN SUID-AFRIKA
Die Brahman Beestelersgenootskap van Suid-
Afrika, in samewerking met buurlande, bied
gedurende April 2014 die 17e Brahman Wêreld-
kongres op Parys in die Vrystaat aan.
Dit sal ‘n geleentheid van formaat wees,
trouens die grootste wat die Brahmante-
lers van Suid-Afrika nog ooit aangebied en
ondervind het. Die kongres, internasionale
skou en veiling sal van 5 - 11 April 2014 by
die wêreldklasfasilite te van Khaya iBhubesi en
die Afridome gehou word. Dié gebied is
bekend vanweë die Vredefort-koepel wêreld-
erfenisgebied wat digby Parys, aan die walle
van die Vaalrivier, geleë is.
Verskeiebuitelandsesprekerssowelaskundiges
in die plaaslike beesvleis- en boerderybedryf
sal by die kongres optree. Kongresgangers sal
vooraanstaande nasionale en internasionale
beestelers asook kommersiële beesboere
vanuit Suider-Afrika en die buiteland insluit.
Tydens die 2014 Brahman Wêreldkongres sal
Brahman Beestelers ook die 60-jaar herden-
king van Brahmane op die Afrika-kontinent
vier. Die tegniese konferensie wat oor twee
dae sal plaasvind, beloof om kundigheid
sowel as wetenskaplike navorsingsinligting
oor die Brahmanras aan kongresgangers te
bied. Die Internasionale Brahmanskou, veilings
en verskillende kampioenskapsklasse wat
tydens die skou sal plaasvind, sal diere van die
hoogste klas en gehalte na die kongres bring.
Benewens die gewone kampioenskapsklasse,
sal daar ook ‘n Kongreskampioen (manlike en
vroulike) asook algehele Wêreldkongreskam-
pioen aangewys word.
Voor- en na-kongrestoere
Voor- en na- opsionele kongrestoere word vir
belangstellendes en veral buitelandse besoe-
kers gereël. Die toere is saamgestel om be-
soekers nie alleen die geleentheid te gee om
prominente Brahmantelers te ontmoet nie,
maar ook om van die mees gewilde en onge-
repte wildsparke en natuurskoon in Suid-Afrika
te ervaar. Registrasie vir beide die kongres en
die beskikbare toere, kan aanlyn by
man.co.za
gedoen word. Voor-kongrestoere
binne Suid-Afrika vind plaas vanaf 30 Maart tot
5 April 2014 en na-kongrestoere vanaf 11 tot
17 April 2014, terwyl die toere na Namibië vanaf
28 Maart tot 5 April 2014 (voor-kongres) en
11 tot 19 April 2014 (na-kongres) sal plaasvind.
Enige verdere navrae kan gestuur word na
Vibriose in ‘n neutedop
DR JAN DU PREEZ, BESTURENDE DIREKTEUR, INSTITUUT VIR SUIWELTEGNOLOGIE
Vibriose is ‘n geslagsiekte by beeste en word gedurende paring van
een dier na die volgende oorgedra. Die bakterieë
Campylobacter fetus
veroorsaak vibriose.
Hoe vind besmetting plaas?
Bulle word gewoonlik besmet wanneer hulle besmette koeie dek. Wan-
neer ‘n besmette bul vatbare verse en koeie dek, veroorsaak die besmet-
ting ontsteking in die vroulike geslagsorgane.
Siektetekens
Ná besmetting van die koei vind bevrugting gewoonlik nie plaas nie of
die embrio word op ‘n baie vroeë stadium geresorbeer of geaborteer. Die
gevolg is dat die koeie herhaaldelik op hitte kom wat tot ‘n lae kalfpersen-
tasie in die kudde lei. Raadpleeg die veearts aangaande die onvrugbaar-
heidsprobleem in die kudde, want ander oorsake, soos voeding, bestuur
en ander aansteeklike siektes, soos trichomoniase, kan ook ‘n rol speel.
Voorkoming en beheer
Verse moet agt weke voor dekking ingeënt word en weer vier weke later.
‘n Enkele skraagdosis moet dan vier weke voor elke volgende teelseisoen
toegedien word.
Die entstof sal nie noodwendig volledige immuniteit aan alle diere ver-
skaf nie en besmetting sal nie by sekere verse voorkom nie, maar dit sal
die gevolg van besmetting, naamlik resorpsie van die embrio, beheer.
Hoewel die vibriose besmetting steeds in die kudde kan voortduur,
behoort die kalfpersentasie merkbaar te verbeter. Bulle kan op dieselfde
wyse as verse ingeënt word, maar ‘n groter dosis is nodig. In baie gevalle
verloor reeds besmette bulle die besmetting ná immunisering. Sekere
diere sal egter besmet bly ten spyte van inenting.
Raadpleeg jou veearts aangaande die voorkoming en beheer van
vibriose.
Wanneer besmette bulle koeie of verse dek, word die besmetting na hulle
oorgedra.
1...,71,72,73,74,75,76,77,78,79,80 82,83,84,85,86,87,88,89,90,91,...116
Powered by FlippingBook