SA Grain October 2013 - page 80

Fokus op lewende hawe
Pannar se
spyskaart
vir die somer
PEET VAN DER WALT, ADVERTENSIEBESTUURDER, PANNAR SAAD
Ons staan op die vooraand van die nuwe seisoen. Een van
die maniere om gapings in ‘n voervloei te vul, is om voer te
berg as hooi, staandehooi of kuilvoer. Voersorghums en tef
is eenjarige subtropiese gewasse wat vinnig kan vestig en
voer produseer.
Voersorghums
Pannar bedryf sy eie voersorghum-teelprogram, daarom
het produsente die sekerheid dat basters oor dieselfde
eienskappe jaar in en jaar uit, beskik. Die staatmaker
kuilvoerbaster, Silage King, en wei-baster, PAN 888, is dié
seisoen beskikbaar.
Silage King is ‘n graansorghum x sorgho baster wat beteken
hy vorm ‘n groot hoeveelheid saad. Die hoë Brix-lesing van
16,5% suiker, maak van hom ‘n uitstekende kuilvoergewas
en hy kan ook as staandehooi benut word. Dit lewer hoogs
kompeterende opbrengste en is ‘n goedkoper alternatief
as die ander bekende soetriettipes.
PAN 888 het die beste hergroei in die Pannar pakket wat van
hom die ideale wei-sorghum maak. Die baster behoort ten
minste twee tot drie kere in ‘n seisoen benut te kan word
en dit beskik oor goeie droogteverdraagsaamheid.
Tef
By Pannar is tef nie bloot ‘n kommoditeit nie. Ons kultivars
gee aan die produsent ‘n voorsprong. Tef is ‘n uitstekende
hooigewas vanweë die feit dat dit vinnig afdroog. Gemiddeld
twee snysels word gewoonlik verkry. Die Pannar reeks
bestaan uit drie tef-kultivars: Witkop, Highveld en Rooiberg.
Witkop beskik oor ‘n beter ontwikkelde wortelstelsel en is ‘n
ideale dubbeldoel (wei en sny) kultivar. Dit produseer breër
blare en ‘n hoër blaar-tot-stingel-verhouding en is smaaklik
aangesien voedingstowwe meer gekonsentreerd is in die
blare as in die stingels. Dit droog steeds vinnig uit (sny en
baal op dieselfde dag).
Highveld is ‘n ideale dubbeldoel (wei en sny) kultivar. Dit is
meer blaarryk, met beter roesweerstand as SA Bruin.
Rooiberg is fyn, met ‘n ligbruin aar en is populêr as hooi
vir perde. Dit is ‘n minder lywige kultivar wat ideaal is vir
hooiproduksie.
Pannar se kultivarsword goed onder plaaslike omstandighede
beproef. Maak ‘n ingeligte besluit oor die gewas en die
kultivar wat dié seisoen gaan voldoen aan die vereistes van
‘n spesifieke stelsel.
Vir meer inligting oor Pannar se volledige weidingspakket,
skakel gerus jou plaaslike Pannar verteenwoordiger of wei-
dingkundiges.
Produk-inligting
78
2013/SUN/A/13
Prestasie beproefde saad
G LO B A L E T E GNO LOG I E
P L A A S L I K E P R E S TA S I E
Benut die CLEARFIELD
®
-
produksiesisteem tot jou voordeel!
‡ 3$1 &/ HQ 3$1 &/ PHW (XUR /LJKWQLQJ
®
RQNUXLGGRGHUWROHUDQVLH ELHG GRHOWUHIIHQGH QD RSNRPV
RQNUXLGEHKHHU YDQ ¶Q EUHs VSHNWUXP EUHsEODDU RQNUXLGH
HQ JUDVVH
‡ 6NRRQ ODQGH YHUVHNHU PDNVLPXP RSEUHQJVSRWHQVLDDO
‡ 'LH RQNUXLGGRGHUWROHUDQVLH LV ¶Q QDWXXUOLNH PXWDVLH
‡ 'LW KRX ZLVVHOERX YRRUGHOH PHW RSVODJ 5RXQGXS 5HDG\
JHZDVVH LQ
&OHDU¿HOG
®
HQ (XUR /LJKWQLQJ
®
/
LV KDQGHOVPHUNH YDQ %$6)
CLEARFIELD
®
SONNEBLOMBASTERS
VIR
ONKRUIDVRYE
LANDE
1...,70,71,72,73,74,75,76,77,78,79 81,82,83,84,85,86,87,88,89,90,...116
Powered by FlippingBook