SA Grain October 2013 - page 83

81
October 2013
Fokus op lewende hawe
Hittestres by melkbeeste
– wat jy moet weet
DR JAN DU PREEZ, BESTURENDE DIREKTEUR, INSTITUUT VIR SUIWELTEGNOLOGIE
Meer as 90% van Suid-Afrika se melkbeeste gaan gebuk onder hittestres
gedurende November tot Maart. Melkproduksie en reproduksie asook
melkkwaliteit verlaag. Die uiergesondheidstatus van melkkoeie word na-
delig beïnvloed deur hittestres, met ‘n ooreenkomstige verhoging van die
somatiese seltelling (SST) van die melk.
Die verhoging van die somatiese seltelling en die verlaging in melkproduk-
sie en reproduksie, veroorsaak groot verliese (meer as R500 miljoen
per jaar) vir melkprodusente.
Hittestres
Beeste probeer hulle liggaamstemperatuur konstant hou by ongeveer
38
o
C tot 38,5
o
C omdat hulle homeotermiese diere is. Gedurende hitte-
stres kan die melkkoei nie voldoende ontslae raak van die hitte wat haar
liggaam produseer nie.
Daar is ‘n groot behoefte aan hitteverlies vir die koei, maar die omge-
wingsomstandighede benadeel en belemmer die hitteverlies. Die lig-
gaamstemperatuur van koeie wat hittestres ondervind, styg vanaf 38,5
o
C
tot 39,5
o
C of soms 40
o
C. Hierdie 1
o
C of 1,5
o
C-verhoging in die koei se
liggaamstemperatuur, het vele nadelige gevolge vir haar vertoning (melk-
en reproduksie) en welvaart.
Die hedendaagse melkkoei word goed gevoer vir hoë (optimale of mak-
simale) melkproduksie. Met vertering van hierdie voer en metabolisme
word interne hitte by die melkkoei geproduseer en gepaardgaande met
hittestres word die liggaamstemperatuur nadelig verhoog. Die koei het
ook ‘n swak hittereguleringsmeganisme en dit dra by tot die verhoging
in haar liggaamstemperatuur. Die melkkoei het nie normale sweetkliere
soos ‘n perd of ‘n mens nie en sy word prakties gesproke nie verkoel deur
te sweet en die gevolglike verdamping daarvan nie.
‘n Koei sweet net op haar neusspieël. Dit is ‘n goeie praktyk om koeie
wat hittestres ondervind, nat te spuit sodat die water kan verdamp om
sodoende die koei te help afkoel.
Hoe word hittestres bepaal?
Deur die temperatuur-humiditeitsindeks (THI) te bereken, word hittestres
bepaal. Temperatuur, relatiewe vogtigheid, straling, hoogte bo seevlak en
wind speel ‘n rol in hittestres. Die temperatuur-humiditeitsindeks word
gebruik om die invloed of uitwerking van hittestres op die melkkoei te
voorspel. Indien die THI-waarde onder 70 is, is die melkkoei redelik ge-
maklik, haar melkproduksie is nie eintlik aangetas nie, maar haar konsep-
sietempo is verlaag.
Hoe kan melkprodusente hittestres
bepaal?
Indien die mens ‘n aanvoelbare temperatuur ondervind wat onbehaaglik
is, moet vir praktiese doeleindes aanvaar word dat melkkoeie ook hitte-
stres ondervind. Dit is ‘n praktiese manier om te bepaal of die melkkoeie
hittestres ondervind. Hittestres kan ook bepaal word met die tempera-
tuur-humiditeitsindeks-formule. THI = droëboltemperatuur (tdb) +
0,36 doupunttemperatuur (tdp) + 41,2 waar tdp die droëboltemperatuur
in
o
C (maksimum temperatuur om 14:00) is; tdp die doupunttemperatuur
in
o
C; en 0,36 asook 41,2 konstantes is.
Die tdp word bereken deur natboltemperatuur om 14:00 af te trek van
die droëboltemperatuur om 14:00. Die antwoord word nou in die higro-
metriese tabelle van die weerburo gebruik, ooreenkomstig die korrekte
atmosferiese druk in millibaar (mb) vir die bepaling van die tdp. Dit is
nie baie prakties vir die melkprodusent om hittestres met bogenoemde
formule te bepaal nie. Indien die omgewingstemperatuur bo 21
o
C styg
met ‘n redelike humiditeit, kan in die meeste gevalle aanvaar word dat
die melkkoeie hittestres begin ondervind, alhoewel temperatuur en
humiditeit nie al die parameters is waarmee hittestres bepaal word nie.
Melkkoeie presteer die beste tussen 0
o
C en 15
o
C. Dit staan bekend as hul
gemaklikheidsone.
Nadele van hittestres op uiergesondheid,
melkproduksie en melksamestelling
Die voorkoms van nuwe uierinfeksies (besmettings) en mastitis by melk-
koeie verhoog as hulle hittestres ondervind omdat die koei se verdedi-
gingsmeganisme benadeel word.
Die vermoë van die witbloedselle (leukosiete) in die melk om bakterieë op
te eet (fagositeer) en te elimineer is nie na wense indien koeie hittestres
ondervind nie. Die somatiese seltelling in die melk verhoog met hittestres
en die melkproduksie daal.
Indien die melkkoper ‘n premie (byvoorbeeld 2c per liter) betaal op melk
gelewer met ‘n somatiese seltelling van onder 300 000 selle per milliliter
melk, kan hittestres by melkkoeie ontstaan wat sodoende die somatiese
seltelling verhoog bo die 300 000 selvlak en dus veroorsaak dat die melk-
produsent sy premie verbeur.
Melkkoeie in behuising. Skaduvoorsiening is die
belangrikste maatreël wat getref moet word teen
hittestres.
Stort (spuit koeie nat) minstens een keer per dag
(tussen 12:00 en 14:00) en waai hulle dan koel met
waaiers.
Met hittestres sit koeie se nageboortes meer vas
met nadelige gevolge.
Vervolg op bladsy 82
1...,73,74,75,76,77,78,79,80,81,82 84,85,86,87,88,89,90,91,92,93,...116
Powered by FlippingBook