SA Grain October 2013 - page 106

Oliesade-oorsig
Markte
Oktober 2013
104
Noordelike Halfrond-onsekerhede plaas
druk op Suid-Amerikaanse lande
DR DIRK STRYDOM, SA GRAAN/GRAIN MEDEWERKER
Die onlangse weerstoestande in die VSA het pryse baie volatiel gemaak;
dit het veroorsaak dat daar ‘n groot onsekerheid in die mark ontstaan het
rakende internasionale pryse. Hierdie onsekerhede plaas verder ook baie
druk op die Suid-Amerikaanse markte om goeie oeste te produseer vir
hul nuwe seisoen.
Internasionale scenario
‘n Droogte in Iowa en in die Midde Weste asook die noordelike vlaktes van
die VSA, plaas baie druk op sojabone. Wat dit verder kompliseer, is dat die
sojabone begin September in die peulvormingfase is en die plant het in
hierdie belangrike tydperk vog nodig. Volgens die oesvorderingsverslag
van die USDA, soos op 9 September 2013, is meeste van die sojabone
in ‘n matige tot goeie kondisie. ‘n Totaal van 42% van die sojabone word
geklassifiseer as in ‘n goeie kondisie en 31% in ‘n matige kondisie.
Alhoewel dit nie baie goed is relatief tot ander jare nie, is dit steeds
beter as die vorige seisoen. Volgens internasionale verhandelaars is die
verwagte oes 86,7 miljoen ton, dit is 4,6 miljoen ton beter as die vorige
seisoen.
Internasionale verhandelaars is van mening dat die prysstygings in
sojabone oordrewe is en dat daar wel prysverlagings kan plaasvind. Dit is
mits daar nie ‘n verdere verswakking in die kondisies plaasvind as gevolg
van weersomstandighede nie. Die weersomstandighede en agteruitgang
van die oes in die VSA plaas baie druk op die belangrikheid van die Suid-
Amerikaanse weer in die volgende paar maande.
Tans ervaar Brasilië onder-normale reënval – dit kom veral in die sentrale
streke voor. Die verwagting is dat dit sal droog bly tot laat in September.
Dit plaas geweldige druk op mielie- en sonneblomaanplantings in dié
land wat reeds agter is weens die lae grondvog wat daar heers. Dit kan
tot gevolg hê dat van die hektare kan oorskuif na sojabone.
Suid-Amerika begin middel-Oktober met hul aanplantings. As die Suid-
Amerikaanse lande nie reën ontvang voor die plantdatums nie, kan dit
daartoe lei dat die mark na ‘n bulfase kan beweeg, andersins kan daar ‘n
daling in pryse plaasvind.
Die sojaboon-/mielieprysverhouding lyk tans gunstig vir Suid-Ameri-
kaanse produsente; sojabone het baie meer aanloklik geword in verge-
lyking met mielies in die afgelope paar weke. Die prysverhouding het
vanaf 2,06 in September 2012 tot en met 2,41 in 2013 beweeg (
Grafiek 1
).
Dit kan beteken dat Suid-Amerikaanse produsente dalk meer as die
verwagte sojabone gaan aanplant mits die weer gunstig is. As normale
weersomstandighede in Suid-Amerika heers sal daar geen tekort wees in
wêreld-oliesaadvoorrade nie.
– 10 September 2013
Grafiek 1: Amerikaanse sojaboon- en mielieprysverhouding.
Bron: CME
Vervolg op bladsy 106
SA Graan/Sasol Nitro
fotokompetisie
1...,96,97,98,99,100,101,102,103,104,105 107,108,109,110,111,112,113,114,115,...116
Powered by FlippingBook