SA Grain October 2013 - page 97

95
October 2013
Grafiek 1
dui die groei in kapitaal en wins
met verkoop van diere, minus die koste van
aankope en uitgawes aan.
Waar het dit begin?
Volgens Minnaar was hulle aanvanklik vier
vennote in Syncerus Buffels – die naam waar-
onder hulle handel dryf. Sy neef, Danie Min-
naar van Kroonstad, is ook saam met hom in
die vennootskap.
“Die siening agter die vennootskap is dat ‘n
klomp kapitaal beskikbaar is om eerder beter
kwaliteit diere aan te koop en een topkwaliteit
bul in plaas van vier as ons individueel sou in-
tree,” verduidelik Minnaar.
Syncerus Buffels beywer hulle daarvoor om
topkwaliteit buffels, wat met enige ander in
die mark kan vergelyk, op veilings aan te bied.
Hulle het twee kampe, een in die Hennenman-
omgewing en die ander een in die Kroonstad-
omgewing.
“Buffels word hoofsaaklik vir teelmateriaal
geteel, maar die swakker bulle wat nie poten-
siaal het nie, word verkoop om te jag. Ons laat
nie self jag nie,” verduidelik Minnaar. Volgens
hom het die keuse op buffels geval omdat daar
verskeie beperkings ten opsigte van die teling
en aanhouding daarvan bestaan. Die relatiewe
beskikbaarheid van goeie genetika is baie be-
perk – baie meer as ander spesies.
“Buffels is ook baie gehard en aanpasbaar en
die feit dat hulle nie selektiewe vreters is nie,
maak hulle ook uiters geskik vir aanhouding
in ekstensiewe kampe, alhoewel hulle relatief
mak raak en wisselweiding wel toegepas
kan word.
Bulkalwers word op ongeveer twee jaar ou-
derdom uit die trop verwyder en na ‘n tweede
lokaliteit op die plaas geneem om uit te groei
tot ongeveer ses jaar wanneer hulle baie naby
aan hulle volle potensiaal is. Volgens Minnaar
vind gedurige seleksie en vervanging binne die
trop plaas.
Ander wild, soos njalas en elande, word ook
op die plaas aangehou om te sorg vir beter
benutting van alle habitatte op die plaas. Hier-
die diere is meer selektiewe vreters wat veral
die doringbome en indringerbos vreet en so-
doende drakrag aansienlik verhoog.
In 2008 is die kudde se eerste diere aange-
koop, waaronder twee koeie van oor die 37”.
Minnaar-hulle het sedertdien swakker kwaliteit
koeie afverkoop en met beter kwaliteit di-
ere vervang, teen meestal dieselfde prys
as gevolg van hulle naam wat reeds geves-
tig is en pryse wat aansienlik gestyg het.
‘n Bul is ook vanaf een van die bekendste
telers in Suid-Afrika gekoop.
Syncerus Buffels beywer hul daarvoor om top-
kwaliteit buffels, wat met enige ander in die mark
kan vergelyk, op veilings aan te bied.
Buffels is ook baie gehard en aanpasbaar en die feit
dat hulle nie selektiewe vreters is nie, maak hulle
ook uiters geskik vir aanhouding in ekstensiewe
kampe, alhoewel hulle relatief mak raak en wis-
selweiding wel toegepas kan word.
“Dit voeg bepaald baie waarde tot ons kudde
toe as gevolg van die kwaliteit van die bul,
maar ook as gevolg van die verwantskap met
die groot telers.
“Die sukses van kwaliteit-handelsmerke in
die wildsbedryf het ons genoodsaak om as ‘n
groep produsente ‘n gesamentlike wildsvei-
ling van eksotiese wild aan te bied. KroonStud
Wildtelers is uit hierdie gedagte gebore en ons
beplan om jaarliks ‘n gesamentlike veiling van
ses telers aan te bied.”
Uitstaande genetika
“Sewe uit die top tien trofeebuffelbulle is in
Oos-Afrika – wat ‘n goeie aanduiding is van die
uitstaande genetika waaroor die streek beskik
en derhalwe die keuse om buffels aan te koop
afkomstig uit die gebied,” vertel Minnaar.
Volgens Minnaar behoort alle buffels in Suid-
Afrika aan dieselfde
Syncerus Caffer
sub-
spesie. Daar word egter steeds in die mark
onderskeid getref tussen hoofsaaklik drie ge-
nepoele, naamlik Kruger, Addo en Oos-Afrika.
Die Oos-Afrika bloedlyn is uit Europese diere-
tuine afkomstig wat in die vroeë tagtigerjare
deur Suid-Afrikaanse besigheidsmanne in-
gevoer is. Hierdie diere het egter slegs in die
onlangse verlede premies bokant ander gene-
tika begin behaal.
“Op onlangse wildsveilings is rekordpryse
soos volg behaal: Verse R4 miljoen, koeie tot
R20 miljoen en ‘n 53” bul op ‘n onlangse vei-
ling R40 miljoen. Die premies wat betaal word
vir goeie genetika is dus fenomenaal,” aldus
Minnaar.
Grafiek 1: ‘n Beleggingsontleding van buffels.
1...,87,88,89,90,91,92,93,94,95,96 98,99,100,101,102,103,104,105,106,107,...116
Powered by FlippingBook