SA Grain October 2013 - page 96

Oktober 2013
94
Wild
as alternatief tot diversifisering
op die saaiplaas
Fokus op lewende hawe
ESTIE DE VILLIERS, ASSISTENT-REDAKTEUR:
SA GRAAN/GRAAN
Diversifisering op ‘n graanplaas is nie ‘n
nuutjie nie – produsente besef dat hulle hul
risiko binne hul boerdery moet versprei.
Interessant is dat al hoe meer graanpro-
dusent deesdae ook ‘n wildsbeen in hulle
boerderyvertakking het.
Om dié rede oorweeg Graan SA ook om by
volgende jaar se Graan SA NAMPO Oesdag ‘n
aantal uitstallers uit die wildsbedryf te plaas.
Volgens dr Peter Oberem, visevoorsitter van
Wildlife Ranching South Africa (WRSA), het
die wildsbedryf die afgelope dekade vinniger
as enige ander vertakking in die landbou ge-
groei – tot soveel as 20% per jaar. Tans dra die
wildsbedryf ongeveer R9 miljard tot die BBP
van Suid-Afrika by. “Dit is meer as die bydrae
van sommige van die ‘konvensionele’ vorme
van landbou – soos die melkbedryf.
“Ons skat dat ongeveer 10 000 produsente oor
die afgelope tien jaar hul plase in ‘n wild- of ‘n
kombinasie wildsplaas omskep het, veral in die
Vrystaat waar graanprodusente hul weiding,
saam met hul mielies of ander gewasse op die
lande, vir wild gebruik,” sê dr Oberem.
Volgens dr Oberem moet voornemende wilds-
boere besef dat daar baie meer in steek om ‘n
finansieel volhoubare wildsplaas te vestig as
bloot net die koop van ‘n plaas en om diere
daarop te sit.
“Die hele proses moet wetenskaplik benader
word. Begin deur jouself af te vra of die grond
daarvoor geskik is, watter wild daar sal aard,
watter aspekte van wildsboerdery daar be-
oefen gaan word, die drakrag van jou grond,
en vele meer. Daarom is die WRSA daar om
voornemende nuwe toetreders te help om die
nodige hulp en toegang tot kundiges en ervare
wildsboere te kry. Skakel gerus met ons,” nooi
dr Oberem.
SA Graan/Grain
het by twee graanprodusente,
wat ook in eksotiese wild teel, gaan aanklop om
meer uit te vind oor dié diversifiseringstak van
hul boerdery.
Elandré Breeders
Jan Grobler van Vierfontein is een van sewe
telers van koperblesbokke in die land. Sy
belangstelling in wild het in 1990 begin toe sy
buurman se swart wildebeeste deurgebreek
het na hom en hy hulle nie kon terugkry nie.
“Ek het die daaropvolgende jaar ‘n wildskamp
op my plaas in die Vierfontein-distrik gespan
en daarin witblesbokke, springbokke en gems-
bokke gesit vir jagdoeleindes. Ek het egter gou
besef dat dit nie ‘n goeie bron van inkomste
gaan wees nie as dit op ‘n té klein skaal is nie,”
vertel hy.
Grobler het in 2005 uitgebrei en nog ‘n wilds-
kamp gespan, dit geëlektrifiseer met monte-
ring en koperspringbokke daarin gesit.
“As saaiboer het ek na verskeie wildsveilings
gegaan en daar besef dat ‘n eksotiese wilds-
been in my bedryf ‘n ekstra inkomste kan
genereer. In 2009 het ek besef dat daar ‘n groot
aanvraag is na eksotiese wild.”
Grobler het al sy wild laat uitvang en begin
spesialiseer in koperspringbokke en koperbles-
bokke – wat in daardie stadium ‘n baie skaars
spesie was en wat die beste in sy omgewing en
habitat geaard het.
“Beide spesies is tans hoog in aanvraag en ek
spesialiseer om goeie genetika en standaarde
na vore te bring en teelmateriaal aan mede-
wildsboere te bemark,” vertel Grobler.
Volgens Grobler is daar baie graanprodusente
wat in eksotiese wildslyne spesialiseer en hy
glo dat die wildsbedryf in ‘n groeifase is omdat
die aanvraag so groot is.
Wenke vir voornemende
wildsboere
“As ek wenke kan gee aan saaiboere wat in die
bedryf wil belê, is dit om seker te maak dat die
spesie in jou omgewing en habitat aanpas.
Maak ook seker dat wanneer jy teelmateriaal
aankoop, dit by telers is wat al ‘n naam in die
bedryf gemaak het.
“Die wildsbedryf is ook in streke ingedeel,
waarvan WRSA die oorkoepelende liggaam is.
My advies is om in te skakel by jou streek om
sodoende die nuutste inligting aangaande die
bedryf te kry,” gee Grobler advies.
Syncerus Buffels
Jaco Minnaar van Hennenman se wildsbeen in
sy boerdery het sy ontstaan gehad uit ‘n onder-
soek na alternatiewe beleggingsmoontlikhede
en geleenthede om goeie kwaliteit Oos-Afrika
buffels teen billike pryse te kan bekom.
“Esteties lê wildsboerdery my ook na aan die
hart en die benutting van veld wat deur bosin-
dringing bedreig word, was ‘n bydraende fak-
tor. ‘n Verdere faktor is dat die kosprys van wild
‘n persoon in staat stel om op ‘n baie klein stuk
grond vinnig en effektief te kan diversifiseer
om die risiko’s ook binne boerdery te kan ver-
sprei,” vertel Minnaar.
Vir ‘n trop van tien buffels het ‘n mens in Min-
naar-hulle se omgewing 60 ha weiding nodig,
terwyl vir ‘n gelykstaande kapitaalbelegging
in vee ‘n mens 400 beeste op 2 000 ha grond
benodig.
Jan Grobler se passie: Koperblesbokke. Daar is
tans ongeveer 300 koperblesbokke in die land, en
Grobler is een van sewe telers.
‘n Eienskap van die koperblesbok is geen bles, wit
bene en ‘n wit stert. Let op die warm koperkleur.
1...,86,87,88,89,90,91,92,93,94,95 97,98,99,100,101,102,103,104,105,106,...116
Powered by FlippingBook