SA Grain October 2013 - page 108

Oliesade-oorsig
Markte
Oktober 2013
106
Die verwagting is dat die wêreldproduksie
van sojabone 280 miljoen ton in 2013/2014
gaan wees. Dit is 14 miljoen ton meer as die
vorige seisoen. Wêreld-sonneblomproduksie
is beraam op 40 miljoen ton; dit is 5 miljoen ton
meer as die vorige seisoen.
Wat kanola betref, word daar ‘n rekordoes
in Kanada verwag. Die verwagting is dat
Kanada ‘n 15 miljoen ton produksie vir die
huidige seisoen kan realiseer. Internasionale
sonneblompryse bly steeds onder druk weens
die hoë globale produksiesyfers. Die wêreld-
sonneblomoes het met 4,7 miljoen ton gegroei;
dit is ‘n toename van 13% teenoor die vorige
seisoen.
Plaaslike scenario
Die Suid-Afrikaanse mielie-soja-verhouding het
ook versterk vanaf 2,41 tot en met 2,73 vanaf
2012 tot 2013 (
Grafiek 2
). Dit was ‘n groei van
13% vir die tydperk. Dit kan ‘n groot effek hê
op die nuwe aanplantingsyfers vir 2013. Die
sojaboonprys het ook nader aan invoerpariteit
beweeg. Dit is hoofsaaklik weens die hoër vraag
wat in Suid-Afrika geskep is (
Grafiek 3
). Die
wisselkoerse speel steeds ‘n baie belangrike
rol en beïnvloed pryse drasties. Die rand/dollar
was die laaste paar maande baie wisselvallig om
verskeie redes (
Grafiek 4
). Een hiervan is dat
die Federale Reserwe Raad in Mei aangekondig
het dat hul moontlik op stimulusmaatreëls vir
die Amerikaanse ekonomie kan afskaal.
Dit het veroorsaak dat die rand drasties
verswak het. Die feit dat die land baie
arbeidsonrus ervaar help ook nie met die
wisselvalligheid van die rand nie. Daar word
verwag dat die rand verder kan verswak in die
komende maande, wat plaaslike oliesaadpryse
kan ondersteun.
Plaaslike en internasionale pryse gaan in
die komende maande baie volatiel wees
– grotendeels te danke aan die volatiele
wisselkoers en weersomstandighede. Die
plantseisoen vir Suid-Afrika begin nader kom,
dus begin reën baie belangrik raak vir plaaslike
aanplantings.
Prysverskansing
Die volatiliteit van pryse skep groot onseker-
hede in die mark weens ekonomiese en
weersomstandighede. Tans is pryse relatief
hoog weens die vorige seisoen se droogtes
asook die onsekerhede in die nuwe seisoen
(
Tabel 1
). Dit beteken dat produsente die pryse
moet gebruik om hul nuwe oes te posisioneer
teen die huidige relatiewe goeie prysvlakke.
Gewas
13 September 2013
6 Augustus 2012
% verandering
Sonneblom
5 011
6 135
-18
Afgeleide sonneblom
5 447
5 752
-5
Sojaboon
5 820
6 040
-4
Afgeleide sojaboon
6 540
6 623
-1
Soill kanola
4 525
4 750
-5
TABEL 1: PLAASLIKE OLIESAADPRYSE.
Bron: Safex en Graan SA
Grafiek 2: Die Suid-Afrikaanse sojaboon- en mielieprysverhouding.
Bron: Safex
Grafiek 3: Die Suid-Afrikaanse sojaboonprys relatief tot internationale pryse.
Bron: Graan SA
Grafiek 4: Die sojaboonprys en rand/dollar-wisselkoers.
Bron: Safex en Reserwebank
Vervolg van bladsy 104
Noordelike Halfrond-onsekerhede plaas druk op
Suid-Amerikaanse lande
SA Graan/Sasol Nitro
fotokompetisie
1...,98,99,100,101,102,103,104,105,106,107 109,110,111,112,113,114,115,116
Powered by FlippingBook