SA Grain October 2013 - page 112

M
y skool se leuse was “Soek en Bou”– soek in die verlede dít wat
vir die toekoms tel. Vir een of ander rede het hierdie leuse my
bygebly en tot vandag toe kan ek dit met groot sukses toepas in
verskeie aspekte van my lewe...En natuurlik in tuinmaak ook!
Ons is van kleintyd af geleer om uit ons foute te leer, maar tog vergeet
ons so gou waar ons gefaal het. Gelukkig hoef ons nie net uit ons eie
foute te leer nie, maar ons kan ook uit die foute van ander leer. Foute
klink tog so negatief en ‘n meer positiewe uitkyk sal klem lê op dit wat wel
gewerk het en nie die teenoorgestelde soeke na wat verkeerd is nie. Dit
is verbasend hoe ver ‘n goeie gesindheid ‘n mens in die lewe kan bring.
Kyk om jou rond en soek dinge wat suksesvolle tuinmaak in jou area
verteenwoordig. Ontleed die inligting ten opsigte van die funksionele
asook die estetiese waarde wat dit moontlik kan verskaf en bou of
verbeter daarop.
Om met jou oë te steel is verniet en nie ‘n kriminele aktiwiteit nie, mits
jy die idee jou eie maak. “Tuinplagiaat” is sommer ‘n hedendaagse
spotwoord wat dui op presiese nabootsing van ‘n ander se tuin-idee.
Sommige mense neem dit baie persoonlik op as hul idee “gesteel” word,
maar tog is dit ‘n groot kompliment op sy eie manier.
Voor jy van “diefstal” beskuldig word, maak die idee egter eerder jou eie.
Dit is altyd maklik om op iemand anders se idee te verbeter en verg geen
kuns of kwalifikasie nie. Een suksesvolle idee kan na ‘n ander lei en wie
weet waar die kreatiwiteit einde sal kry. Hier verwys ons na inspirasie,
eerder as diefstal.
Om iemand se idee presies na te aap gaan beteken dat ‘n mens tog
erkenning en krediet aan die bron moet gee, maar om iemand anders se
idee as fondasie te gebruik is nie aapstreke nie. Hoekom moet ‘n mens die
wiel van tuinmaak herontwerp as dit net gemodifiseer kan word?
Kyk na die ontwerpbeginsel wat agter ‘n suksesvolle tuinontwerp skuil en
pas dit in jou eie tuin toe op so ‘n wyse dat die bron daarvan gekamoefleer
word. Moenie net kyk na wat mooi is nie, maar sien ook die “hoekom dit
werk” raak. Dink slim met ‘n positiewe gesindheid hoe die idee aangepas
kan word om in jou eie behoeftes te voorsien.
So kan die idee van vier potte teen ‘n lang muur (in jou vriendin se tuin)
in jou eie tuin aangepas word deur vier ander items teen jou eie lang
muur te herhaal. Die keuse van produkte is eindeloos en kan wissel van
vier plante, vier beelde, vier stukke hout of enige ander vier soortgelyke
elemente.
‘n Houtlatwerk agter elke item kan ‘n mooi agtergrond skep en om die
items van die vloer af te lig deur elk op ‘n pilaar staan te laat kry, is nog
‘n verbetering op die oorspronklike resep. Miskien werk ‘n groepering
van vyf beter in jou tuin...Of selfs ‘n groepering van drie. Heel moontlik is
die potte baie suksesvol in die buurvrou se tuin, maar kan dit kompeteer
Rubrieke
Oktober 2013
110
Tuinmaak met David
David Viljoen
Maak dit jou eie
1...,102,103,104,105,106,107,108,109,110,111 113,114,115,116
Powered by FlippingBook