SA Grain October 2013 - page 114

Oktober 2013
112
‘n Briefie in die pos
Rubrieke
– Oktober 2013
Beste Grootneef,
H
opelik is die laaste paar koue slierte nou oor die Vrystaat. Met al die
fronte en die winde wat so intens gewaai het, het ons nou letterlik
stof tot nadenke. Buurman sê die westewind het so gewaai, sy
hoenderhen moes drie keer aan dieselfde eier lê!
Gelukkig het ons ontsnap van brande en vuur. Wel die rokies op die
horison gesien. Weiding, al is dit droë rooigras, is nou goud werd. Die
weerprofete sê egter dat ons nie te haastig moet wees vir vroeë reën nie.
Hulle verwag die eerste buie eers teen November in die binneland. Maar
wat weet hulle nou! Dit sal reën op die regte tyd.
Ou Neef, wanneer laas het jy ‘n egte regte brief in die pos gekry? Een
met die adres netjies met pen en ink gegriffel en met ‘n posseël regs bo
in die hoek van die koevert. Binne in, netjies gevoude velletjies papier
met ‘n handgeskrewe briefie. Ek praat nou nie van die venstertjie-goed
met rekeninge in nie. Buurman het mos in antwoord op so brief van die
Ontvanger, ‘n tjekkie in die pos gegooi, gerig aan “die Ontvanger van al
my inkomste”. Nodeloos om te sê, die tjek is teruggestuur en met al die
tyd in die pos, kry hy toe boonop ‘n stywe boete omdat sy uiteindelike
betaling laat was!
Vandag se kinders weet nie van briefskryf nie. Die mos nou e-pos,
WhatsApp
,
Mxit
, SMS,
Facebook
en
Twitter
. Gedurig met twee duime
soos kewers oor ‘n selfoon se skakels. Hulle kan dit doen terwyl hulle jou
stip in die oë kyk, maar eintlik met gedagtes by die ge-
WhatsApp
, oor wat
almal vanaand sokkie toe aantrek.
Dalk het die wêreld waarin ons leef te vinning vir ‘n briefie in die pos
geraak. Ek meen, in die Engelse Oorlog van 1900, het ‘n rapportryer van
die een kommando na ‘n ander oor die vlaktes gejaag om te laat weet wat
die aanvalsplanne was. Het die Engelse die rapportryer gevang, het die
buurkommando nie geweet van die moeilikheid nie, tot die eerste skote
geklap het. Net soos ‘n rapportryer met ‘n brief in die bladsak 20 jaar ná
die oorlog nie meer gedeug het nie, so is ‘n briefie in die pos nou amper
ondenkbaar. Vonkpos oor die internet het die norm geword.
Dit laat my sommer dink aan ‘n tyd toe briewe ‘n groot verskil gemaak
het. Dit was in ons oorle jong dae in die
army
. So een keer ‘n week het die
korporaal pos uitgedeel. Dan moes daar “betaal” word vir ‘n stukkie nuus
van die huis met
push ups
. As ‘n briefie opgedaag het in ‘n gekleurde
koevert met ‘n fyn skriffie voorop en wat effe na laventel geruik het, het
die aantal
push ups
op ‘n progressiewe skaal vermeerder, want dan was
dit ‘n briefie van die skoner geslag. Wanneer die koevert geseël was
met die woorde “SWANK” agterop, het die korporaal jou behoorlik laat
sweet – dié kode het gestaan vir “sealed with a nice kiss...”
Daardie dae was ‘n briefie, veral van die spesiale meisie in jou lewe, meer
werd as ‘n
rat pack
, want dié brief het tasbaar bewys dat iemand aan jou
dink. Dit was ook nie van lees en weggooi nie; nee, die brief is bo in jou
uniform se hempsak gedruk om wanneer daar ‘n stil tydjie was, weer en
weer te lees.
Soos in enige omgewing was daar destyds ook maar die ongepoetste
boelie in die pakaas. Gegewe die “betaalstelsel” van
push ups
vir elke
skrywe, het ons toe besluit om ‘n advertensie in die destydse
Pronk
tydskrif te plaas. Dit was so tipe van die arm man se
Huisgenoot
, met
‘n paar sinnelose artikels, foto’s van mooi meisies en die agterblaaie vol
klein advertensies vir “penmaats vir die manne in uniform”.
Ons het die betrokke jongman se adres, nommer, rang en naam
deurgegee aan
Pronk
, onder die naam van “Grensvegter Noord-Kaap”.
Die stomme vegter het nooit verstaan hoekom hy skielik ‘n horde briewe
uit onbekende oorde kry nie! En vir elk daarvan moes hy “betaal” by die
korporaal...
So stap die tyd aan. Vir ons was ‘n brief destyds so elke twee weke
genoeg. Ek wonder of ons kinders oor 30 jaar met heimwee sal terugdink
aan die SMSe en
Tweets
wat hul gestuur het, terwyl hul dan op nuwe
tegnologie sit en tokkel om met mekaar te praat.
Groete op die Oosgrens
Kleinneef
1...,104,105,106,107,108,109,110,111,112,113 115,116
Powered by FlippingBook