SA Grain October 2013 - page 109

107
2013/MAIZE/A/05A
Besproeiingsbasters vir beter resultate
Ons uitnemende produkte gee die voorsprong.
PANNAR se ultravinnige geelbasterpakket is ’n leier in
die bedryf.
As deel van PANNAR se Praktiese Boerdery
Oplossings bied die YieldBoost™ swam- en
insekdoderspuitprogramme bewese beskerming vir
beter produksiedoeltreffendheid.
Saam boer ons vir die toekoms.
Prestasie beproefde saad
G LO B A L E T E GNO LOG I E
P L A A S L I K E P R E S TA S I E
BEPLAN
VIR
SUKSES
Liggingsdifferensiaal
Markte
Produsente beredeneer
differensiaalvoorstelle vir
die Wes-Kaapse koringmark
WESSEL LEMMER, SENIOR EKONOOM, BEDRYFSDIENSTE, GRAAN SA
Graan SA-lede het op Maandag, 23 September, by die Hoër
Landbouskool Boland vergader en voorstelle vir die Wes-
Kaapse koringmark bespreek. Die druk vir ‘n vryer koringmark
in die Wes-Kaap vier hoogty nadat die nuwe afgekondigde lig-
gingsdifferensiaal vir die lewering van koring vir die Desem-
ber 2013-kontrak met 33% teenoor die vorige bemarkingsjaar
toegeneem het. Graan SA se amptelike Kongresstandpunt is
sedert 2006 dat die liggingsdifferensiaal afgeskaf moet word.
Die impak van die Safex-liggingsdifferensiaal op prysvorming,
die impak daarvan kort voor strooptyd op verwagte kontant-
vloei asook die voorskriftelikheid van die differensiaalstelsel
in die vryemarkomgewing van die Wes-Kaap, is deeglik bere-
deneer. As die differensiaal nie die gekontrakteerde afgeleide
kontantmarkpryse beïnvloed het nie en die kontantmark in die
Wes-Kaap was meer aktief en deursigtig, was daar waarskynlik
nie ‘n behoefte aan die debat nie. Die Randfontein-liggingsdif-
ferensiaal word egter beskou as die grootste enkele afgekon-
digde maatreël wat vryemarkontwikkeling in die Wes-Kaapse
kontantmark en die likiditeit van die Kaapse Safex-termynkon-
trak vir koring beperk.
Die afgekondigde jaarlikse vaste differensiaal wat lewering van
Wes-Kaapse koring op die Randfontein-termynkontrak moont-
lik maak, weerspieël nie die dinamiese fundamentele vraag en
aanbodfaktore vir vervoer, koring en koringkwaliteit in die Wes-
Kaapse produksiestreke en verbruiksentra wat gedurende die
bemarkingsjaar op ‘n daaglikse basis kan verander nie. Wes-
Kaapse produsente wat verder van die verbruiksentra geleë is,
is besorg dat die voorstel om met die differensiaal weg te doen,
die winsgewendheid van hul ondernemings in die lang termyn
kan beïnvloed. Die Wes-Kaap is ‘n surplusproduksiegebied
en koring uit die verafgeleë gebiede het ‘n liggingsnadeel wat
dan nie in ‘n differensiaal verskans is nie.
Die volgende voorstelle/versoeke uit die vergadering het be-
trekking, naamlik:
Die liggingsdifferensiale tussen die Wes-Kaapse lewerings-
punte en die JSE Randfontein-termynkontrak se verwy-
singspunt moet afgeskaf word. Die vrye kontantmark moet
die vervoerkoste vir lewering van koring vanaf lewerings-
punte in die Wes-Kaap tot aan die Rand of verbruiksentra
elders, bepaal. Die liggingsdifferensiale tussen lewerings-
punte in die Wes-Kaap en die Kaapse termynkontrak met
die Paarl as verwysingspunt, moet ook afgeskaf word. Die
vrye kontantmark moet die vervoerkoste tussen lewerings-
punte en verbruiksentra in die Wes-Kaap bepaal.
Die leweringspunte in die Wes-Kaap vir die Randfon-
teinkontrak moet afgeskaf word. Die lewering van Wes-
Kaapse koring moenie op die Randfonteinkontrak moontlik
wees nie. Lewering van Wes-Kaapse koring moet slegs op
die Kaapse termynkontrak moontlik wees.
Die verwysingspunt vir die Kaapse koringkontrak moet
vanaf die Paarl na die invoerpunt van Kaapstad verskuif.
Die bogenoemde voorstelle word as vereistes beskou vir
‘n toename in die likiditeit van die Kaapse koringkontrak en
vryemarkontwikkeling van die kontantmark in die Wes-Kaap.
Graan SA is in verband hiermee met die JSE in gesprekvoering
en die voorstelle het betrekking op 2014/2015.
1...,99,100,101,102,103,104,105,106,107,108 110,111,112,113,114,115,116
Powered by FlippingBook