SA Grain October 2013 - page 113

met ander potte wat alreeds in jou eie tuin teenwoordig is. ‘n Verf-
kwas kan wondere verrig om af te wyk van die buurvrou se oorspronk-
like idee.
Elke tuin is uniek en so ook die tuinier. Pak die “geleende” idee aan
met jou eie kreatiwiteit en bou verder aan dit wat suksesvol is. Soms
kan ‘n soortgelyke ontwerp aangepas word deur verskillende (maar
soortgelyke) plante te gebruik. ‘n Netjiese, formeel-geknipte heining
kan in jou tuin meer informeel aangeplant word deur van ornamentele
grasse gebruik te maak en dieselfde ontwerp ‘n heel ander gevoel
te gee.
Die soektog na suksesvolle plante wat goed in ‘n area presteer kan
heel moontlik na ‘n spesifieke plant lei. Só kan ‘n groot roosmarynbos
geïdentifiseer word en op ‘n ander wyse in jou eie tuin herhaal word.
Deur snoeiwerk kan ‘n roosmaryn meer getem en onder beheer gehou
word in jou tuin deur dit in ‘n standaard (‘n
lollypop
soos die Engelse
dit noem) of selfs in ‘n netjiese heining te snoei. As een tipe roosmaryn
goed aard, sal ander tipes of variëteite ook heel moontlik. Daar is selfs
miniatuurvariëteite wat minder snoeiwerk sal verg en ook andere
variëteite wat selfs meer horisontaal en spreidend groei.
Aangesien blomkleure ook wissel vanaf wit tot diep pers, kan ‘n heining
aangeplant word met dieselfde blaartipe, maar wat in verskillende
kleurintervalle blom. Hoekom dan nou nie die roosmaryn in ‘n pot plant
en die pot ‘n mooi kleur verf om by jou eie huis aan te pas nie?
Daar is soveel variasies wat toegepas kan word op ‘n suksesvolle tuin-
idee dat ‘n mens geen verskoning het om nie net te probeer nie. Die
geheim hieragter is om dit jou eie te maak. Soek wat vir jou werk en
bou daarop.
Die boekwenners is...
SA GRAAN/GRAIN REDAKSIE
Baie geluk aan die volgende lesers wat elkeen met ‘n boek
wegstap wat gedurende die jaar in ons boeke-rubriek ge-
resenseer is.
Christo Smit van Suidwes –
Kort en lank van termynmarkte:
Safex, graanverskansing, spekulasie;
Jacques van den Berg van Menlo Park –
The sedimentary
petrology of eolian sands in western Free State and
adjacent areas north of the Vaal river (South Africa);
en
Roland Gevers van Howick –
Gids tot volhoubare produksie
van weiding.
Lekker lees julle!
Boeke-stal
Die Graangids sal weer vroeg volgende
jaar saam met die Januarie-uitgawe
van
SA Graan/Grain
uitgepos word. Dié
handige landbou-naslaangids is gewis
‘n bêreboek wat produsente op die
boekrak naby die telefoon moet hou.
Belangstellende adverteerders kan
vir Jurgen van Onselen kontak by
082 417 3874 of 021 976 4482.
Rubrieke
111
October 2013
1...,103,104,105,106,107,108,109,110,111,112 114,115,116
Powered by FlippingBook