Background Image
Previous Page  42 / 84 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 42 / 84 Next Page
Page Background

November 2017

40

Seisoensoorsig en oorwegings

vir die komende seisoen

olgens die Nasionale Oesskat-

tingskomitee se finale skatting

van somergrane vir die seisoen,

was dit ‘n uitsonderlike jaar in

terme van produksie. Die meeste

van die somergrane se opbreng-

ste en produksie het die verwagtinge in

die mark grootliks oortref en die allemintige

16,74 miljoen ton mielie-oes was nie net

bogemiddeld nie, maar het ook die alge-

hele Suid-Afrikaanse rekord met meer as

2 miljoen ton oortref.

Sojabone het ook ‘n uiters suksesvolle

produksiejaar beleef en die 1,316 miljoen

ton oes, asook die gemiddelde opbrengs

van nagenoeg 2,3 t/ha, staan ook in die ge-

skiedenisboeke opgeteken as die beste ooit

in die geskiedenis van die land se sojaboon-

produksie. Hierdie uitsonderlike produk-

siejaar het die land met ‘n surplus mielies

van amper 5 miljoen ton gelaat en daarom

was dit noodsaaklik om soveel moontlik van

hierdie mielies uit te voer ten einde die ba-

lans in die land te herstel.

Die surplus mielies het weer eens die pryse

tot en met uitvoerpariteitsvlakke laat daal,

wat die winsgewendheid van produsente

onder geweldige druk geplaas het – ten

spyte van die goeie oeste wat gerealiseer

het. Die seisoen tot datum se uitvoere het

egter nie teen die verlangde tempo plaas-

gevind nie – met die plaaslike pryse wat

gesukkel het om deur die vlakke waar die

plaaslike mielies regtig kompeterend in die

internasionale markte is, te breek en die

verwagting is dat die uitvoere vir die sei-

soen nie die teikenvlakke sal haal nie.

Dit sal die land egter met 'n eindvoorraad

van meer as 4 miljoen ton mielies aan die

einde van die bemarkingsjaar laat en die

waarskynlikheid is groot dat die mielie-

prys volgende seisoen weer eens nader

aan die uitvoerpariteitsvlakke behoort te

verhandel. Met ‘n eindvoorraad van 4 mil-

joen ton beteken dit dat slegs ‘n 8 miljoen

ton produksie in die komende seisoen ge-

noeg sal wees om in die plaaslike vraag te

voldoen – wat die normale uitvoere na die

Afrika-lande insluit.

Onder normale produksietoestande en ge-

middelde opbrengste kan só ‘n oes met

ongeveer tussen 1,8 miljoen hektaar tot

1,9 miljoen hektaar realiseer. Die nuwe

produksieseisoen laat egter geweldige

onsekerhede by produsente rakende die

alternatiewe wat vir hulle beskikbaar is in

terme van produksie vir die nuwe seisoen.

Dit is uit gesprekke met verskeie produsen-

te duidelik dat hulle in die komende seisoen

alternatiewe sal moet oorweeg. ‘n Groot

aantal oorweeg dit om die seisoen aanplan-

ting van alternatiewe gewasse (veral soja-

bone) uit te brei.

Hoe lyk die vraag

na sojabone?

Die huidige seisoen se rekordsojaboon-

produksie het die plaaslike sojaboonpryse

onder druk geplaas en die markpryse het vir

‘n kort tydperk naby aan die uitvoerpariteits-

pryse verhandel – en dit het vrae by van die

rolspelers laat ontstaan rakende die werk-

like verbruik van sojabone in Suid-Afrika.

Wanneer die vraag na sojabone ontleed

word, is dit ook belangrik om die produk-

te wat deur die verwerking van sojabone

verkry word, in ag te neem. Die twee hoof-

produkte wat verkry word, is sojaboonolie-

koek, wat as ‘n belangrike rou materiaal in

die veevoerbedryf dien, asook sojaboonolie

wat grootliks in die voedselbedrywe as

kookolie opgeneem word.

Grafiek 1

toon die jaarlikse hoeveelheid so-

jaboonoliekoek wat plaaslik geproduseer

word, asook die invoere van oliekoek oor die

afgelope 13 jaar. Dit is ‘n goeie aanduiding

van die gemiddelde vraag na sojaboono-

liekoek in die plaaslike mark en word in die

totaalkolom vir oliekoek getoon.

Die sojabone per jaar-lyn dui op die gemid-

delde hoeveelheid sojabone wat plaaslik

per jaar gepers kan word, om in die plaas-

like verbruik van oliekoek te voorsien sodat

daar geen invoere hoef plaas te vind nie. Die

gemiddelde verbruik van sojaboonoliekoek

oor die afgelope drie jaar beloop ongeveer

1,3 miljoen ton en word ook in Grafiek 1 ge-

toon. Die gemiddelde plaaslike produksie

daarvan was ongeveer 720 000 ton, terwyl

die invoere ongeveer 580 000 ton beloop

het. Dit beteken dat daar plaaslik ongeveer

1,6 miljoen ton se rou sojabone per jaar

gepers kan word om die plaaslike soja-

boonoliekoekmark te vul sonder dat invoere

hoef plaas te vind.

Grafiek 2

toon die maandelikse verwerking

van sojabone wat vir die huidige seisoen

vir olie en oliekoek gepers word, teenoor

die gemiddelde maandelikse tempo van die

afgelope drie jaar. Die gemiddelde maande-

likse verwerking vir die seisoen tot dusver

is effens laer as die drie jaar gemiddelde

verwerking en met die groot produksie wat

hierdie seisoen in die plaaslike mark gesien

is en die huidige tempo van verwerking, kan

daar moontlik aan die einde van die bemar-

kingseisoen groter oordragvoorraad wees

as wat aanvanklik verwag is.

Die plaaslike persmarge was in die vorige

seisoen vir ‘n paar maande agtereenvol-

gend negatief en die perstempo was ook

laer as normaal gedurende hierdie tydperk.

Die persmarge het egter weer heelwat ver-

beter, wat die hoeveelheid wat gepers word

ondersteun. Met die huidige persmarge kan

daar verwag word dat die perstempo vir die

res van die seisoen relatief aanvaarbaar be-

hoort te wees – wat die vraag na sojabone

sal ondersteun.

Die gemiddelde maandelikse verwerkings-

tempo wat benodig word om die sojaboon-

oliekoekvlakke van ongeveer 1,3 miljoen ton

per jaar te bereik, beloop ongeveer 134 000

ton per maand en word deur die maande-

LUAN VAN DER WALT,

landbou-ekonoom, Graan SA

GRAANMARK

-oorsig

– 11 Oktober 2017

OP PLAASVLAK