Background Image
Previous Page  41 / 84 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 41 / 84 Next Page
Page Background

39

November 2017

Vir meer inligting oor die bestuur van

die dieselrabat en die aktiwiteite wat

kwalifiseer, verwys na die Doeane

en Aksynswet (Skedule 6 deel 3) of

skandeer die QR-kode.

Voorbeelde van logboeke kan op

SAID se webblad besigtig word.

Skandeer dié twee QR-kodes.

Hidrouliese drukbeheer word gebruik om die planterkarretjie-een-

hede se druk op die grond te beheer sodat ‘n egalige plantdiepte

verkry word sonder om te veel kompaksie langs die plantervoor

te laat.

Hierdie meganisme gebruik ‘n weegpen om die druk wat die plan-

terkarretjie op die grond uitoefen te meet en dan self die druk aan

te pas. Die stelsel neem 200 keer/sekonde ‘n lesing wat ‘n hidrou-

liese silinder in die parallelarms van die planterkarretjie laat be-

weeg.

Die hidrouliese silinder sal ongeveer vyf keer per sekonde reageer

om druk by die karretjie te voeg of te verminder. Sodoende word die

korrekte plantdiepte gehandhaaf sonder om regtig verdigting deur

die drukwiele te kry. Hidrouliese drukbeheer se doel is om ‘n betrek-

lik meer eenvormige opkoms te verseker deur ‘n egalige plantdiep-

te te handhaaf sonder om die grond te kompakteer.

‘n Planter se toetrapwiele kan produsente ‘n wavrag vol geld

kos. Indien die toetrapwiele van ‘n planter verkeerd gestel is, kan

dit ook tot opbrengsverliese aanleiding gee. Verkeerd-gestelde

toetrapwieletjies kan die grond onder die pit kompakteer – wat

veroorsaak dat die plantjie se wortels sukkel om deur te verdigting

te kom, maar die eintlike probleem is dat die saad nie deeglik met

die grond kontak maak nie en sodoende is die opkoms van die

plante betreklik oneweredig. Hierdie oneweredige opkoms van

die plante gee aanleiding tot oesverliese.

Toetrapwieletjies

Planters se verstellings verskil van mekaar, maar in wese kom dit

daarop neer dat as ‘n denkbeeldige lyn getrek word, wat met die

hoek van die toetrapwieletjies volg, die twee lyne mekaar presies op

die plantdiepte moet kruis. In

Foto 3

(op bladsy 37) moet lyne AB en

CD mekaar presies op die pit kruis.

Hoe dieper geplant word, hoe wyer moet die wieletjies uit mekaar

wees. Maak seker dat die wieletjies presies ewe ver van die

middelpunt is en dat die pit presies in die middel van die wieletjies

geplaas word. Dit is belangrik dat produsente weer die planter

se handleiding raadpleeg om presies te weet hoe die wieletjies

gestel moet word.

Vir meer inligting kan Pietman Botha by 082 759 2991 gekon-

tak word.

Die stil opbrengsdief

Graan SA/Sasol fotokompetisie

Onthou: Ervaring met oudits het gewys dat SAID ook mag vra

dat ‘n produsent aandui waar op die plaas die aktiwiteit plaasvind.

Moet ook nie “algemeen” gebruik as ‘n aktiwiteit nie, spesifiseer

eerder volgens Skedule 6 se kwalifiserende aktiwiteite.

Let daarop dat die finale logboek nog vanaf SAID afgewag word;

daarom kan bogenoemde inligting verander.

Nuwe dieselrabatstelsel word voorgestel

Nasionale Tesourie het vroeër vanjaar ‘n besprekingsdokument

gepubliseer waarin hulle kommentaar aangevra het vir die her-

siening van die dieselrabatstelsel. Graan SA en Agri SA het hierop

kommentaar gelewer.

Tesourie en SAID se mikpunt is om die nuwe stelsel in 2018 te

implementeer. Van die belangrikste wysigings wat voorgestel

word, is:

Aktiwiteite wat kwalifiseer sal beperk word tot suiwer primêre

produksie. Dit word voorgestel dat alle vervoeraktiwiteite van

die plaas af en enige verwerkingsaktiwiteite hoegenaamd, uit-

gesluit sal word.

Verder word voorgestel dat kwalifiserende primêre produksie-

aktiwiteite aan ‘n fisiese punt waar sulke bedrywighede sal

plaasvind, gekoppel moet word.

Persone wat kwalifiserende primêre produksie-aktiwiteite

uitvoer, kan terugbetalings vir diesel wat daarin gebruik word,

eis – op voorwaarde dat ‘n behoorlike logboek, wat gekop-

pel word aan die fisiese terrein waar sodanige kwalifiserende

primêre produksie plaasvind, bygehou word.

Eise sal slegs ten opsigte van diesel gebruik in die kwalifiserende

primêre produksie-aktiwiteite toegelaat word en die huidige

80:20-persentasietoekenning wat tans vir kwalifiserende terug-

betalings vir landbou geld, sal dan wegval. Dit wil sê produsente

sal dan in die nuwe bedeling 100% van hul kwalifiserende ge-

bruik kan eis.

‘n Losstaande dieselterugbetalingsadministrasie, apart van die

BTW-stelsel, word voorgestel. Die beperkings rondom beoogde

begunstigdes wat nie op dieselterugbetalings kan aanspraak

maak nie omdat hulle nie vir BTW geregistreer is nie, sal

dan wegval.

Ter afsluiting

Die dieselrabat is een van die enigste voordele wat produsente van

regeringskant ontvang en die stelsel moet daarom ten alle tye bo

verdenking gehou word. Indien lede probleme met hul rabat ervaar

of vrae het oor die werking daarvan, kan hulle met Graan SA in

verbinding tree.