Background Image
Previous Page  39 / 84 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 39 / 84 Next Page
Page Background

37

November 2017

In hierdie proef is die gewig of die druk van die planterkarretjie op

‘n bewerkte land gevarieer en die resultate in die opbrengste geoes,

gemeet.

‘n Behandeling is ook ingesluit, naamlik die pneumatiese verander-

like drukbeheer (

air force variable rate

) waar die planter toegerus

is met ‘n meganisme wat die plantdiepte en druk op die planterkar-

retjie altyd konstant hou.

Uit hierdie resultate is dit duidelik dat die druk op die karretjie

reg gestel moet wees. As die druk van die planterkarretjie op die

grond te min of te veel is, het dit tot opbrengsverliese aanleiding

gegee. Maak seker dat die vere wat die druk op die karretjie beheer,

reg gestel is volgens die grondtoestand en doen moeite om dit

gereeld by ‘n verandering in grondtoestande aan te pas.

Druk van planterkarretjies

Verskeie maatskappye bied tegnologie rakende die regulering van

die druk van die planterkarretjie op die grond. Cerealis Precision

op Lichtenburg is ‘n voorloper wat hierdie tegnologie betref. In

samewerking met Monsanto is hulle tans besig met proewe om

hidrouliese drukbeheer (

delta force

) se effek by Bothaville op die

proef te stel.

1: ‘n Ploegblad of grondverdigting is ‘n bekende

opbrengsdief.

2: Die werking van ‘n implement kan duidelik gesien

word as ‘n profielgat gegrawe word waar die implement

klaar gewerk het.

3: ‘n Skematiese voorstelling om te bepaal hoe die toe-

trapwieletjies gestel moet word.

1

3

2