Background Image
Previous Page  44 / 84 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 44 / 84 Next Page
Page Background

OP PLAASVLAK

Bemarking

– Deel 5

LUAN VAN DER WALT,

landbou-ekonoom, Graan SA

in ‘n neutedop

PRYSRISIKOBESTUUR

Reeks

Die gebruik van

Safex-opsiekontrakte

i

n die voorafgaande gedeeltes van

die reeks is daar gefokus op verskeie

aspekte wat betrekking het op be-

marking en verskansing van grane.

Hierdie aspekte het gefokus op die

markstrukture, risiko’s om te oor-

weeg, die verskillende alternatiewe waarna

gekyk kan word, sowel as die gebruik van

Safex-termynkontrakte.

In Deel 5 van die reeks word die gebruik

van Safex-opsiekontrakte meer diepgaande

bespreek.

Wat is ‘n opsiekontrak?

‘n Opsiekontrak is net soos ‘n termynkon-

trak ‘n afgeleide instrument wat op Safex

verhandel. Die waarde van die kontrak word

ook afgelei van die onderliggende produk.

Opsiekontrakte kan ook deur verskillende

rolspelers in die bedryf gebruik word vir

verskansing of spekulatiewe doeleindes in

die mark – afhangende van die individu wat

dit aanwend se behoeftes.

Daar bestaan twee tipes opsies waarvan

die rolspelers in die mark gebruik kan maak.

Hierdie opsies is koop- en verkoopopsies.

Die algemene name wat gebruik word om

na koop- en verkoopopsies te verwys, is ‘n

call

- en

put

-opsie onderskeidelik. Daar sal

vervolgens na

call

en

put

in die res van die

artikel verwys word.

Opsiekontrakte kan in die mark gekoop en/

of verkoop word – afhangende van wat die

individu se behoeftes is en wat met die op-

sie bereik wil word. Die opsiekontrak bied

aan die koper van die opsie die reg om ‘n

kontrak in ‘n bepaalde tydperk te koop of

te verkoop, maar dit verplig egter nie die

individu om dit te doen nie.

Die verkoper van die opsiekontrak is aan

die ander kant verplig om die spesifieke kon-

trak in die bepaalde tyd te koop of verkoop

indien die opsie teen hom uitgeoefen word.

Die koper van die opsiekontrak het egter

beperkte risiko en sy risiko is beperk tot

die opsiepremie wat vir die koop van die op-

sie betaalbaar is.

Die verkoper van die opsie se risiko is on-

beperk. Die persoon wat die opsie verkoop

kan egter net die premie wat hy ontvang as

wins wen, maar die risiko verbonde aan die

verkoop van ‘n opsie is onbeperk.

Terminologieë geassosieer

met die opsiekontrakte

Daar is verskeie terminologieë wat met die

opsiekontrakte geassosieer kan word. Dit

is belangrik dat diegene wat van opsies ge-

bruik maak die betekenis van die terminolo-

gieë verstaan om verwarring te verhoed.

Die spesifieke terminologieë wat met die

opsiekontrakte verband hou, word vervol-

gens bespreek.

Termynprys

Termynprys verwys na die prys waarteen

die spesifieke termynkontrak waarin die

opsie gekoop of verkoop gaan word, ver-

handel. Die spesifieke termynkontrak dien

in die geval van opsies as die onderlig-

gende produk en daarom is die waarde van

die termynkontrak noodsaaklik.

Trefprys

(strike price)

Dit verwys na die prys waarteen die opsie-

verhandeling plaasvind, met ander woorde

die prys waarteen die opsie gekoop of

verkoop word.

Premie

Die premie word deur die individu wat die

opsies koop, betaal en die individu wat die

opsie verkoop, ontvang die premie.

Opsieskrywer

Die individu wat die opsie verkoop, staan

bekend as die opsieskrywer.

Grafiek 1: Grafiese voorstelling van die effek van die netto Safex-prys met die gebruik van

‘n

put

-opsie by verskillende markbewegings.

November 2017

42