Background Image
Previous Page  43 / 84 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 43 / 84 Next Page
Page Background

Vrywaring

Sover moontlik is alles gedoen om die akkuraatheid van hierdie inligting te verseker. Graan SA aanvaar egter geen

verantwoordelikheid vir enige skade of verliese wat gely word as gevolg van die gebruik van hierdie inligting nie.

likse gemiddelde lyn in Grafiek 2 getoon. Die

huidige gemiddelde verwerkingstempo per

maand is ongeveer 75 000 ton.

Bestuur risiko en beperk

verliese

Winsgewendheid is in die komende sei-

soen een van die grootste uitdagings wat

produsente in die gesig staar. Die wins-

gewendheid van produsente is onder druk

ten spyte van die rekordopbrengste wat die

afgelope seisoen gerealiseer het. Die ver-

wagting is ook dat die mieliepryse in die ko-

mende seisoen heel waarskynlik nader aan

uitvoerpariteitsvlakke sal verhandel – wat

die vooruitsigte vir die seisoen ook redelik

beperk hou. Produsente moet in hierdie sei-

soen effektiewe finansiële bestuur toepas

en risiko’s sover moontlik beperk.

Wanneer produsente verskillende alterna-

tiewe oorweeg, is dit belangrik dat hulle in

gedagte moet hou wat die risiko’s verbonde

aan die spesifieke gewas wat geproduseer

word, ook is. In die gevalle wanneer die

mieliepryse laag neig, neig produsente om

meer gewasse soos sojabone en sonne-

blomme aan te plant.

Tabel 1

toon die prysverwantskappe tussen

mielies en die bogenoemde twee oliesade.

Dit is duidelik uit Tabel 1 dat die oliesaad-

pryse ten minste ongeveer 1,81 keer hoër

as die mielieprys moet wees om gelyk te

breek. Die huidige prysverwantskap tussen

die sojaboon- (vir lewering in Mei 2018) en

die mielieprys (lewering Julie 2018) is on-

geveer 2,36 en 2,27 teenoor wit- en geel-

mielies onderskeidelik.

Die verwantskap tussen die sonneblomprys

en mielieprys vir lewering in Mei 2018 en

Julie 2018 is 2,30 en 2,21 vir wit- en geel-

mielies onderskeidelik. Die huidige prys-

verwantskappe soos dit tans verhandel,

maak dit uiters aanloklik vir produsente om

hierdie oliesade in die komende seisoen vir

aanplanting te oorweeg. Produsente moet

egter kennis dra van die risiko’s wat daar in

hierdie markte bestaan en dit in ag neem

wanneer hulle besluite neem. Die bemar-

king en verskansing van hierdie gewasse sal

ook in die komende seisoen belangrik wees.

Let op die volgende

Produsente moet op die volgende faktore

let wanneer hulle vir die komende seisoen

besluite neem:

Die uitvoertempo van mielies vind nie

vinnig genoeg plaas om die surplus uit

die land uit te kry nie – dit sal lei tot 'n

groot oordragvoorraad.

Die mieliepryse vir 2018 sal heel waar-

skynlik weer teen uitvoerpariteitsvlakke

verhandel – maak die berekeninge daar-

volgens.

Vermy risiko’s sover moontlik en beperk

verliese – goeie finansiële bestuur gaan

in die komende seisoen belangrik wees.

Bemarking en verskansing gaan ‘n

groot rol in die komende seisoen speel

– maak gebruik van geleenthede om

pryse in die mark vas te maak wanneer

die mark dit bied.

Kyk na alternatiewe vir die seisoen

– diversifiseer, maar oorweeg ook die

risiko’s wat die aanplantings van die

alternatiewe gewasse inhou.

Vra raad – win soveel as moontlik inlig-

ting vanaf verskeie bronne in voordat

die finale besluite geneem word.

GEWAS

GEMIDDELDE

SAFEX-

GELYKBREEKPRYS

SOJABONE/

MIELIEGELYKBREEK-

PRYSVERWANTSKAP

SONNEBLOM/

MIELIEGELYK-

BREEKPRYS-

VERWANTSKAP

SOJABONE MEI 2018/

MIELIE JULIE 2018

PRYSVERWANTSKAP

SONNEBLOM MEI 2018/

MIELIE JULIE 2018

PRYSVERWANTSKAP

Mielies

R2 700

1,81

1,81

WM = 2,36

YM = 2,27

WM = 2,30

YM = 2,21

Sojabone

R4 880

Sonneblom R4 900

TABEL 1: PRYSVERWANTSKAPPE TUSSEN SOJABONE EN MIELIES, ASOOK SONNEBLOMSAAD EN MIELIES.

Grafiek 2: Maandelikse hoeveelheid sojabone gepers vir olie en oliekoek vir die 2017/2018-seisoen

teenoor die drie jaar gemiddelde tempo.

Bron: SAGIS

Grafiek 1: Jaarlikse sojaboonoliekoek plaaslik verwerk, ingevoer en totale sojaboonolie-

koek verbruik.

Bron: SAGIS, SAID en eie berekeninge

41

November 2017