Maak staat op suksesvolle
onkruidbeheer ...
Suksesvolle onkruidbeheer in
Roundup Ready
®
-soja verg
bloot die perfekte kombinasie van die regte produkte, soos
Monsanto se
Roundup PowerMAX
®
produkte.
Roundup PowerMAX
®
:
•
Is effektief as enkelproduk of in kombinasie met
ander geregistreerde produkte; en
•
Waarborg gewasveiligheid.
011 790-8200 |
www.monsanto.co.zaKliënte is welkom om ons op ons kliëntediens-telefoonnommer of
e-posadres te kontak: 011 790-8200 of
customercare.sa@monsanto.comRoundup PowerMAX®
bevat glifosaat 540 g/ . Versigtig. Reg. No. L7769 (Wet No. 36 van 1947). Gebruik onkruiddoders op ’n veilige manier. Lees altyd die etiket en produkinligting voor gebruik.
Monsanto, Roundup Ready®
en
Roundup PowerMAX®
is geregistreerde handelsmerke van Monsanto Technology LLC. Monsanto Suid-Afrika (Edms) Bpk, Posbus 69933, Bryanston, 2021.
Roundup PowerMAX
®
plaas jou in beheer.
uppe
mar
keti
ngA
1700
9\SAG
Met die regte kombinasie en gebruik van Roundup Ready
®
-produkte.
OP PLAASVLAK
Prysrisikobestuur in 'n neutedop
Die Julie 2017-witmielieprys het gedaal en
het met opsievervaldag teen R1 690/ton
verhandel. Dit sal die prys wees om die ef-
fek van die prysdaling te toon, asook die
prys vir die geen-verskansingstrategie.
Om die effek van die gebruik van ‘n
put
-
opsie wanneer die prys toeneem te toon, is
‘n prys van R3 700/ton gebruik – dit is slegs
vir illustrasiedoeleindes. Die basisaftrek-
king in die voorbeeld is R250/ton en sluit
liggingsdifferensiaal en bemarkingsfooie in.
Grafiek 1
op bladsy 42 stel die netto Safex-
prys met die gebruik van ‘n
put
-opsie wan-
neer die prys daal en toeneem, grafies voor.
Uit Tabel 2 is dit duidelik dat die
put
-opsie
die minimumprys waarteen jy die verskans-
te mielies sal verkoop, vasstel. Indien die
prys onder hierdie vlak daal, sal dit nie ‘n
impak op die prys hê vir die gedeelte van
die mielies wat met die gebruik van die
put
-
opsie verskans is nie.
Indien die prys tot en met strooptyd sou
toeneem, is die produsent egter nie verplig
om die mielies teen die verskanste prys te
verkoop nie. Die produsent kan steeds ‘n
beter prys ontvang en sal slegs die koste
van die premie “verloor”.
Uit Grafiek 1 is dit duidelik dat indien die
termynpryse vanaf Desember wanneer die
produs nt die
put
-opsie gekoop het tot en
met Julie wanneer die opsie verval sou daal,
die netto Safex-prys teen die minimumvlak
van R2 470/ton onveranderd sal wees.
Indien die prys vanaf Desember tot en met
Julie sou toeneem, is dit duidelik dat die
produsent beter af sal wees en sal deel in
die opwaartse prysbeweging – met net die
koste van die premie wat hy sal “verloor”.
Ten slotte
Alhoewel die gebruik van opsiekontrakte in
heelwat gevalle vir diegene wat nie daarmee
vertroud is nie, ingewikkeld mag voorkom,
is dit eintlik bitter eenvoudig en hou dit
goeie voordele in – waaronder die groot-
skaalse uitskakeling van produksierisiko
wat uiters belangrik is.
Die gebruik van opsiekontrakte is in die
meeste gevalle duurder as van die ander
verskansingsalternatiewe en daarom is
produsente nie altyd geneë om daarvan
gebruik te maak nie. Dit is egter uiters
noodsaaklik om die voordele wat die ge-
bruik van opsiekontrakte inhou, op te weeg
teen die hoër koste daaraan verbonde.
Met die gebruik van Safex-kontrakte vir
verskansingsdoeleindes is dié kontrakte
wat vir die gebruiker daarvan minder risiko
inhou en meer geleenthede bied, duurder as
dié kontrakte waarin die risiko en geleent-
hede wat dit bied, minder is.
Dit is egter belangrik dat produsente eers-
tens vasstel wat die risiko is waarteen hulle
hulself wil beskerm wanneer hulle die ver-
skillende alternatiewe oorweeg en dan
daarvolgens die besluite neem. Produsente
moet ook in gedagte hou dat daar ‘n groot
aantal verskillende strategieë is wat gevolg
kan word deur van verskillende opsies in
kombinasie met mekaar gebruik te maak.
Hierdie strategieë kan uiters ingewikkeld
wees en kan die produsent duur te staan
kom indien die produsent nie deeglik ver-
troud is met die strategie nie en verkeerde
besluite daarrondom neem. Hou dus by die
eenvoudige strategie wat die minste risiko
inhou – dit bly die hoofdoel van verskansing.
Mielies is in die artikel gebruik om die begin-
sel te verduidelik, maar die opsiekontrakte
kan egter op enige van die graankontrakte
wat op Safex verhandel, gebruik word.