Background Image
Previous Page  48 / 84 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 48 / 84 Next Page
Page Background

November 2017

46

Wes-Kaapse

2016-navorsing

toon puik resultate

D

ie bewaringslandbounavorsingspakket van die Wes-Kaap-

se Departement van Landbou bestaan uit proewe op vier

lokaliteite in die provinsie. Op die huidige oomblik is een

van die proewe in die Swartland en drie in die Suid-Kaap.

Twee van die proewe word op navorsingsplase van die departe-

ment gedoen (Langgewens en Tygerhoek) en twee word by pro-

dusente gedoen (Napky en Riversdal).

Die resultate wat gedurende die 2016-seisoen behaal is, word

hieronder bespreek en elke proef word apart hanteer, aangesien

die stelsels en gewasse wat verbou word, verskil.

Langgewens (Swartland)

Langgewens huisves twee langtermynproewe. Die oorspronklike

proef het in 1996 ‘n aanvang geneem. Die nuwe proef het in 2016

sy eerste produksiejaar beleef. Alhoewel die totale reënval vir die

seisoen 411 mm is, is slegs 355 mm vanaf begin April tot einde

September aangeteken. Dit is minder as die langtermyngemiddeld

vir die area.

Die 355 mm is egter ‘n bietjie misleidend. Twee buie vroeg in April

het 55 mm opgelewer en daar is geen reën vir die res van April

en Mei ontvang nie. Die eerste reën het eers op 10 Junie geval. In

der waarheid was dit ‘n bedekte seën, aangesien die bewarings-

proewe vanaf 2016 met ‘n skyfplanter geplant is en die geskenkte

planter deur Piket eers in die laaste week van Mei op die plaas aange-

kom het.

Albei bewaringsproewe is dus eers in die laaste week van Mei

geplant. ‘n Koel en klam September verlede jaar het vir produsente

‘n groot bydrae tot uitstekende opbrengste gelewer.

Ou proef

Die ou proef bestaan uit agt vier jaar-wisselboustelsels, waar-

van vier suiwer kontantgewas- en vier eenjarige weiding-/kontant-

gewasstelsels is. Koring en kanola is die hoofkontantgewasse en

tot en met 2015 is lupiene as derde kontantgewas verbou.

Sedert 2016 is daar besluit om die lupiene met ‘n peuldekgewas te

vervang. Die rede hiervoor was dat lupiene oor die vorige 20 jaar

van die proef slegs ‘n gemiddelde opbrengs van 1 t/ha gelewer

het en dikwels ‘n negatiewe uitwerking op die bruto marge van die

stelsels waarin dit verbou is, tot gevolg gehad het. Die waarde van

‘n peulgewas wat stikstof kan bind is egter belangrik en daarom is

daar besluit op ‘n minimum inset-peuldekgewasmengsel van erte,

wieke, voergraan, klawers (twee soorte) en serradella.

Die gemiddelde koringopbrengs in die proef was 3 444 kg/ha. Dit is

1 300 kg/ha meer as in die 2015-seisoen (met slegs 170 mm reën).

Slegs twee van die kampe het B2-graad opgelewer, terwyl die res

B1 gelewer het. Monokultuurkoringverbouing is die kontrole in

hierdie proef en het slegs 2 854 kg/ha gelewer.

In

Tabel 1

word die gemiddelde koringopbrengs ná verskillende

gewasse getoon. Kanola-opbrengs was gemiddeld 1 595 kg/ha in die

ou langtermynproef.

Nuwe proef

Die nuwe langtermynproef wat in 2016 afgeskop het, bestaan uit

drie stelsels wat varieer in die diversiteit van gewasse wat aange-

plant word. Twee dekgewasmengsels vorm ook deel van die

verskillende stelsels. Koring, gars, hawer, kanola, wieke, fababone

en lynsaad word ook in die nuwe proef aangeplant.

Die proef gaan poog om oor die volgende tien jaar lae-insetkoste-

produksie te ondersoek. Aangesien dit die eerste jaar was wat

die proef aangeplant is, verskaf

Tabel 2

(graangewasse) en

Tabel 3

(ander gewasse) slegs ‘n opsomming van die gemiddelde opbreng-

ste van die verskillende gewasse binne die proef.

Tygerhoek (Overberg)

Die 2016-seisoen was die 15de jaar van die langtermynproef op

Tygerhoek, geleë langs Riviersonderend. In die proef word daar

gekyk na kortrotasiewisselboustelsels. Die hoofstelsels sluit

die volgende kombinasies in: Twee jaar peulgewasweiding,

gevolg deur een jaar kontantgewas, twee jaar peulgewasweiding

gevolg deur twee jaar kontantgewasse, een jaar peulgewaswei-

ding gevolg deur een jaar kontantgewas en twee suiwer kon-

tantgewasstelsels.

Die 2016-winterseisoenreënval was soortgelyk aan die lang-

termyngemiddelde (

Tabel 4

), maar oeste was hoër as in die vorige

twee seisoene – veral in die grane.

Tabel 5

toon die effektiewe

opbrengs in kg/mm reën, vir die gewasse wat oor die afgelope drie

seisoene verbou is. Die gemiddelde opbrengste van al die gewasse

wat gedurende 2016 gestroop is, word in

Tabel 6

aangedui.

Napky (Swellendam)

Die Napkyproef op die plaas Middeldrif (mnr Joos Badenhorst)

toets die kontantgewasfase na die lusernfase in lang rotasiestelsels.

Die area waar die proef geleë is, is tradisioneel ‘n baie droë area met

‘n langtermynwinterreënval van om en by 170 mm.

Laat somerreën en die behoud van hierdie vog in die grond speel

daarom ‘n groot rol in die realisering van ‘n goeie oes. In die

2016-seisoen was daar goeie laatsomer vog in Februarie, Maart en

April. Die proef is aan die einde van April geplant en alhoewel Mei

en Augustus baie droog was, het ‘n koel en vogtige September ‘n

bydrae gelewer om ‘n rekordkoring- en garsoes te verseker.

Kanola het egter nie so goed gedoen nie, maar dit was as gevolg

van onkruiddoderskade. Die gemiddelde opbrengste van die drie

gewasse word in

Tabel 7

getoon.

Riversdal (Oos-Rûens)

Die proef op die Riversdalvlaktes – op die plaas Uitkyk van

mnr Jan-Hendrik Joubert – fokus op volgehoue kontantgewasstel-

sels vir die area. Die boeredag wat ontwikkel het sedert die proe-

we se aanvang in 2002, het gegroei en is in 2016 deur meer as 400

mense bygewoon. Uitstekende laatsomerreën het ook hier ‘n be-

duidende bydrae gemaak tot uitstekende oesresultate (

Tabel 8

). Die

seisoenale winterproduksiereënval was effens onder gemiddeld.

OP PLAASVLAK

Proewe / Gewasvolgorde / Opbrengs

Bewaringslandbou

DR JOHANN STRAUSS,

Direktoraat Plantwetenskappe, Navorsing en Tegnologie-ontwikkelingsdienste,

Wes-Kaapse Departement van Landbou