Background Image
Previous Page  40 / 84 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 40 / 84 Next Page
Page Background

November 2017

38

Die lank en die kort van

die dieselrabat

CORNÉ LOUW,

senior ekonoom, Graan SA

INSET

-oorsig

d

ie dieselrabat is ontwerp om plaaslike industrieë te

beskerm teen internasionale mededinging (waar pri-

mêre produsente ondersteuning geniet), sowel as om

verligting te bring vir verbruikers wat nie noodwendig

die pad gebruik nie.

Afhangende van die bedryf, bied die rabat volledige of gedeeltelike

verligting van die Brandstofheffing en die Padongeluksfondshef-

fing. Landbou ontvang 40% verligting van die Brandstofheffing

en 100% van die Padongeluksfondsheffing. Die dieselrabat is tans

R2,83/liter. Hiervan kwalifiseer ‘n produsent vir 80% van sy reg-

matige gebruik (dit wil sê 80% van kwalifiserende liters).

Hoe word gekwalifiseer vir

die dieselrabat?

Om vir die dieselrabat in aanmerking te kom, moet ‘n produsent

vir BTW en vir die dieselrabat onder die Doeane en Aksynswet gere-

gistreer wees.

Om die rabat te kan terugeis, moet ‘n produsent kan bewys en

bereken wat die bedrag van regmatige verbruik is in terme van

Skedule 6 van die Doeane en Aksynswet. Dié skedule dui aan wat-

ter aktiwiteite vir die rabat kwalifiseer, asook hoe dieselgebruik

geboekstaaf moet word. Die rabat word gesien as ‘n “voorlopige

toegewing” totdat die produsent redelik kan bewys dat die diesel

regmatig gebruik is.

Logboeke

Behalwe vir die feit dat produsente bewys van dieselaankope

moet lewer, moet daar ook getoon kan word hoe die diesel ver-

bruik is.

Daar word tans vir ‘n amptelike logboek vanaf die Suid-Afrikaanse

Inkomstediens (SAID) gewag. SAID het aanbevelings aan Tesourie

gemaak vir ‘n landbouspesifieke logboek. SAID wag vir terugvoer

van die Tesourie in hierdie verband.

Logboekrekords wat onduidelik is of te min detail bevat, kan

aanleiding gee tot vertragings in die verwerking van en die moont-

like afkeur van eise. Só byvoorbeeld sal die versuim om die doel

waarvoor diesel gebruik word te vermeld, aanleiding gee tot vertra-

gings. Produsente word aangemoedig om duidelike en gedetail-

leerde rekords by te hou – insluitend stawende dokumente.

Die volgende riglyne word vir hierdie doel aanbeveel:

Eis die rabat op grond van reeds verbruikte diesel en nie op

aankope nie.

Hou volledig boek van diesel wat op die plaas gebruik word (vanaf

hoofverspreidingspunte):

Datum waarop diesel ingegooi is;

hoeveelheid diesel ingegooi;

beskrywing van voertuig; en

doel waarvoor die diesel aangewend is.

Graan SA/Sasol fotokompetisie

OP PLAASVLAK