Background Image
Previous Page  38 / 84 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 38 / 84 Next Page
Page Background

November 2017

36

‘n ander baadjie dra

G

rondkompaksie is ‘n aspek wat algemeen deur produsen-

te oor die hoof gesien word en sodoende, sonder dat

hulle dit besef, heelwat opbrengs prysgee. “Dit is nie by

my ‘n probleem nie; die gebruik van profielgate is mos net

vir ander mense...,” hoor ‘n mens gereeld.

Grondkompaksie is in die meeste gevalle ‘n mensgemaakte manier

om die gronddiepte te beperk. Gronddiepte is een van die hoekstene

van produksie en grond wat te vlak is, versuip of verdroog eerste.

Foto 1

is ‘n klassieke voorbeeld van ‘n ploegblad of ondeurdring-

bare laag. Die plantwortels kon nie die vog aan die onderkant van

die laag bereik nie en is besig om te verdroog.

Die korrekte metode om grondkompaksie op te hef, is net so

belangrik as om te besef dat grondkompaksie aanwesig is. Toets

die impak van die implemente deur die grond oop te grawe waar

die implement gewerk het en maak seker dat die grondverdigting

deeglik en reg opgebreek is (

Foto 2

). Bewerking van die lande teen

die regte vogstatus is krities om die gewenste opbrekingseffek te

verkry.

Grondkompaksie is een van die aspekte waarop ‘n produsent reg-

deur die seisoen moet fokus. Dit help absoluut niks jy breek die

grond op en trap dan weer die grond met trekkers vas nie. ‘n

Algemene persepsie is dat dit net trekkers is wat die grond vastrap

en dít is waar die fout gemaak word.

Implemente se effek

Die impak van implemente word maklik buite rekening gelaat en

veral met die hedendaagse neiging om groter en swaarder

implemente te sleep, lewer dit ‘n reuse-bydrae tot grondkompaksie.

Die groot, swaer tapkarre is ook sondaars van grondkompaksie.

Wees verder bedag op die gebruik van swaar planterkunsmis- en

saadkarre.

Spoorverkeer was en is ‘n stelsel wat spesifiek ontwikkel is om

grondkompaksie aan te spreek. Die trekkers het almal in dieselfde

spoor geloop. Sodoende is die grondkompaksie beperk en dit het

bygedra dat die brandstofverbruik per hektaar verminder het.

Die groot geeste wat hierdie stelsel ontwikkel en uitgedra het, was

manne soos mnre Carel Koch, Martiens du Plessis en talle ander

– en dit het mielieverbouing op ‘n nuwe vlak geplaas. Vandag moet

herbesin word oor hoe die groot, nuwe implemente spoorverkeer-

vriendelik gebruik kan word en wat gedoen kan word om

grondkompaksie te verminder.

Oorweeg dít

Daar is verskeie metodes om te oorweeg. Een hiervan is om die

gewig van die implemente so laag as moontlik te hou. Deur op die

wenakker die stroper leeg te maak of die planter vol te maak, sal

verseker tyd verg, maar die kompaksie wat die stroper of planter

veroorsaak, gaan drasties verminder word.

Deur die ritte oor die land tot die minimum te beperk en om ernstig

aan die wielgrootte, wielwydtes, soorte bande en banddruk aan-

dag te gee, lewer verseker ‘n bydrae tot verminderde kompaksie.

Met die aankoop van implemente moet produsente beslis heelwat

aandag aan hierdie aspekte gee. Hoe groter en hoe wyer die wiele,

hoe groter die grondkontak en hoe minder die kompaksie.

In die afgelope jare is daar ook die nuwe geneigdheid om trekkers

en implemente op rusperbande te laat loop. Hierdie moontlikheid

sal verseker die impak van trekkers en implemente op die grond

verminder. Daar is egter ‘n ander implement wat ook beduidende

skade aan die gewasse kan berokken.

Planters

Die planter word meestal oor die hoof gesien en tog kan die

planter met al sy skottels heelwat smering veroorsaak – wat die

plante se wortels erg kan benadeel. Grondvog is krities: Pasop om

in té nat grond te plant.

Indien dit verkeerd gestel is, kan die planter en veral die diep-

tebeheerwiele tot ‘n groot mate tot onverwagte kompaksie en

wortelbeperkings aanleiding gee. Indien die planterkarretjie se

druk te min is, word die pitte te vlak geplant en as die druk te hoog

is, verhoog dit die druk op die dieptebeheerwiele dramaties – wat

weer tot kompaksie teenaan die saad aanleiding kan gee. Hierdie

twee aspekte is direk verantwoordelik vir oesverliese.

Amerikaanse navorsing

Navorsing wat in Amerika gedoen is, het bevind dat produsente

hierdie aspek heeltemal onderskat. Proewe wat daar gedoen is,

het ook interessante resultate getoon. In

Tabel 1

word die resultate

van ‘n proef wat by Beck’s Central Illinois Independent Practical

Farm Research in 2010 gedoen is, weergegee.

OP PLAASVLAK

Grondverdigting / Gronddiepte

Bewerkingspraktyke

PIETMAN BOTHA,

SA Graan/Grain

medewerker

HOEVEELHEID GEWIG OF DRUK

OPBRENGS

(BOESELS PER AKKER)

OPBRENGS

(T/HA)

PERSENTASIE VERSKIL VAN PNEUMA-

TIESE VERANDERLIKE DRUKBEHEER

0 lbs

207,9

13,05

5,11%

125 lbs

210,4

13,21

3,97%

250 lbs

210,5

13,21

3,93%

375 lbs

206,0

12,93

5,98%

Pneumatiese veranderlike drukbeheer

219,1

13,75

TABEL 1: OPBRENGSRESULTATE MET ‘N VARIASIE IN DIE GEWIG WAT OP DIE PLANTERKARRETJIE

EN SODOENDE DRUK OP DIE GROND VERKRY IS

.