Background Image
Previous Page  36 / 84 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 36 / 84 Next Page
Page Background

November 2017

34

FOKUS

Buitelewe en reis

Spesiale

H

eelwat mense het die persepsie dat avontuurfietse baie

swaar is en dat dit 'n mens nie ‘n régte avontuur daarmee

kan aanpak nie – ‘n avontuur wat nie die gemaklike teerpaaie

insluit nie. ‘n Groot aantal produsente het die persepsie

dat dié fietse nie op die plaas gebruik kan word nie, want dit is te

moeilik om te hanteer én te groot.

‘n Paar avontuurryers het besluit om die teendeel te bewys en het

gedurende die eerste twee weke van Julie ‘n ekspedisie na Angola

aangepak. Ons twee asook Behan Boshoff en John Harris het in

Bloemfontein ontmoet en die vier motorfietse (‘n BMW 1200 GS

Adventure en drie BMW 1200 GS’s – almal waterverkoel) op ‘n Safari

4x4-sleepwa gelaai en die lang pad Namibië toe aangepak.

17 ure later het ons groepie op Otjiwarongo aangekom, waar die fiet-

se afgelaai en die laaste voorbereidings en aanvullings afgehandel

is. Vroeg die volgende oggend was die span op pad: Rigting noord.

By Kamanjab het die teerpad een te veel geword en Opuwo, die

hoofstad van Kaokoland, was die volgende petrolstop langs ‘n

pragtige Namibiese stofpad. Die roete van hier na Ruacana het die

span vroeg blootgestel aan “regte” sand – hier het die “ekspedisie”

begin.

Ruacana het laatmiddag verskyn en ons het by Eha Lodge kamp

opgeslaan. Ons het Angola se grenspos net na oopmaaktyd bereik

en die proses was betreklik maklik. ‘n Vinnige besoek aan die

Ruacana-valle en daarna was dit tyd vir Angola, Portugees en ry-

aan-die-verkeerde-kant-van-die-pad. Van Chitado af was dit smal

grondspore, waar die

locals

met hul 125 cc Chinese motorfietse ry.

Wat ‘n ongelooflike lekker en besondere mooi wêreld: Kronkelspore,

bergpasse, rivierkruisings, sand, versteende modderspore – alles

wat ‘n avontuurmotorfietsryer kan begeer!

Ons eerste kamp in ‘n rivierbed in die wildernis was ‘n hoogtepunt:

Kos, water, slaapgoed, ekstra water, petrol – alles aan boord. En

ons stelsels het effektief gewerk; sonder enige probleme. Net vir

diegene wat dink daar is met ‘n kode tien gelaaide motorfiets gery;

dit is nie die geval nie: Een standaard rugsak, een sak agterop die

fiets en ‘n gereedskapsakkie, 5 liter water en 5 liter petrol – dit is al.

Twee dae later het ons Chibia binnegestoom. Daar is ‘n bank en

ons kon kwanzas kry en brandstof. Ons het die ou roete deur die

Dorslandtrekkers se plase gevat en by Lubango uitgekom. Die

nalatenskap van Suid-Afrikaanse produsente is steeds hier sigbaar.

Tundavala vir

sundowners

het ons dag afgesluit. Tundavala is ‘n

krans van meer as 800 m en is voorheen in Angola as ‘n plek van

teregstelling gebruik vir diegene wat nie polities korrek was nie.

Die son het gesak en ons het tent opgeslaan – sommer daar langs

die afgronde. Die wind waai, maar ons slaap, want ons het genoeg

motorfiets gery. Dan slaap ‘n mens maklik…

Sonop was ons op pad: ‘n Laaste loer oor die afgrond en ons was

vort na die Christusbeeld in Lubango. Ons het die beeld met sy

koeëlgate en die stad stilswyend besigtig. Die Dorslandmonument

het ook ‘n besoek regverdig. Ons het die motorfietse volgemaak en

wes gedraai. Die see was nou in die visier.

Die Lebapas was nog ‘n hoogtepunt: ‘n Klomp draaie en ‘n 1 km-

daling in hoogte binne 10 km.

Knobblies

-motorfietse kan lekker op

teerpaaie draai...Die teerpad het ons by Namibe uitgespoeg – ‘n dorp

met ‘n hawe en ‘n see. Ons het afgedraai strand toe. Toe was dit

net sand: Los en baie sand.

Die bande is 1 bar gepomp en ons het in ons valhelms begin sing. Die

lewe was ‘n lied: Langs die strand af, oor ‘n paar duine en te vinnig

het ons Flamingo Lodge se borde en huisies gesien. Ons was in die

paradys.

By Flamingo het ons tyd verwyl deur stranduitstappies, na die

Flamingo Canyons te ry (dit is ongelooflik mooi daar), nóg op die

strand te ry, nóg na die see te sit en kyk, vir Rico Sakko (die eienaar)

te help om sy gesinkte boot te herwin en seker te maak die

motorfietse is reg vir die volgende tog.

Ons het planne begin maak om deur die doodsakker te ry en Rico

het aangebied om saam te gaan. Dit het ons brandstofprobleem

opgelos en die motorfietse ligter gemaak. Hy het ons bagasie op sy

Landcruiser gelaai en sy seun het met ‘n vinnige 1 000 cc

side-by-

side buggy

gery. Ons het deur die “veld”/woestyn en canyons tot

by Tombua gery en al ons motorfietse en jerrykanne volgemaak.

Nou was dit weer strand en sand. Én soutpanne. Én ons het weer

gesing. Tot die motorfietse almal in ‘n sagte kol sand gesink het. Dit

gebeur net: Die sand word soos water, dan vlieg jy.

Deur Angola op 'n avontuurfiets

STEFAN BOSHOFF

en

DIRK STRYDOM,

twee avontuurfietsryers in hul vryetyd

1: Stefan Boshoff, Behan Boshoff, John Harris en Dirk Strydom (agter) geniet die uitsig oor die Lebapas in Angola.

2: Kamp in rivierlope was ‘n gereelde hoogtepunt op die toer.

1

2